Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



3.10.11

Vergiftiging

Boererate vir iemand wat vergiftig is. Dit is veral kinders wat hierdie middels inkry. Aspirien is byvoorbeeld baie gevaarlik vir kinders onder 12 jaar. Moenie 'n braakmiddel gee, tensy dit so aangedui word nie.

Aspirien
Gee ‘n mengsel van deeglike gebrande en gepoeierde roosterbrood en “melk van Magnesia” in sterk tee. Gee dan ‘n braakmiddel (bv. 'n mengsel van sout en mosterd in warm water) en volg dit met koeksoda in warm water.

Bytsoda
Gee asyn in water en dan soet- of olyfolie of die wit van ‘n eier.

Insekdoders met D.D.T.
Gee ‘n braakmiddel (bv. 'n mengsel van sout en mosterd in warm water), volg dit dan met Engelse sout en water en daarna tee of koffie.

Jodiumtinktuur
Gee 'n dik styselpasta. Volg dit met sout in warm water totdat die braking skoon is. Daarna sterk tee of koffie.

Kanferolie
Gee 'n braakmiddel (bv. 'n mengsel van sout en mosterd in warm water).

Miergifstowwe en arseen preparate
Gee 'n mengsel van gepoeierde en deeglik gebrande roosterbrood – en Melk van magnesia in sterk tee. Gee dan ‘n braakmiddel (bv. 'n mengsel van sout en mosterd in warm water).

Ontsmettingsmiddel (karbolsuur)
Gee melk of die wit van ‘n eier, dan sterk tee of koffie.

Parafien
Gee 'n braakmiddel (bv. 'n mengsel van sout en mosterd in warm water). Volg dit met medisinale parafien. Daarna sterk tee of koffie.

Paragora
Gee mengsel van deeglike gebrande en gepoeierde roosterbrood en melk van magnesia in sterk tee. Gee dan Engelse sout in water.

Seepsoda
Gee asyn in water en dan soet- of olyfokie of die wit van eier.

Slaappille
Gee 'n mengsel van deeglike gebrande en gepoeierde roosterbrood en melk van magnesia in sterk tee. Gee dan 'n braakmiddel (bv. 'n mengsel van sout en mosterd in warm water) gevolg deur Engelse sout in water en sterk tee of koffie.

Strignien
Gee 'n mengsel van gebrande en gepoierde roosterbrood en melk van magnesia in sterk tee, volg op met braakmiddel (bv. 'n mengsel van sout en mosterd in warm water).

Terpentyn
Gee 'n braakmiddel (bv. 'n mengsel van sout en mosterd in warm water) dan medisinale parafien gevolg met sterk tee of koffie.

3 comments :

  1. Goeie Dag. Ek wil graag weet. Is dit moontlik dat 'n mens soos chloorvergiftiging kan opdoen.

    Hoekom ek so vra is, gistermiddag toe ek en ons dogtertjie gaan swem het, het ons albei fine gevoel en gelyk. Ons het seker vir 'n half uur of so geswem en toe ons by die huis kom, kort daar na begin ons altwee se neuse vreeslik te loop en my neus brand vreeslik. As ek ook sluk dan is my keel seer en brand gevoel. Is dit moontlik dat daar teveel Chloor in die swembadwater gegooi is. Wat kan 'n mens dan daar aan doen.

    Ek kon regtig nie slaap gisteraand nie. En vandag voel dit of my neus nog dieselfde is en my oë branderig en voel warm.

    ReplyDelete
  2. Ek weet nie of mens praat van vergiftiging nie, maar dit kan chloor wees. Uit ondervinding het ek ook geleer dat swak onderhoud aan 'n swembad, nie net die chloorinhoud, kan swemmers siek maak. Altyd veilig om 'n dokter te sien.

    ReplyDelete
  3. Baie dankie.

    ReplyDelete