Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



23.8.11

Polisistiese niere

Hermien van Rensburg skryf :
"My dogter ly aan polisistiese niere & lewer. Sy is 3 jr terug gediagnoseer. Is daar 'n dieet of iets wat sy kan doen om die pynlike lewer en niere te verlig. Sy het akute rugpyn en haar lewer is redelik opgeswel. Die siekte is vreemd en daar is min mense wat blykbaar aan dit ly. Asb enige iets wat haar kan help. Sy is maar 33jr oud en het 2 klein kindertjies. die dr. sê daar is niks wat hy vir haar kan doen nie en sy moet haar normale lewe voortsit."

Antwoord :
Polisistiese niere is 'n oorerflike siekte waar die baba gebore word met veelvuldige siste op die niere en 'n swakker nierfunksie. Polisistiese niere gaan ook gewoonlik hand aan hand met siste op die niere, maar laasgenoemde kom meer algemeen voor.

Haar grootste risiko is hoë bloeddruk en enige dieet wat laag is in vet en slegs die nodige proteïene bevat word aanbeveel.

Haar dieet moet ook min kalium en so min as moontlik sout bevat om die druk op die niere te verlig.

Sy moet ook so veel as moontlik probeer ontslae raak van enige spanning in haar lewe en gereeld oefening doen.

Dit is nie die maklikste toestand om mee saam te leef nie. Bo alles het sy die deurlopende ondersteuning van haar vriende en familie nodig.

7 comments :

  1. Anonymous1/9/11 21:40

    kan polisistiese niere vererger word as die pasient aanhoudende hipertensie en stres het

    ReplyDelete
  2. Anonymous14/9/11 11:15

    Hipertensie is beslis baie sleg vir 'n pasient met polisistiese niere!

    ReplyDelete
  3. Anonymous3/3/12 09:26

    kan oefening soos draf (10km) hoe kreatien lesings veroorsaak.of een keer hoe lesing,altyd hoe lesing

    ReplyDelete
  4. Anonymous3/3/12 09:28

    kan oefening die kreatien lesing beinvloed in polisistiese niere, kan die lesing terug daal na laer lesing.

    ReplyDelete
  5. Anonymous3/3/12 09:31

    kan oefening die kreatien lesing beinvloed in polisistiese niere, kan die lesing terug daal na laer lesing.

    ReplyDelete
  6. Anonymous17/6/23 07:31

    Is alkohol nadelig vir die siekte?

    ReplyDelete