Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



20.4.10

Gebore met mantelvliesbreuk

Manlik: 47 Pretoria

Gebore met mantelvlies breuk - of so word daar aan my vertel. Allerhande soort probleme wat nou nog nie ophou nie. Hierdie sluit in rumatiek verskynsels in my kinderjare; pitswere so lank ek kan onthou; hoofpyne; nierstene en verkoues.
Maar skielik het alles opgehou vir 'n tydperk van bietjie langer as 2 jaar (Middel 2007 - Oktober 2009). [wat het ek reg gedoen?]
Dit was die lekkerste tydperk in my lewe, maar skielik begin al die simptome weer in die middel van Januarie 2010.

Simptome: Pyn in die bors, hoofpyne, kort asem, en die doodgaan van linker-arm en vingers en swere enige plek op die liggaam, maar verkieslik naby die weggesteekte sweet organe - onder arms, lieste en net onder-die-naeltjie-lyn.

Medikasie (Medies): Vir mantelvlies = CLOPAMON Tab 10 mg(2xaand en soggens), PURBAC tab 480 mg(1xaand) en ULTAK tab 300 mg vir die sooibrand(1xaand). Vir die swere A LENNON DOXYCCLINE cap 100 mg antibiotika(1xaand) - wat goed werk vir swere.
Die simptome vir die vlies het net vererger en beslis nie verbeter nie.

Medikasie (homopaties)Vlies: BROMELAIN 500mg(1x); PANCREATINE Quadruple strength (1x) en CHAMOMILE druppels.
Wanneer hierdie gebruik word, kan verandering bespeur word binne 48 uur. Die druppels verlaag die spanning effens, maar met langer tydperke bring dit baie hulp in die beheer van asemhalings ens.

Persoonlike notas met 'n aanval:

Beheer asemhaling en MOET NIE paniekerig raak nie. Indien jy kan, staan regop. Staan met die rug teen die muur en stamp saggies die rug teen die muur totdat winde opgebring kan word. RENNIES en ENO's werk nie altyd nie, en moet versigtig gebruik word anders werk medikasie nie soos dit moet nie. Moenie buk nie. Moenie vinnige bewegings maak nie. Bly weg van die volgende kosse:

* Bye bye alkohol (ek drink natuurlik niks nie - rêrig!)
* Sigarette (ingeslote e-sig) - skuldig
* Suur kosse - tamaties, tamatie-basis souse, sitrus vrugte, nog-nie-ryp vrugte, asyn en asyn-agurkies en uitjies
* Gebakte en olierige kosse: shokolade (agge nee), suiglekkers, botter, mayonaise, weense worsies, salami, deeg en pasteie, volroom kaas
* Speserye soos swart peper, rissies, kerrie, mosterd, rou uie en knoffel en enige ander "wilde" speserye
* Carbonated (Uh?) dranke - dit sluit in fontein water met gas, coke en ander met gas.
** Hierdie help met die terug-vloei van gasse: kokao, koffie, lemoen sap (lemoensap help nie by my nie!)
** Eet meer veselkosse soos oats, appels, pere, gedroogte appelkose en ander groente.
* Vermy witbrood
* Vermy groot etes
* Hou op eet 3-4 ure voor slaaptyd

Indien jy nóg oorgewig is ná hierdie, verloor asseblief - maer mense kry minder pyn (uh?)

Groetnis
Jan

3 comments :

  1. Hi Jan,

    Kan die mediese medikasie sonder 'n voorskrif gekry word? Amanda

    ReplyDelete
  2. Bettie Oelofse10/6/10 06:13

    Kan iemand vir my se wat jy mag eet n nie mag eet nie as jy 'n mantelvliesbreuk het ouma is nou 83 en het 'n mantelvlies breuk

    ReplyDelete
  3. Anonymous25/1/13 14:56

    Ek wil graag weet. Ek is die 2 Nov 2012 geopereer wa dr my liesbreek herstel het. Die word en steke was so te sê gesond toe gaan die wond aan die onderkant oop, eers het daar ligtegeel water uitgeloop. Toe bloed en nou sien ek dis ligtegroen en het n vreeslikke reuk. Is die groen n slegte kleur of wat?

    ReplyDelete