Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



19.10.22

Sooibrand

Sooibrand kom voor as ´n brandgevoel in die maag en/of bors.

Dit vind plaas wanneer maagsure wat aangewend word om kos te verteer, terugvloei in die slukderm. Sensitiewe weefsel word dan geïrriteer en die kenmerkende brandgevoel word dan ervaar. Sooibrand word veroorsaak deur die inname van sterk gegeurde, vetterige of gebraaide kosse, alkohol, koffie, sitrusvrugte, sjokolade en tamatiegebaseerde kos. Maagsere, galblaaskwale, stres, allergieë, rook, alkohol, hoë angsvlakke en ensiemtekorte kan ook tot die toestand bydra. Aspirien veroorsaak ook sooibrand by sommige individue.

Vermy die inname van kosse wat bekend is daarvoor dat dit sooibrand veroorsaak. Moet ook nie binne 3 ure voor slaaptyd eet nie. Versap 1 ongeskilde aartappel en meng met gelyke hoeveelhede water. Drink dadelik na voorbereiding 3 maal per dag. Eet vars papaja of pynappel om vertering aan te help. Kou papajapitte of ´n geskilde amandel vir chroniese sooibrand. Neem een eetlepel rou appelasyn in 1 glas water tydens etes. Teensure sal ook simptomatiese verligting bring.

Soek mediese hulp indien simptome voortduur.

Boereraat:

Drink elke dag 3 eetlepels appelasyn in ’n glas louwarm water 30 minute voor ete.

♦♦♦

Drink 2 mℓ Engelse sout in ’n glas water.

♦♦♦

Eet ’n appel.

♦♦♦

Drink 2 eetlepel skoon suurlemoensap of versapte rou aartappel

♦♦♦

Lê snags meer op jou linkersy – moeiliker vir maagsuur om na die slukderm te gly.

♦♦♦

Meng ’n 20 mℓ botteltjie Turlington met ’n blikkie kondensmelk. Drink soggens ’n teelepel hiervan op jou nugter maak.

♦♦♦

Drink ’n bietjie koeksoda in gekookte water.

♦♦♦

Drink 2 eetlepels asyn. Die sooibrand sal vir ’n kort rukkie erger voel, maar dan beter raak.

♦♦♦

Drink gereeld water om sooibrand teen te werk.

♦♦♦

Eet ’n piesang.

♦♦♦

Gee mengsel van deeglik gebrande en gepoeierde roosterbrood en melk van magnesia in sterk tee.

♦♦♦

As tamatie- en uiemoes gemaak word vir braaivleis of ander geregte, gooi ’n kwart koppie melk aan die einde by en roer goed. Dit voorkom sooibrand.

♦♦♦

Kruie vir kwale: Sooibrand

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

25 comments :

  1. Anonymous30/6/10 08:53

    Daar is 'n studie hieroor gedoen by Duke University in die VSA. Die verband is nie heeltemal duidelik nie, maar dit het moontlik te doen met die feit dat koolhidrate die afskeiding van insulien verhoog wat dan die spier by die opening na die maag laat verslap, die spier wat die suur in die maag moet hou.

    ReplyDelete
  2. Carel Joubert30/6/10 08:53

    Hoekom veroorsaak koolhidrate sooibrand?

    ReplyDelete
  3. Anonymous20/2/11 18:08

    vars suurlemoensap werk elke keer vir my.

    ReplyDelete
  4. GOEIE MORE

    MY NAAM IS POPPIE **********, EK WIL NET GRAAG WEET EK KRY VERSKRIKLIK BAIE SOOIBRAND MAAK NIE SAAK WAT EK EET OF DRINK NIE, EN DAN HET EK 'N VERSKRIKLIKE SNAAKSE SEER OP MY MAAG 'N MENS KAN DIT NIE BESKRYF NIE, EK WIL GRAAG WEET WAT KAN DIE OORSAAK WEES VAN DIE SOOIBRAND, MY NEEF HET GESE EK MOET DR TOE GAAN DIT KLINK SOOS GALSTENE WANT HY HET GEHAD.

    MAAR EK WEET NIE MEER WAT OM TE DOEN NIE WANT NIKS HELP VIR DIE SOOIBRAND NIE. AL WAT EK WEET DIT MAAK BAIE SEER.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous21/2/21 20:26

      poppie is jy okay? se ja as jy okay is

      Delete
    2. Hoop jy het oplosing ge kry poppie?

      Delete
    3. Ek my self dit is baie seer mk nie sal wat ek eet of drink nie help tog

      Delete
    4. http://www.boererate.com/2018/03/kruie-vir-kwale-sooibrand.html

      Delete
  5. Gaan iemand antwoord?

    ReplyDelete
  6. Dankie vir die antwoorde ek gedog ek dood nou van die sooibrand toe try ek die 2 eetlepels suurlemoensap en omtrent dadelik het ek verligting begin voel - half 1 ini oggend nie n lekker ding om mee te sukkel nie

    ReplyDelete
    Replies
    1. Ek het ook letterlik noù net gevoel asof ek ook doodgaan van sooibrand! Dit is ñ baie seer brangevoel en daarby het ek begin sukkel om asem te haal! Dit was ñ baie benoude gevoel, maar ek voel nou ñ beter! Ek het ñ appel geeët.

      Delete
  7. Dankie vir die suurlemoensap raad

    ReplyDelete
  8. Dankie vir die suurlemoensap

    ReplyDelete
  9. Ek het op 90 rennies en koeksoda geleef totdat ek elke oggend ń halwe suurlemoen se sap met water gemeng en warm gemaak is in mikrogolf. Kan nou selfs vleidpastei eet wat groot sondebok was.

    ReplyDelete
  10. Anonymous21/6/22 17:56

    Ek het sooibrand baie erg als wat ek eet gee vir my sooibrand dis seer ek weet nie meer wat om te maak nie

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous11/8/22 12:40

      Probeer die raat: http://www.boererate.com/2018/03/kruie-vir-kwale-sooibrand.html

      Delete
    2. Anonymous17/2/23 18:01

      Hi x is i roker ht i maagseer in die laaste tyd as x rook dan brand my hele mond binne wt kn oorsaak wees

      Delete
    3. Anonymous20/2/23 14:20

      Ja, 'n brandende sensasie in die mond kan 'n simptoom wees wat verband hou met rook. Rook kan 'n verskeidenheid probleme in jou mond veroorsaak, insluitend droë mond, ontsteking van die tandvleis en irritasie van die mond en keel. Hierdie toestande kan 'n brandende sensasie in die mond veroorsaak.
      Daarbenewens kan rook die risiko verhoog om mondkanker te ontwikkel, wat ook 'n brandende sensasie in die mond kan veroorsaak. As jy 'n roker is en 'n brandende sensasie in jou mond ervaar, is dit belangrik om 'n mediese diagnose te kry.

      Delete
  11. Anonymous20/7/22 15:26

    Hi x my self sukil met sooi brand als wat ek ook eet gee my sooibrand ek soek graag help om net ontslae te raak van die sooibrand asb

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous15/8/22 08:48

      Probeer die rate: http://www.boererate.com/2018/03/kruie-vir-kwale-sooibrand.html

      Delete
  12. Anonymous17/8/22 22:44

    Thx I will try

    ReplyDelete
  13. Anonymous1/9/22 13:34

    Hi ek het verskriklik sooibrand en brandpyn in my bors elke dag ek is raadop en dis baie seer kan u my help asseblief my naam is Magdelene dankie mooi dag💐

    ReplyDelete
    Replies
    1. More wil net weet wat jou gehelp het my maag is aan die brand en bors ek het n smaak in my mond niks help nie dan kan ek nie eers eet nie sal u my kan help asb dankie

      Delete
  14. Anonymous30/9/22 10:43

    Ek eet Cumin seeds net so,so tien van die saad..of ek maak Cumin tee,werk soos n bom,en dit help vir hardlywigheid. Twee teelepels Cumin seeds in kookwater,laat dit oornag brou.drink koud of warm..Black seed en Cumin saam werk ook goed vir sooibrand en hardlywigheid..geniet dit werk regtig vir baie kwale,nie net vir sooibrand nie..

    ReplyDelete
  15. Anonymous3/8/23 08:54

    Pluk Brannikels in veld .met handskoene. Gooi dit in n badjie met kookwater daarop. Laat staan vir n tydjie. Haal die brannikels uit en sit jou Winter seer voete daarin tot die water koud is. Doen so paar keer dit. Myne is weg na die 1ste keer se gebruik. Ek was maar 21 dai tyd . X al 59 ! Nog nooit weer Winter voete of hande gehad. Probeer dit net asb iemand!!

    ReplyDelete