Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



22.6.09

Kinders wat byt

Meeste kinders byt een of ander tyd en hou uiteindelik op eie houtjie op. Soms kom dit as 'n onaangename verassing terwyl jy nog borsvoed, ander tye is die kind al amper op skool.

Hier van vyf maande af byt baba's omdat hulle tande kry. Hulle hou gewoonlik op omdat hulle negatiewe reaksie kry. Van ag maande af byt die baba gewoonlik weens opgewondenheid. Vanaf 15 maande gaan dit oor frustrasie of beheer. Gedurende laasgenoemde sal die kind nie sommer die ouers of oppasser byt nie, maar eerder ander kinders of vreemdelinge. Gedurende die tyd leer die kind ook dat dit verkeerd is om te byt. Indien die kind ouer as drie jaar is en nog steeds byt is ingryping nodig.

Na drie jaar word bytery gekoppel aan vrees, magteloosheid, aggressie of ander emosionele probleme. Indien jou kind na die ouderdom gereeld byt moet jy eerder 'n professionele persoon gaan spreek.

Let tog daarop dat jy 'n punt daarvan maak dat jou kind sal weet dat die tipe gedrag nie jou goedkeuring wegdra nie.

8 comments :

  1. ONGELUKKIGE EN MOEDERLOSE MA!9/2/11 10:59

    MY KIND IS N JAAR EN TWEE MAANDE OUD,EK HET HOM BY SY OUMA EN TANNIE GELOS TOE EK WEER BEGIN WERK HET,VOORDAT EK BEGIN WERK HET WAS HY OP VASTE KOSSE GEWEES NOU IS HY WEER TERUG OP PURITY.DIE KLINIEK IS OP MY OOR SY GEWIG,HY WEEG NOU EERS 8.1KG EN SY RIBBETJIES STEEK LELIK UIT HY HET N LEKKER LYFIE GEHAD TOE EK BEGIN WERK HET,DIE APTEKER HET VIR MY VITAMIENES EN GOED GEGEE VIR HOM MAAR DIT LYK NIE OF DIT WIL WERK NIE,HY VAT NET DRIE HAPPIES VAN SY KOS DAN WEIER HY OM VERDER TE EET,EK HET HOM OP BEES MELK EN NOU ONLANG OP NIDO OOK GESIT VIR N BYVOEDING.ASSEBLIEF AS U RAAD HET WAT KAN HELP SAL EK BAIE BLY WEES,MY KIND SE VELLETJIE IS OOK BAIE BLEEK,EK WEET NIE MEER WAT OM TE DOEN NIE OF MOET EK HOM EERDER BY IEMAND ANDERS SIT WAT NA HOM KAN OMSIEN AS EK WERK.

    ReplyDelete
  2. Anonymous9/2/11 11:00

    Dit kan net 'n fase wees, maar hy moet dalk deeglik ondersoek word deur 'n dokter om te bepaal of daar nie ander onderliggende oorsake is nie.

    ReplyDelete
  3. My seuntjie 19mnde huil hom uit. Soms begin hy sommer net te huil en dat huil hy hom uit. Dit is gaan gewoontlik gepaard met blou word van lippe en vingers hy begin ook dan styf trek net daarna gee hy dan 'n klein asempie en dan lyk hy verdwaald vir 'n paar minute en dan is dit weer reg. Is dit asgevolg van die asma waarvoor hy behandel word of kan dit dalk iets anders wees? Ek is baie bekommerd!! Raad asb.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous5/12/12 14:14

      Hallo Laetitia,

      My jongste 2 het hulle self ook so uitgehuil, my huisdokter geraadpleeg, dit is agv 'n yster tekort het vir die jongste begin yster medisyne gee en nog nooit weer nie. Hoop dit help1

      Delete
  4. Anonymous11/2/12 12:35

    Neem hom na 'n pediater vir 'n diagnose.
    Dit kan bloot net 'n slegte bui wees. Maar dit is beter om seker te maak en hom dokter toe te vat.
    Wat jy kan maak is om al die simptome van 'n vloermoer teen te werk. Wil hy nie dalk net iets hê nie. Is hy nie net baie moeg en wil gesus wees nie? Dalk is hy honger? Soek hy dalk 'n speelding? Dalk is daar te veel stimulasie en hy soek net 'n stil plekkie?

    ReplyDelete
  5. Anonymous28/2/12 14:42

    Hey My dogtertjie is nou 20maande en sy bly die 1 kind by die skool byt maar net die kind. Die ander kind is seker nou eers so 12maande oud, so ek vind dit baie moeilik dat hy haar enige leed kon aan doen. Dis vir my baie sleg want soos jy se sy byt nie by die huis nie. Sy byt ook nie die ander kinders nie, net hom. Ek voel magteloos want dit gebeur nie voor my nie en het nog nooit nie. Dis die 1ste keer wat sy byt en dit alles in 1 maand. Ek is so raad op en weet wragtig nie meer wat om te doen nie. As ek haar gaan haal en vra hoekom byt sy die mqi dan se sy, sy het nie. Eks raad op

    ReplyDelete
  6. Anonymous12/7/12 18:40

    My kind is nou 22 maande en ek sukkel met hom. Hy byt almal by die huis en by die skool. As hy nie sy sin kry nie sal hy met die kop slaan of jou klap. Die juffrou sê hy byt die kindertjies tot hulle bloei. Ek soek asseblief raad.

    ReplyDelete
  7. Ek het n seutjie van amper 2 hy byt dat die rook staan... Hy byt seker die afgelope jaar al, ek het al als probeer sodat hy moet ophou byt maar niks help nie. En hy is tog so lief daarvoor om sy haarbek sussie te byt... Raad asb baie dankie

    ReplyDelete