Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



19.9.22

Tande

Wortels, spinasie, broccoli, papaja, mango, perskes en appelkose is goeie bronne van Vitamin A - Beta carotene. Dit is goed vir normale groei, goeie sig(oë), gesonde vel en sterk tande.

Vergeelde tande kan deur ´n tandarts gebleik word.

Boereraat:
Meng 2 mℓ koeksoda met ’n halwe glas louwarm water en neem daarvan in die mond en hou dit daar. Herhaal tot die tandpyn ophou.

♦♦♦

Maak asyn warm tot kookpunt en doop ’n wattepluisie daarin en vryf die tandvleis daarmee. Die asyn moet so warm moontlik wees. Los die pluisie met warm asyn op die tand.

♦♦♦

As een van jou tande getrek is en dit wil nie ophou bloei nie. Neem ’n rosyntjie, sny dit oop en sit dit op die gat waar die tand getrek is.

♦♦♦

Suurlemoen gemeng met koeksoda maak gevlekte tande mooi wit.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

31 comments :

  1. OP WATSE OUDERDOM KOM DIE VOOR TANDE UIT EN WAT KAN 'N MENS DOEN OM DIE KIND TE HELP MET DIE PYN VAN DIE TANDE

    ReplyDelete
  2. Ek is nou 11 weke swanger met my eerste een en het nie n idiee wat jy mag en nie mag doen nie. My tandvleis het n paar dae terug begin bloei en ek het n afspraak by my tandarts gemaak, maar nou wil ek net asseblief weet mag ek lokale verdowing kry terwyl ek swanger is of nie?

    ReplyDelete
  3. Anonymous7/9/10 18:54

    Dit is nie net veilig om die tandarts aanvanklik te besoek nie, dit is ook baie belangrik. Vulsels en krone kan infeksies verhoed. Verandering in hormoonvlakke laat die tandvleis bloei. Die tandarts kan help om enige siekte van die tandvleis te verhoed. Verkieslik moet jy nie die tandarts na vier maande besoek nie, behalwe in 'n noodgeval.

    Swart en groen tee is goed vir jou tande. Aktiewe bestandele in tee help beveg bakterieë wat plaak en absesse veroorsaak. Tee bevat ook fluoried wat jou tande sterk maak.

    ReplyDelete
  4. Wat is die vroegste ouderdom wat n baba kan tande kry? My seuntjie is nou 19 weke en kou aan alles, sy tiete, "teething ring", my hande, sy hande. Ek sien op die tandvleis onder is daar n wit kolletjie. Is dit te vroeg vir hom om n tand te sny? Hy is nie koorsig of het diaree nie?

    ReplyDelete
  5. Anonymous7/9/10 18:55

    Ja, hy kan reeds op die ouderdom begin tande kry. Selfs vroeër.

    ReplyDelete
  6. Ek wil net graag weet of dit in orde is en of ons 'n dokter moet sien. Ons dogtertjie sny oogtande en is nou net 6 maande oud, volgens alle leesstof sny oogtande eers tussen 16&24 maande. Dit is die boonste oogtande wat nou sny. Sy het reeds nog voor sy 4 maande was onder 2 tande gesny & op 5 maande haar 3rde tand onder gesny. Is die oogtande op hierdie ouderdom normaal? Wat my bekommer is die styging in haar koors? Dit wissel tussen 38.5 & 38.7, dit is nog die hoogste wat dit was. Nadat ek vir haar pynstroop gegee het, na so rukkie daal dit maar nooit laer as so 37.1 nie. Haar magie raak ook hewig omgekrap & sy weier om bottel drink. Sy eet wel baie goed.

    ReplyDelete
  7. Anonymous7/9/10 18:56

    Die tande is nie 'n probleem nie. Koors, 'n ongekrapte maag en swak eetlus is ook nie ongewoon wanneer baba tande kry nie, MAAR koors bo 38°C kan 'n probleem wees. Lees meer by Koors, sodat jy bewus kan word van die moets en moenies.

    ReplyDelete
  8. Anonymous13/2/11 23:46

    het iemand al die vanilla ekstrak storie probeer wat doen dit nou eintlik vir tande kry?

    ReplyDelete
  9. Anonymous14/2/11 10:50

    Vanilla-ekstrak het 'n kalmerende effek. Dit help ook om daardie nare doeke te verminder wat saam met die tande gaan.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hoe gebruik k die vanille ekstra en waar kan k dit koop. My dogtertjie 5mnd mre en huil no-stop v haar seer mondjie

      Delete
    2. Gewoonlik kry mens dit by spesialiteitswinkels, deli's ens.

      Delete
  10. Anonymous31/3/11 10:52

    My kleindogter is nou 11 maande en het nog nie een enkelle tand nie moet ek bekommerd raak

    ReplyDelete
  11. Anonymous13/4/11 10:30

    Nee wat, sommige se tande kom later.

    ReplyDelete
  12. Anonymous19/6/12 13:34

    My seuntjie is 11 maande oud. Hy slaap vreeslik onrustig in die nag (selfs die dag ook) en sy magie is omgekrap. Sy doeke ook baie onaangenaam. Kan dit al oogtande wees wat pla?

    ReplyDelete
  13. Anonymous23/9/14 11:13

    More. My baba is 8 maande oud en was die afgelope 2 weke siek met lugweginfeksie. Haar antibiotika is al 'n paar dae klaar en sy het gister weer begin erg koors kry. Vandag is haar koors weer 38.7 eet minder en wil nie tietie drink nie. Haar boonste gums is geswel maar ek is net bang dis weer infeksie. Wat kan ek doen om haar te help?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous23/9/14 11:28

      Onthou om die koors dop te hou. As dit meer as 39,4 is moet jy eerder dokter / hospitaal toe. Sy eet darem nog, probeer ook af en toe om haar te kry om iets te drink. As haar toestand verswak moet jy ook maar eerder hospital toe. As jy dink dit is regtig nodig kan jy vir haar ibuprufen gee, maar maak seker dis regtig nodig.

      Delete
  14. Anonymous8/10/14 13:45

    My seuntjie is nou 3 maande en 'n week en binne 2 dae het hy al 4 sy oogtande gesny, gemaklik. Is dit normal? Rede vir bekommerd wees: My oudste seuntjie het eers op 4 maande sy 1ste voortand gesny.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous8/10/14 15:25

      Ek dink nie dit is abnormaal nie. Weet van ander kinders wat ook op daai ouderdom gekry het.

      Delete
  15. My baba is al 13 maande en het nog nie n enkele tand nie. Moet ek bekommerd raak?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Nee wat, dit kan tot 2 jaar neem.

      Delete
  16. my dogter se baba is 2maande oud en sy kry verskriklik swaar dit lyk vir my dis haar tandjies, want sy kou aan jou vingers en sy raak huilerig en hap sommer na n mens. ek het vir haar tandepoeier by apteek gekry en dit help want dan is sy rustig om net oor 10minute weer te begin huil. Kan haar dit haar tandjies wees wat besig is om uit te kom

    ReplyDelete
    Replies
    1. As dit tandjies is, is dit baie vroeg. Gewoonlik begin dit eers op 4 maande, as dit vroeg is op 3 maande. Ek sou haar dokter toe vat. Laat weet of dit wel die tande was.

      Delete
  17. My seuntjie sny nu ses tande op een tyd hy is 18 maande hy eet n rerig n ht deearhea en gooi op is dt d tande of is dt dalk iets anders

    ReplyDelete
  18. Hoekom as n baba aan sy spoeg doek suig bloei sy mond hy is nou 3 maande oud en vingers is alewig ini mond is dit normaal as sy mond bloei?

    ReplyDelete
  19. Hoekom as n baba aan sy spoeg doek suig kom da bloed uit my seuntjie is nou 3 maamde oud en die hande is alewig in die mond

    ReplyDelete
  20. My dogterQii is amper 3 sy sny agterste tande sys is regtig siek haar neus is toe en sy slaap omtrent die heeldag wil nie regtig eet nie maar drink darm baie en haar kpors is heeltyd op en f

    ReplyDelete
  21. My baba is 8maand en hy kry tande wat kan kan ek gebruik sy maag werk en hy gooi op wat kan ek gebruik

    ReplyDelete
  22. Hi ek wil weet wat kan jy aan n 8maande baba gums smeer wat swaar tande sny dus opgeswel en als hy wil ni eet gee koors stroop smeer tande goed an help nt n tydtjie darna weer hy huil.Asb enige huisraad sal help

    ReplyDelete
  23. Wat help vir linker en regte onder verstand tande wat getrek is en di keel seer mk

    ReplyDelete
  24. Anonymous8/10/23 22:27

    My seuntjie is amper twee Jaar,Hy huil ,is koorsug en wys net na sy mondjie

    ReplyDelete
    Replies
    1. Onthou om sy koors dop te hou. As dit meer as 39,4 is moet jy eerder dokter / hospitaal toe. Koors is gewoonlik 'n teken van infeksie. As jy nie seker is oor wat dit veroorsaak nie moet hy ook dokter toe.

      Delete