Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



3.3.17

Sinusitis

Sinusitus is ontsteking van die neussinusse. Simptome sluit in pyn in die voorkop en wange en soms ´n groen, geel of bloederige afskeiding uit die neus. Seer keel, naarheid en slegte asem kan voorkom as gevolg van postnasale drup. Oorsake kan akuut of chronies wees. Akute sinusitis word dikwels veroorsaak deur bakteriese- of virusinfeksies in die neus, keel en boonste lugweë. Chroniese sinusitis kan veroorsaak word deur klein vergroeiings in die neus, beserings van die neusbene, tabakrook en blootstelling aan irriterende dampe en reuke. Dit is besonder moeilik om chroniese sinus suksesvol te behandel. Allergiese sinusitis kan veroorsaak word deur hooikoors of voedselallergieë, veral suiwelprodukte.

Stoom sal help om slym op te klaar en ´n bevogtiger kan asemhaling vergemaklik. Gebruik egter ontstuwers volgens aanwysings.

Soek mediese hulp indien jy aan chroniese sinusitis ly of indien daar swelling rondom die oë voorkom. Meer as een mediese spesialis moet liefs geraadpleeg word in die geval van chroniese sinusitis. Ander moontlike oplossings soos akupunktuur kan ondersoek word.

Druk met die punte van jou middelvingers op die kepies net onder jou neusgate elke halfuur vir 'n paar minute om sinuspyn te verlig. Gaan sien jou dokter indien dit nie help nie.

Boereraat:

Kos met preserveermiddels vererger sinus. Sny dit uit.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

9 comments :

  1. Anonymous29/6/10 08:37

    Natuurlike behandeling vir probleme met sinus sluit in :


    •Drink heelwat water, veral saans.
    •Vra bou jou apteek vir 'n neussproei wat net uit 'n soutoplossing bestaan en geen medikasie bevat nie.
    •Daar is 'n paar soorte natuurlike olies wat jy kan probeer, soos byvoorbeeld roosmarynolie.
    •Rissies en knoffel behoort gereeld in jou dieet voor te kom - die beste is 'n lekker sop wat beide bevat.

    ReplyDelete
  2. Adri Pretorius29/6/10 08:37

    Ek ly al 'n baie lang tyd aan sinusitus, wat gepaard gaan met 'n drup in die keel wat dan bronchitus veroorsaak. Ek het al 2x sinus operasies ondergaan en dit kom altyd terug. Ek stoom gereeld en dit help wel. Is daar enige iets anders wat ek kan doen om die probleem op te los. Enige kruie of iets anders dalk?

    ReplyDelete
  3. Het raad gekry om te gorrel met opgeloste kanfer? Kan dit aanbeveel word?

    ReplyDelete
  4. Anonymous3/7/13 16:04

    Dokter het voorgeskryf rineton antibiotika en predisone. Voel beter. Wil weet of daar enige ander huisraad of medikasie is om te gebruik as medikasie op is. Iets wat ek dan meer op gereelde tye kan gebruik met min of geen nuwe effekte. PS As my sinus op pak voel dit of dit my hele liggaam affekteer. Help asb.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous4/7/13 11:22

      Iemand het voorheen genoem:

      Drink heelwat water, veral saans.
      •Vra bou jou apteek vir 'n neussproei wat net uit 'n soutoplossing bestaan en geen medikasie bevat nie.
      •Daar is 'n paar soorte natuurlike olies wat jy kan probeer, soos byvoorbeeld roosmarynolie.
      •Rissies en knoffel behoort gereeld in jou dieet voor te kom - die beste is 'n lekker sop wat beide bevat.

      Delete
  5. Anonymous3/11/22 18:04

    Wat kan ek gebruik vir verstopte oorkanaal

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous4/11/22 10:43

      http://www.boererate.com/2021/03/iets-sit-vas-in-my-oor.html

      Delete
  6. Anonymous30/9/23 07:47

    Goeie more Ek sukkel Al Amper 6weke met heesstem en as Ek hoes is dit soos n stroompie water Geen kleur. Asb dit is Nou baie lank en nety een oor is seer was 3x by drs.3x antibiotikas en 2x kortisoon asb enige raad

    ReplyDelete
  7. Anonymous2/10/23 10:17

    Ek kan aan ten minste oorsake hiervoor dink. Het die dokter al bloedtoetse gedoen? Op die stadium sou ek eers kyk na chroniese sinusitus. Daar is 'n paar dinge wat jy kan probeer by hierdie skakel: http://www.boererate.com/2016/12/kruie-vir-kwale-sinusitis.html

    ReplyDelete