Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



20.2.09

Mites oor diabetes

Daar is ongelooflik baie mites bestaan oor Diabetes en die publiek het oor die algemeen 'n vae beeld het oor wat diabetes is.

Diabetes word grootliks in twee breë kategorieë ingedeel. Tipe 1 voorheen bekend as insulien afhanklike diabetes en Tipe 2 diabetes voorheen bekend as nie-insulien afhanklike diabetes of volwasse insulien (Adult onset diabetes).

5-10% van alle diabete is Tipe 1 en die res is Tipe 2. Daar is ook ander tipe diabetes onder andere swangerskap diabetes, LADA (Latente outoimuun diabetes in Volwassenes), Mody (Maturity onset diabetes of the young – volwasse aanvangsdiabetes ), Diabetes Insipidus (wat nie werklik diabetes is nie, maar 'n onvermoë van die liggaam om vloeistof te hanteer)

Ek nooi almal uit om na my blog te gaan kyk. Dit handel oor diabetes. Ek gaan probeer om weekliks iets anders te bespreek wat handel oor diabetes - hetsy Tipe 1 of 'n ander tipe.

Groete
Riette

2 comments :

  1. Anonymous14/1/11 23:04

    is daar eenige boere raad vir n diabeet 1 wat se voete en are brand

    ReplyDelete
  2. Anonymous20/1/11 10:54

    Was jou voete elke dag met 'n sagte seep en louwarm water. Smeer jou voete dan in met vaseline. Moenie tussen jou tone smeer nie.
    Oefening help ook.

    ReplyDelete