Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



6.1.09

Wurms

Jy kan besmet raak met wurms deur direkte kontak met besmette troeteldiere. Afhangende van die soort wurmbesmetting kan jy maagpyn kry, jou eetlus verloor, gewig verloor, diaree kry en rektale jeuking kan ook voorkom.

Ontwurm gereeld jou troeteldiere, sowat ses keer per jaar. Was ook altyd jou hande nadat jy aan diere gevat het. Was ook jou onderklere, bedlinne en handdoeke in baie warm water en bleikmiddel.

Wurms kan behandel word met vloeistof of tablette wat by apteke verkrygbaar is.

7 comments :

  1. Anonymous6/1/09 16:33

    Ons gesin: man, vrou, kinders, en bediende het begin 2007 'n ernstige pinworm infeksie opgetel. Dokters kon dit nie identifiseer nie. Nadat ek dit in my stoelgang ge-identifiseer het en dit toe deur die pediater ondersteun is, het die hele gesin 'n kursus Zentel en Vermox gekry vir 3 dae en die honde het ook 'n 6-dag kursus teen-parasiet mengsel gekry.

    Na 'n week was die simptome en wurms weer terug. Lang storie kort het ons met 'n alternatiewe behandelingskursus oor 2 maande eers die infeksie en herinfeksie onder beheer gekry. Dit was regtig 'n erge ondervinding. Bloot hande was het nie herinfeksie voorkom nie. Jik en Dettol en al die ander ontsmettingsmiddels maak nie die eiertjies dood nie. Ons het osoon gebruik, saam met jodium en asyn. Moes ook ons hande skrop soos die chirurge dit doen.

    Wat vir my skrikwekkend was, was die feit dat die GPs nie die diagnose kon maak nie en dat ek by die pediater eers moes saadjie plant voor hy dit oorweeg en ondersoek het. In die VSA word dit deur hul CDC beskou as die nommer 1 gesondheidsrisiko vir die algemene bevolking.

    Pinworms is blykbaar die mees algemene intestinale parasiet infeksie in die VSA, as gevolg van hul hoë suiker dieët. Infeksie gaan gepaard met al die simptome van lae bloedsuiker en dehidrasie, asook skielike gewigstoename (ek het 10kg in 2 weke opgetel!). Die mees kenmerkende simptome was die jeukende anus in die oggende (kan verwar word met aambeie), nagsweet, opgeswelde kliere wat knoppe staan in die nek (net een van die vyf mense het die knoppe gehad), alewige erge hongerte en dan die lae bloedsuiker hoofpyne, dronkheid, duiseligheid, moegheid, ens.

    Ek is heel toevallig etlike maande na die pinworms met Hydatid disease ge-"diagnoseer". Weereens met alternatiewe metodes en 2 weke van siek wees (dit was gelukkig baie vroeë "diagnose") kon ek van die siekte ontslae raak.

    Die probleme wat ek oorgehou het van al hierdie parasietiese aanslae is: 'n beskadigde pituitary, wat 'n onderaktiewe skildklier veroorsaak het, wat op sy beurt massa inflammasie van al my organe en spysverteringstelsel veroorsaak het. Ek vermoed die skade sou nie so erg gewees het as dit nie was vir die feit dat dokters nie 'n diagnose binne 4 weke kon maak met enige van die normale toetse en scans nie.

    Groot asseblief aan alle mediese praktisyns, skerp kennis hieroor op. Baie veltoestande soos ekseem, omlope, gordelroos, ens. word ook direk aan parasiete gekoppel, so ook migraine, rustelose bene, slapeloosheid, siste, ens. Pediater het my meegedeel dat 30% van alle asma-gevalle in sy kinderpasiënte opgelos word deur bloot 'n ontwurmingskursus deur te werk!

    Plaas asb. hierdie skrywe om mense bewus te maak van die parasiet gevaar. Ek sal ook bly wees uit 'n mediese oogpunt indien u kan kommentaar lewer oor alledaagse parasietbeheer en behandeling. Gesprekke met verskeie mense in die veld van Aptekerswese asook Medici en kenners op die gebied van zoonose, het aan die lig gebring dat die teen-wurm medikasies vir mense uiters beperk is in terme van effektiwiteit en spesifisiteit. Ook dat daar nie by hulle raad was vir voorkoming of meer effektiewe behandeling, behalwe meer aggresiewe chemoterapie nie. In baie gevalle (soos hydatid) is al raad operasies. Baie beveel 'n kolonspoel aan, maar dit los nie die herinfeksie probleem op nie. Dit spreek ook nie parasiete in ander dele as die spysverteringstelsel aan nie.

    Ons gesin gebruik tans homeopatiese middels, wat ook maar beperk is, asook osooneerder om die lug en oppervlaktes en sekere kosse (vanaf diere) in veral die kombuis te steriliseer. Van tyd tot tyd swael, soos die ou-mense in hul boererate aanbeveel het.

    ReplyDelete
    Replies
    1. ASB ASB HOE HET JY ONTSLAE VAN DIT GERAAK HELP HELP ASB

      Delete
  2. Anonymous8/5/12 16:30

    as jy wurm het smeer botter aan jou boude.of as jy nie botter het nie gebreuk gewone olie of olive olie dit werk regtig briljant ek belowe al die viewers dit vvveeeeerrrrrrrr sssseeekkkeeerrr!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

    ReplyDelete
  3. Anonymous26/1/16 10:38

    beweeg wurms as dit uitkom of nie altyd nie

    ReplyDelete
  4. Ek het ook wurms, Het net een ge sien maar my maag pyn al vir 2 maandekan ni slaap nie en het nie eetlus nie, Het pille by apteek ge kry wat ek moet drink vir 3 dae, Geen wurms het nog af ge kom nie, Hoe lank moet ek wag om weer pille te koop

    ReplyDelete
  5. Anonymous7/3/22 09:46

    As dit so lank vat moet jy liefs mediese hulp kry. Dit klink nie normaal nie.

    ReplyDelete