Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



29.11.23

Wat is Tourettes?

Ek het al heelwat vrae gekry oor Tourettes-sindroom. Hier volg dan 'n samevatting van wat Tourettes is en behandeling daarvan.

Volgens die nuutste navorsing is die aanvang gewoonlik voor 18 jarige ouderdom. Die oorsaak van Tourettes is nie bekend nie, alhoewel dit lyk asof dit verbind kan word met die gene wat chemiese stowwe van een breinsel na die volgende oordra. Dit is veral Dopamien wat geaffekteer word, en is dan ooraktief in die brein. Dopamien is verantwoordelik vir beweging, en met ooraktiwiteit, kom daar dan die bekende "tic", of onwillekeurige beweging voor. 'n Streptokokkale infeksie kan ook Tourettes veroorsaak in sommige gevalle a.g.v. 'n immuunsisteem se reaksie op die strepinfeksie.

Die diagnose van Tourettes word gemaak op grond van die volgende:
· Veelvuldige motoriese "tics"
· Ten minste een "tic" wat met spraak verband hou
· Bg. Is teenwoordig vir meer as 'n jaar
· Bg. Het begin voor 18 jarige ouderdom
· Familiegeskiedenis van Tourettes
Daar is geen skanderings of bloedtoetse wat gedoen kan word om die diagnose te bevestig nie.

Kinders en volwassenes met Tourettes kan ook ander probleme ondervind soos Aandag Afleibaarheid sindroom, leerprobleme, rebelering t.o.v. gesag, hiperaktiwiteit, swak slaappatrone en ook 'n groter geneigdheid tot obsessief- kompulsiewe gedrag, bv. Tel van voorwerpe, herhaling van aksies, ens.

Meeste lyers ondervind 'n verbetering van die simptome na hul tienerjare. Min het ook medikasie nodig. Medikasie is gerig op die herstel van die chemiese wanbalans in die brein. Die word ook net voorgeskryf as die "tics" en gedrag van die lyer sy kwaliteit van lewe negatief raak.

Algemene medikasie is dan ook:
· Anti- psigotiese medikasie: dit het heelwat newe- effekte en anti- parkinson medikasie kan daarvoor help.
· Bloeddrukmedikasie genaamd clonidine wat "tics" help beheer
· Anti- depressante beheer obssesief- kompulsiewe gedrag
· Stimulante wat gebruik word om ander probleme te hanteer waarvan die bekendste methylphenidate of Ritalin is.

Tourettes is nie geneeslik nie, maar kan beheer word sodat die lyer 'n vol en kwaliteit lewe kan lei. Die belangrikste is die ondersteuning van familie en vriende. As gevolg van die eienaardigheid van die "tics" en die soms bissare optrede van die lyers, vind verwerping deur die samelewing dikwels plaas. Psigoterapie, arbeidsterapie en gedragsterapie kan lyers help om die alledaagse lewe suksesvol te hanteer.

skrywer: Suster Barbara Pelser



(foto: Andrea Piacquadio)

6 comments :

  1. Anonymous31/7/09 12:01

    Hi,

    My man het Tourette Sindroom en wanneer hy slaap maak hy steungeluide. Dit is baie lastig en ek wil weet of daar raad is daarvoor.

    HELP ASB

    ReplyDelete
  2. Baie dankie tog vir hierdie geleentheid. Ek het die artikel oor tourette gelees en dit interessant gevind dat tourette slegs op 5 dinge gebasseer/gediagnoseer kan word. My dogter is op 8 met tourette gediagnoseer deur Prof. Gerrit Gericke en Izelda Pelser. Sy het die sindroom baie lig volgens hulle, so dat haar ticks nou op 14 jaar so te sê heeltemal verdwyn het. Sy sukkel geweldig baie met haar selfbeeld ten spyte van die feit dat sy 'n pragtige kind is in alle opsigte. Sy loop vooroor gebuig en weier om uit die kar te klim as daar iemand bekend bv. van haar skool by die winkelsentrum is. Sy gebruik tans Ritalin 20 mg (afgelope 5 jaar). Die konsentrasie is maar nog steeds nie wat dit moet wees nie, veral by die huis. By die skool is sy baie stil en eintlik net 'n waarnemer - dit is asof niemand van haar moet weet nie, sy wil nie raakgesien word nie. Is dit deel van hierdie sindroom, of waaraan kan dit toegeskryf word. Wag om van u te hoor.

    ReplyDelete
  3. Anonymous8/9/10 18:42

    Vir hierdie een gaan jy eerder 'n kenner wat jou dogter gediagnoseer het se mening nodig kry. Dit kan wees dat dit eiesoortige gedrag is wat veroorsaak is deur die sindroom OF gedrag wat veroorsaak is deur 'n knou wat haar selfbeeld gekry met die siekte. Indien jy sal aandring op 'n raaiskoot sal dit laasgenoemde wees. Tiener wees is reeds nie maklik nie en boonop moes sy met die sindroom leef. Met almal se liefde en ondersteuning en dalk bietjie hulp van 'n sielkundige sal sy kan leer hoe om die lewe se stampe en stote suksesvol te hanteer. Hoop sy ontvou in hierdie pragtige kind wat jy elke dag sien.

    ReplyDelete
  4. elsa smit2/2/11 19:42

    ek het'n seun van 9jaar hy isin my pleegsorg...
    baie besig en baie impulsief word ook as stout bestempel deur die maatsen samelewing. erg mishandel tot en mt 3jaar. hy het nie beheer oor sy woede en angs nie het woede terapie en bindingsterapie gedoen, het hom ook by verskillende neoroloe gehad om te toets vir eppilepsie hy was ook al deur 'n phsigometris getoets en die se hy kan slegs vlak 1 behaal alhoewel hy totvlak3 opskool behaal...ek is moedeloos want hy is soms so lieftallige en net die volgende oomblik agressief. hy is baie impulsief en snagsing hy selfs liedjies maar slaap en alleswatbedags gebeur praat hy sangs
    hy was vroeer op riperdal 0,50mg maar dr het hom afgehaal omdat hy toe glad nie kon konsentreer
    nie tans gee ek hom biostrat help asseblief ek weet nie meer self die familie vermy my met diekind ek kan hom nie verwerp nie ekmoet homhelp ek is desperaat.... elsa smit

    ReplyDelete
  5. Elsa Smit2/2/11 19:47

    ek het'n seun van 9jaar hy isin my pleegsorg...
    baie besig en baie impulsief word ook as stout bestempel deur die maatsen samelewing. erg mishandel tot en mt 3jaar. hy het nie beheer oor sy woede en angs nie het woede terapie en bindingsterapie gedoen, het hom ook by verskillende neoroloe gehad om te toets vir eppilepsie hy was ook al deur 'n phsigometris getoets en die se hy kan slegs vlak 1 behaal alhoewel hy totvlak3 opskool behaal...ek is moedeloos want hy is soms so lieftallige en net die volgende oomblik agressief. hy is baie impulsief en snagsing hy selfs liedjies maar slaap en alleswatbedags gebeur praat hy sangs
    hy was vroeer op riperdal 0,50mg maar dr het hom afgehaal omdat hy toe glad nie kon konsentreer
    nie tans gee ek hom biostrat help asseblief ek weet nie meer self die familie vermy my met diekind ek kan hom nie verwerp nie ekmoet homhelp ek is desperaat.... elsa smit

    ReplyDelete
  6. Anonymous8/2/11 10:57

    Elsa,
    Het jy al arbeidsterapie oorweeg?

    ReplyDelete