Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



17.6.21

Verkoue

Verkoues word veroorsaak deur onkeerbare virusinfeksies en is hoogs aansteeklik. Die simptome sluit in loopneus, seerkeel, hoofpyn, droë hoes, genies, afname in eetlus en ’n algemene tamheid. Die simptome kan tot 7 dae voortduur, hoewel ’n loopneus vir tot 3 weke kaan aanhou.

Indien die verkoue na ’n week nog nie gewyk het nie en by die eerste tekens van ’n hoë koors moet jy jou dokter gaan spreek.

Daar is meer as tweehonderd virusse wat verkoue veroorsaak. Die rinovirus is die belangrikste oorsaak, maar ’n koronavirus is ook ’n moontlike sondaar.

Boereraat:

Volwassenes kan 10 tot 30 druppels antimoonwyn in kanferwater gegee word 3 of 4 keer per dag. Die laaste dosis met slaaptyd. Kinders kan ‘n dosis van 5 tot 10 druppels gegee word.

♦♦♦

Sodra jy ´n verkoue aan jou lyf voel moet jy in ´n Engelse soutbad klim. Gooi so twee handevol sout in. Klim daarna in ´n warm bed. PS! BELANGRIK! Mense wat aan hoë bloeddruk ly moet nie hierdie behandeling toepas nie.

Sien ook:
Raad teen verkoues
Kruie vir kwale: Verkoue


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

7 comments :

  1. Yolandi Louw8/9/10 19:14

    Ek is nou 32 weke swanger en voel dat verkoue besig is om kop uit te steek. Ek wil nie graag medisyne gebruik wat skadelik kan wees vir my baba nie. Ek het gewonder of daar dalk ander maniere is waarop ek vinnig van hierdie verkoue ontslae kan raak. Ek drink wel elke dag my nodige vitamines en kalsium.

    ReplyDelete
  2. Anonymous8/9/10 19:15

    Die jongste navorsing toon dat vitamine C nie sommer 'n verkoue keer nie. Maar hou aan daarmee, dit is goed vir baie ander dinge. Gedurende swangerskap neem 'n vrou gewoonlik langer om te herstel van 'n verkoue. Rus en neem baie vloeistof in, water is natuurlik die belangrikste, maar nou en dan kan jy 'n vrugtesap drink. Eet gereeld klein bietjies as jy sukkel om te eet. Gebruik meer kussings om te sorg dat jou kop bo die res van jou lyf is wanneer jy lê. Dit verminder die post-nasale drip en laat jou makliker asemhaal. Stoom jou so een maal per dag om die slym los te maak. Tap warm water in 'n wasbak en plaas 'n handdoek oor jou kop terwyl jy jou gesig in die warm stoom van die water hou. Gaan sien die dokter dadelik wanneer jy koors ontwikkel of sukkel om asem te haal en moet GEEN medikasie gebruik wat nie deur jou dokter goedgekeur is nie.

    ReplyDelete
  3. Anonymous10/7/13 15:00

    HI HELP MY MET VERKOUE EN LOOP NEEUS WIL DIT GOU LAAT WEG GAAN WAT KAN EK GEBYK?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous10/7/13 16:04

      Vra by die apteek. Dis die maklikste.

      Delete
  4. My dogter is 13 weke swanger en sy het koors, lyfseer, keelseer, kopseer. Wat ksn sy.doen

    ReplyDelete
  5. Hi ht verkoue hoes verskriklik enige raad

    ReplyDelete
  6. Halo ek is n maand en half swanger my neus is toe my Lyf voel baie snaaks kan nie in my Lyf raak nie en my rug pyn ek hoes glad nie dit voel of ek bine koors het wat kan ek gebruik om gesond te kan raak

    ReplyDelete