Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

6.2.25

Kruie vir kwale: Tuberkulose

Die bol van wildeknoffel word gebruik om pulmonêre tuberkulose te behandel. Dit is nie nuus nie aangesien die gebruik van die tipe plante vir pulmonêre behandeling regoor die wêreld voorkom (Mohagheghzadeh et al., 2006).
Pulmonêre TB affekteer die longe en keel, terwyl ekstrapulmonêre TB ander dele van die liggaam affekteer, soos die brein, bene of limfknope. Ekstrapulmonêre TB is gewoonlik nie aansteeklik nie.
In Suid-Afrika word die plant lank reeds gebruik vir longsiektes deur die Sothos, Zoeloes, Xhosas en San.
Die bolle word gekook en die stoom word deur die pasiënt ingeasem. Die bolle kan ook verpoeier word en dan as ’n snuif gebruik word.

Mohagheghzadeh A., Faridi P., Shams-Ardakani M., Ghasemi Y. Medicinal smokes. J. Ethnopharmacol. 2006;108(2):161–184.
♦♦♦

Gooi ’n koppie kookwater oor ’n paar gedroogde takkies heuningtee en laat dit trek vir 20 minute. Drink dit ten minste 4 keer per dag vir tuberkulose.

♦♦♦

Gekookte suurvye kan gebruik word vir die behandeling van tuberkulose.

Neem 2 tot 4 kankerbossie blare en week dit 3 minute in ’n koppie kookwater. Heelwat Suid-Afrikaners gebruik dit steeds vir tuberkulose.

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

20.1.25

Grondboontjiebotter help met bloeddruk

Grondboontjiebotter kan help om lae bloeddruk te verlig weens die inhoud van gesonde vette, proteïene en minerale soos magnesium en kalium, wat bydra tot die regulering van bloeddrukvlakke. Studies het getoon dat gereelde verbruik grondboontjie kan help om bloeddruk te verlaag, selfs by individue met hoë bloeddruk.

16.1.25

Endometriose

Endometriose is ’n toestand waartydens selle, soortgelyk aan die waarmee die baarmoeder uitgevoer is, hulle elders in die liggaam van die pasiënt vestig.

Hierdie selle tree op asof hulle steeds in die uterus is, hulle reageer op hormonale verandering en bloei gedurende menstruasie.

Endometriose kan pyn veroorsaak tydens menstruasie, of selfs tydens ovulasie of seks. Daar kan ook geen simptome wees nie. Onvrugbaarheid is egter een van die gevolge - dit gebeur by tot 40% van vroue. Gaan spreek jou dokter sodra jy vermoed jy het dit onder lede.

’n Diagnose word gemaak met ’n laparoskopie - ’n buis met ’n piepklein kameratjie word net onder die naeltjie ingesteek om die bekkenholte te verken.

Medikasie kan die probleem (letterlik) oplos of soms is chirurgie nodig. Dit kan só vererger dat aangetaste organe verwyder moet word.

Endometriose kan nie suksesvol voorkom word nie, maar ’n goeie lewenstyl, die gebruik van die voorbehoedpil en self swangerskap help om dit te verhoed.

14.1.25

Kruie vir kwale: Endometriale pyn

Endometriale pyn is 'n algemene simptoom van endometriose. Boererate wat kan help om pyn te verlig, sluit in warm baddens en 'n ensiem wat in pynappels voorkom. Jy kan die ensiem as 'n aanvulling neem, maar jy moet eers jou dokter raadpleeg, aangesien daar ’n interaksie met sommige medikasie kan wees.

♦♦♦

Kamille (chamomile) help om endometriële pyn en krampe te verlig en soms maak dit kwaadaardige weefsel dood.

♦♦♦

Borrie het sterk anti-inflammatoriese eienskappe wat kan help.

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

8.1.25

Oorpyn

’n Bestendige stroom helderrooi bloed uit die oor dui gewoonlik op skade aan die oortrommel.

’n Dun straaltjie strooikleurige vloeistof uit die oor is die teken van 'n gebreekte skedel. Die strooikleur word veroorsaak deur bloed wat meng met helder serebro-spinale vloeistof - behandel die besering soos vir inwendige bloeding.
Oorpyn is in die algemeen meesal die gevolg van infeksie in of naby die oor.

Middeloorontsteking kom gewoonlik by kinders voor en word veroorsaak deur kieme wat van die keel na die middeloor versprei.


Theo skryf:
"Ons het ’n tweeling (seun en dogter) van 2maande. Ek vermoed hy het oorpyn/ontsteking agv die bottelvoeding met die melk wat in sy oortjie inloop. Wat kan ek gee daarvoor?"

Antwoord:
As dit kom by babatjies moet die dokter liefs besluit oor die metode van behandeling. Ore is nie net daar vir hoor nie, maar is ook belangrike balansorgane. Talle probleme kan hier ontstaan.


Boereraat:

Vir oorpyn, sit heuning op ’n pluisie watte en steek dan in die seer oor.

♦♦♦

Vir oorpyn, meng ’n paar druppels brandewyn en 2 ml gliserien. Maak dit louwarm oor.
Gooi in die oor en sit ’n stukkie watte in. Herhaal indien nodig.

♦♦♦

Gooi warm soetolie in die oor en sit ’n pluisie in.

♦♦♦

Gooi skoon gliserien in die oor en sit ’n pluisie in.

♦♦♦

As jy ’n insek in die oor het, hou lig voor oor, die insek sal dalk uitkruip. Indien nie, gooi bietjie kookolie in die oor, die insek sal versmoor. Jy kan ’n insek ook probeer uitspoel met louwarm water.

Sien ook: Kruie vir kwale: Oorpyn

7.1.25

Wat is migraine?

Migraine kom voor wanneer die are in die brein oormatig vergroot. Dit kan enige iets van 2 tot 72 ure voortduur

Die pyn is intens en kom gewoonlik hoofsaaklik by die slaap of agter die oor voor. Pyn mag ook aan die agterkant van die kop begin en versprei na die hele een kant van die kop.

Gewoonlik kom ook naarheid, braking, dowwe visie en ´n tinteling of ´n dooie gevoel in die ledemate voor.

Migraine word soms voorafgegaan deur sigversteurings soos flitse, sterre of flikkerings.

Migraine kan veroorsaak word deur sekere kosse, allergieë, hardlywigheid, stres, te veel of te min slaap, hormoonveranderinge, flikkerende ligte en selfs tandprobleme.

Vitamien B3 bevorder bloedvloei na die brein. Aandblomolie is anti-inflammatories en help dus.

Soek mediese hulp indien dit gereeld voorkom.



(photo: Liza Summer)

31.12.24

Hoes

Hoes is die vinnige uitstoot van ingeasemde lug deur 'n vernoude keel, gepaardgaande met 'n plofgeluid. Dit word normaalweg veroorsaak deur een of ander prikkeling in die lugweë.

Voor jy volgende keer apteek toe hardloop vir duur medikasie, probeer eers heuning. Dit werk soms beter as sommige hoesmedisyne.

Boereraat:

Antimoonwyn kan gebruik word vir verkoue en koors en maak ook die slym los by hoesbuie.

♦♦♦

As ’n kind sukkel met slym op die bors. Meng 250 mℓ heuning met 5 mℓ bakpoeier. Gee gereeld 5 mℓ daarvan vir die kind. Dit sal die slym baie gou losmaak. Die mengsel kan in 'n flessie met 'n skroefdeksel gebêre word en gebruik word wanneer nodig.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids