’n Verrekking kom voor wanneer ’n spier of spiergroep met geweld en skielike beweging te vêr gerek en moontlik geskeur word.
Simptome en tekens
• Skielike skerp pyn op die plek van die besering. Die pyn kan uitwaarts versprei en kan deur styfheid of ’n kramp gevolg word.
• Daar is normaalweg swelling op die plek van die besering.
Behandeling
1. Maak die persoon gemaklik.
2. Lig die beseerde ledemaat op en hou dit stil.
3. Hou ’n kou kompres daarop indien dit pas verrek is.
4. Neem die persoon na ’n hospitaal.
Mediese inligting en boererate in Afrikaans - Ons bly op hoogte van die jongste navorsing oor 148 plante in wetenskaplike joernale ter ondersteuning van primêre gesondheidsorg.
17.1.18
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)


No comments :
Post a Comment