Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



24.10.16

Koester jou swangerskap

Jou gids vir ’n kommervrye swangerskap en onvergeetlike geboorte

Dit sal jou help om jou keuses met insig en aanpasbaarheid uit te oefen en van die angstigheid ontslae te raak.

“As jy swanger is of swangerskap beplan, hoort hierdie boek op jou rak of jou bedkassie saam met Koester jou Baba en Slaap Kindjie Slaap.” Tina Otte, skrywer, spesialisredakteur Your Pregnancy-tydskrif.
Swangerskap is ’n ervaring soos min. Dit is die begin van ’n nuwe lewe, maar ook die geboorte van ’n ma wat met die verloop van nege maande op elke denkbare manier verander – fisies, emosioneel en sosiaal. Jou voeding, welstand en emosies gedurende hierdie wonderlike tydperk speel ’n rigtinggewende rol in die res van jou baba se lewe. Die ervaring moet vir jou ook veilig en behoudend wees sodat jy jou baba reg kan laat wegspring en sy potensiaal ontgin.

Die geboorte, wanneer jou baba haar verskyning in ons wêreld maak, is ’n diep betekenisvolle oomblik – een wat jy nie kan herhaal nie. Deur ten volle ingelig te wees, jou opsies te verstaan en ’n aktiewe rol te speel in die keuses wat gemaak word, sal ’n enorme verskil maak. Uiteindelik is dit nie belangrik hóé jou baba gebore word nie; wat belangrik is, is hoe jy dit ervaar en dat alles veilig afloop.

Lees Koester jou Swangerskap en raak ontslae van die angstigheid wat die onbekende meebring. Dit sal jou help om jou keuses met insig en aanpasbaarheid uit te oefen.
• Voorbereiding vir swangerskap
• Geboortekeuses
• Jou groeiende baba week vir week
• Jou veranderende liggaam week vir week
• ’n Gids tot die geboorteproses
• As jou baba te vroeg gebore word
• Jou nuweling se eerste dae en weke.

“Hierdie boek kon nie op ’n beter tyd or my pad gekom het nie. As swanger leser het ek dit as deeglik, gebruiksvriendelik en realisties ervaar. Dit het boonop soveel van my bekommernisse uit die weg geruim dat ek seker is alles sal goed afloop wanneer my baba kom – presies wat elke verwagtende vrou nodig het.” Lisa Raleigh, mediapersoonlikheid en welstandskenner.

“Dit was wonderlik om hierdie boek te lees ... so verfrissend om weer herinner te word aan die hele spektrum van die lieflike, verstommende ervaring wat swangerskap en geboorte is.” Kate Christie, Vroedvrou

“Geen vrou hoef vandag haar swangerskap en haar baba se geboorte bang en oningelig tegemoet te gaan nie. Voornemende ouers het toegang tot ’n magdom inligting en met hierdie boek sal jy goed ingelig en toegerus wees. Die skrywers het alles gedek wat jy gedurende die kinderbarende fase van jou lewe moet weet, en beskou alles met die ontwikkelende baba as vertrekpunt, maar ook vanuit die ma se perspektief.

Die inligting en raad in hierdie boek verskaf nuttige riglyne oor vele van die prosedures en opsies wat vandag beskikbaar is en sal vir seker daartoe bydra dat jy jou swangerskap en geboorte positief ervaar.” Tina Otte, skrywer, spesialisredakteur Your Pregnancy-tydskrif
“Hierdie jongste boek vir vroue en hulle gesondheidswerkers oor die wonderlike, maar dikwels moeilike en uitdagende ervaring van swanger raak, en bly, en geboorte te skenk aan ’n gesonde baba, is propvol praktiewe en wyse raad ... [Dit] beklemtoon hoe noodsaaklik dit is om te verstaan hoe belangrik gebeure voor en na die geboorte is; dat dit skep van ’n veilige en liefdevolle omgewing vir die ma, pa, baba en gesin deurslaggewend is vir die suksesvolle ontwikkeling van die volgende geslag. ” Lynette Denny, Hoof en Professor, Verloskunde en Ginekologie, Universiteit Kaapstad en Groote Schuur-hospitaal


Koester jou swangerskap / deur Megan Faure, Jacky Searl, Heather Wood -- Metz Press, Augustus 2016; 176 p. ; sagteband. -- ISBN 9781928201960

Koester jou swangerskap,
Bettie Blom,
24 Oktober 2016.
2

No comments :

Post a Comment