Operasies met robot-arms waar die chirurg in drie dimensies sien wat hy doen maar nie voel nie, het die landskap van snykunde ook in Suid-Afrika verander, berig Elsabé Brits.
Die Da Vinci-robotgeassisteerde chirurgiese stelsel bestaan uit ’n afstandbeheerde monitor waar die chirurg sit en drie robot-arms, verder weg, laparoskopies beheer om te opereer.
Die stelsel se kamera vergroot alles wat die dokter sien tien maal.
No comments :
Post a Comment