Hondsdolheid is ’n potensieel dodelike siekte wat versprei word deur die speeksel van besmette diere.
Die siekte kom dwarsdeur Suider-Afrika voor en word gewoonlik oorgedra deur besmette honde of meerkatte.
As iemand gebyt word, behandel die persoon soos vir ’n dierbyt. Neem dan die persoon na ’n hospitaal sodat ’n entstof teen hondsdolheid toegedien kan word.
Die dier moet afgesonder word sodat ’n veearts dit kan ondersoek om te bevestig of dit besmet is. Indien die dier ontsnap moet die polisie in kennis gestel word.
Mediese inligting en boererate in Afrikaans - Ons bly op hoogte van die jongste navorsing oor 155 plante in wetenskaplike joernale ter ondersteuning van primêre gesondheidsorg.


No comments :
Post a Comment