Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



3.9.14

Versmoring

’n Ander naam vir versmoring is asfiksie, maar mens verstaan versmoring beter. Basies beteken dit dat liggaamsweefsel nie genoeg suurstof ontvang nie.

Die simptome is:

• Moeilike asemhaling; die tempo en diepte van die asemhaling sal toeneem
• Die asemhaling kan raserig raak.
• Moontlike skuim om die mond.
• Blou lippe en vingernaels.
• Verwarring.
• Moontlike bewusteloosheid.
• Die asemhaling kan ook ophou.

Versmoring kan verskeie oorsake hê. Byvoorbeeld:

• ’n Obstruksie in die lugweg, soos byvoorbeeld ’n bewustelose persoon se tong, dit kan voedsel wees of vomering.
• ’n Kussing of plastieksak kan dit veroorsaak.
• Vloeistof in die lugweg kan die oorsaak wees.
• ’n Samedrukking van die lugpyp kan dit veroorsaak, byvoorbeeld as iemand verwurg word.
• Die borskas kan saamgedruk word en dit kan versmoring veroorsaak, byvoorbeeld tydens ’n grondstorting.
• Besering van die longe.
• Besering van die borskaswand.
• ’n Toeval kan jou asemhaling beïnvloed.
• Dit kan ook gebeur dat dele van die brein of senuwees wat asemhaling beheer beïnvloed word, byvoorbeeld deur elektriese skok, vergiftiging, besering van die rugmurg of ’n beroerte.
• Die suurstof in die lug kan ook die oorsaak wees, soos in ’n rookgevulde gebou of die verandering van atmosferiese druk in ’n vliegtuig.

Die persoon moet kunsmatige asemhaling kry en professionele mediese hulp.

No comments :

Post a Comment