Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



20.12.22

Raadop oor bloedklont

Raad Op van Plettenbergbaai skryf: "Wat help vir bloedklonte? Het dit gekry na my kuisersnee. My baba is al amper twee en dit is nou nog nie beter nie."

Antwoord: 'n Bloedklont is 'n stuk gestolde bloed wat 'n bloedvat verstop. Daar is verskeie opsies om te oorweeg wanneer jy 'n bloedklont wil behandel of laat verwyder. Jou liggaam kan self met tyd die bloedklont vernietig, maar soms is dit nodig om dit te laat doen weens potensiële skade. Die finale besluit moet geneem word saam met 'n dokter wat goed vertroud is met jou mediese geskiedenis.

Medikasie is een opsie. Normaalweg word medikasie gebruik wat jou bloed verdun. Dit verhoed dat die bloedklont groter raak of losbreek en in een van jou organe beland. Laasgenoemde kan jou dood veroorsaak.

In meer ernstige gevalle word 'n kateter in die aar gedruk en medikasie word direk aan die bloedklont toegedien. Hierdie tipe medikasie breek gewoonlik die klont dadelik op.

Daar is ook 'n klein metaalfilter wat geplaas kan word in die aar wat na jou hart toe gaan. Die filter vang alle bloedklonte, maar laat bloed normaal deur. Dit word na 'n tyd verwyder. Die filter word ingesit by 'n aar in jou been, nek of arm.

In baie ernstige gevalle sal 'n operasie nodig wees om 'n bloedklont te verwyder.

2 comments :

  1. Anonymous28/7/15 21:52

    Ek het 'n bloed klont gehad so 3 jaar terug die dr het my op wafern gesit maar ek wil baie graag weet, wat die bestandele is in wafren.

    ReplyDelete
  2. hi x ht 2klonte in my nek in aar ht so mnd trug gval nd no bgin x duislig voel nd siens so dof soms klonte so Groot soos ertji was by dokter maar gee nt pyn pille pyn baiee agter kop dok se is stres maar x glo ni wnt aar gswel btji in nek nd knop ook in kop

    ReplyDelete