Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



15.4.13

Mantelvliesbreuk vrae - spastiese slukderm, spastiese kolon, pyn, alkohol, borspyn, sluk, sooibrand, blaasontsteking


JC Erasmus skryf: "Ek is gediagnoseer met 'n spastiese slukderm, spastiese kolon en 'n mantelvliebreuk. My problem het sowat 4 jaar gelede skielik uit die bloute begin. Ek sukkel nie met enige probleem wat direk met die kolon verband hou, soos bv hardlywigheid, nie. Wat wel progressief erger geraak het met die verloop van tyd is 'n gevoel van erge benoudheid in my bors asook 'n gesukkel (van tyd tot tyd) om behoorlik te sluk. Dis asof my keel toetrek en kurkdroog raak, wat veroorsaak dat ek aanhoudend moet sluk voordat ek verligting kry. Soos genoem is ek dan ook erg benoud en het dikwels 'n pyngevoel net onder die borsbeen. Kry ook pyn rondom hart-area. Bevispass, espiride, librax en lansoloc is voorgeskryf wat ek nou al ongeveer 5 maande gebruik. Dit wil egter voorkom asof vermelde medikasie nie regtig help nie. Rook en alkohol veregrer definitief toestand- as ek 'n aand byvoorbeeld oormatig gedrink het sal vermelde pyn, ongemak en erge "sluk-probleem" die volgende dag heeldag voortduur. Is daar enige lig in die tonnel wat herstel/verbetering aanbetref, miskien ander medikasie?"

Antwoord: JC, jy noem nie of jy jou mantelvliesbreuk laat herstel het nie. Dit is 'n eenvoudige operasie en kan groot verligting bring.
Indien jou stresvlakke baie hoog is moet jy ook so gou moontlik daaraan aandag gee.



Connie Burger skryf: "Ek is verlede jaar verwys na 'n hart en long spesialis omrede ek geweldige hart pyne op my bors gekry het. Dit het gevoel of ek 'n hart aanval kry, maar daar is toetse op my gedoen, en geen probleem met hart is gevind nie. Wat die dokter wel gesê het is dat ek 'n mantelvlies breuk het. Simptome van 'n mantelvlies breuk is borspyne ook. Hy het aan my verduidelik date k 'n kleppie he twat in my sluk pyp is. Die kleppie lyk my maak nie lekker oop en toe nie. Dit is ook waarom ek so gereeld sooibrand het, en my kos stoot terug op, en daarom is ek naar. Ek het antibiotika gekry en alles het beter geraak.
Verlede week het ek weer so siek begin voel, maar die keer het dit gevoel of ek nier en blaas ontsteking het. Ek het ook op 'n stadium gedink ek het dalk longontsteking (my rug het so gepyn). Intussenin het ek sooibrand gekry, en my maag was vreeslik opgeblaas. Ek het ook begin dink daar 'n groot fout met my vrouedele (omdat ek so vreeslik pyn gehad het orals oor my maag). Toe begin dit seer raak onder my arms, en toe dink ek dis my kliere. Ek het deur al die simptome ook vreeslik koors gehad.
Ek is toe gistermiddag na 'n ginekoloog toe sodat ek kan seker maak daar is niks met my vrouedele verkeerd nie. Die dokter het toetse gedoen. Ek het nie nier of blaas infeksie nie. My eiestokke is 100% reg en my baarmoede makeer niks. Die dokter het aan my gesê hy vermoed dit is die mantelvlies breuk wat die liggaam geinfekteer het, dit is waarom ek al die simptome kry. Hy het ook aan my genoem dat so mantelvlies breuk mens baie siek kan maak.
Wat dink u. Het ek 'n mantelvlies breuk? Wat kan ek doen om dit reg te kry. Ek het gehoor daar is 'n operasie wat mens kan laat doen.
Ek is nou 36 en wil baie graag swanger raak. Ek het vir jare depo provera gebruik, en het dit nou eers in Desember gelos. Ek drink intussenin Folic Acid 5mg. Kan dit die folic acid wees wat my so siek laat voel. Is daar enige iets anders wat ek kan drink wat kan help dat ek swanger raak.
Dankie dat u gelees het en hoop om van u te hoor."

Antwoord: Connie, ek sou na die dokters luister. Maak seker jy laat kyk na daardie mantelvliesbreuk. Dit kan met 'n eenvoudige operasie herstel word. Hulle sny jou ook nie meer hiervoor nie, maar doen die operasie deur klein gaatjies te maak.
Jy is bietjie oorhaastig met die swangerskap. Ontspan en laat eerste na jou mantelvlies kyk.

23 comments :

  1. Anonymous2/5/13 20:23

    Hi. Hoop iemand kan help, sit met n mantelvliesbreuk, is op medikasie Omez 20mg, di pyn is effens beter, maar bly opgeblaas voel, sit ook met n hees stem nou en dan en droe keel, is al raadop.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi. Ek het dieselfde simptome /gehad. Ons moet kyk wat drink ons alles, even hormoon pille en vitamines kan bots met medz.

      Droë mond/keel is die mantelvlies breuk unless jy moontlik iets anders fout het soos diabetes ex...

      Met gastrokopie het hulle baie vd verkeerde bakterieë in my maag ex... ontdek en nou is ek op antibiotics.

      Behalwe dat ons moet kyk na newe effekte, onthou om te kyk na contraindications v medz en jou dieet. Bv vermy suiker en drink baie water. Ex...

      Delete
  2. Anonymous27/8/13 13:06

    Hi .Sit ook met i mantelvliesbreuk somtyds voel dit of da tee veel slym op my maag is en my maag bly vol.Ek sukkel vreeslik met sooibrand in die oggend voel dit of my kos nog in my keel is .Dit raak somtyds vreeslik seer en ek verloor vreeslik gewig .Wat kan ek doen of gebruik en is dit dalk gevaarlik wat kan ek gebruik .Soek raad asseblief.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous27/8/13 14:03

      Is dalk beter om 'n dokter te spreek, sodat jy kan uitvind hoe erg jou problem is.

      Delete
    2. Anonymous17/2/14 19:27

      Het n mandelvliesbreuk van 2012 is op pille en als maar daar is 2 goed wat my baie help!! Eet turlingten en kondensmelk en drink rooipeper of gooi dit op jou kos

      Delete
    3. Hi. Rooi peper het baie voordele, maar vir ons met mantelvlies breuke, ulcers ex... Moet ons probeer weg bly van goed wat jou meer gaan brand en sooibrand veroorsaak.

      Delete
  3. Anonymous13/2/14 14:52

    Wat kan ek gebrruik vir mantelvlies breek ek het ontsettend pyn op my krop van my maag en keelseer. En is n diabeet ook en erg naar

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous18/2/14 11:08

      Indien die breek erg is moet jy eerder by 'n dokter kom.

      Delete
  4. Anonymous17/2/14 11:25

    Hi,ek het so 4 jaar terug n mantel flies breuk opperasie gehad, en al die sooibrand en als is weg, maar nou sukkel ek met n geswelde maag vol winde omdat ek nie kan berb nie kan dit baie ongemaklik raak soms, ek kry ook n snaakse pyn as ek op n sekere posisie le of sit die pyn is naby een van die operasie snytjie net onder mu rubbekas.

    Johnny

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous18/2/14 11:22

      Johnny,
      Mens moet nie kanse vat met sulke pyne nie. Gaan sien 'n dokter en vind uit wat daar aangaan.

      Delete
    2. Hi. Ek stem met vorige persoon. Gaan sien eerder jou dokter.

      Dit is een vd redes hoekom myne nie op my wou opp nie. Dat gas sukkel om uit te kom ex... Maar my mantelvliesbreuk is klein en ek sukkel met gasse en spastiese derms.

      Ek het van iets gehoor by 'n mediclinic. Iets van pypie deur neus druk maag toe dat gas kan ontsnap. Laat die professionele mense dit doen.

      Unless jy soos ek, teveel verkeerde bakterieë in maag het, dan sal doc jou op antibiotics sit.

      Delete
  5. Anonymous17/2/14 19:17

    Ek is 25 het in 2012 die 22ste des. Siek geraak my bors het heel temal toe getrek en het bja pyn op my maag gehat! Is op geneem in die hospitaal met dubbel longontsteking en n maag seer, 2 weke later is ek ontslaan maar het nie beter geraak nie ek koni eet nie het bja winde gehat naar gebly het skaars ge eet dan voel dit die kos steek vas en wil nie af nie was in 2013 2 keer n maand by die dr het omg 20mg pille gekry dit help vir die brand maar het nog baie hardklopping en pyne in my bors gekry, as ek eet voel dit of eki asem kry nie, asof iets swaars op my bors druk!! Ek het nov. 2013 turlington en kondens melk begin eet en dit werk soos n bom! Weet van baie mense wat gegaan het vir n mandelvlies operasie wat baie probleme het vandag!!! My skoonma loop al 7 jaar met n mandelvlies breuk en moun glad nie! Al wat sy eet is turlington en kondensmelk!!! Vir die hartklopping drink ek rooipeper in bietjie water (jy kry rooipeper pille ook wat beter werk) as ek my maag pil gedrink het en my maag bly brand drink ek rooipeper (mense met laebloeddruk moet versigtig wees met rooipeper dit verlaag jou bloeddruk)!!!! Rook en alkol vererger dit baie so vermy heel temal! Probeer kosse eet wat nie baie suur bevat nie!!!!

    ReplyDelete
  6. Goeie naand

    Ek was 10 jaar terug met n mantelflies breuk gediagnoseer. Eers het ek nie baie simptone gewys nie, vandag na Al die tyd sukkel ek vreeslik.. Ek het n benoude druk op my bors asof iemand my vas druk, asook pyn in my bors-nie aanhoudend nie. Ek was Al op baie medikasie Wat nie regtig verligting gee nie. Snaaks kry ek nie sooibrand nie. Is die alles maar simptome van n mantelflies breuk of kan dit iets anders wees? Ek was nie vir die opperasie nie. Dankie baie

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi. My mantelvlies breuk doen dit ook, maar ek het vlak A (klein). Nie opp nie,teveel newe effekte.

      Anxiety kan ook jou bors "vasdruk" ex... Mens kom dit eers agter as mens daarop konsentreer en emosies/omstandighede beheer.

      Dit hang seker ook af v watter sonars, xrays ex... jy al gegaan het. My longe, blaas ex.. Lyk als reg. Dalk inflasie, infeksie ex. wat weer plaas gevind het.

      Of teveel verkeerde bakterieë omdat ons dieeet nie reg is nie, bv teveel suiker inane vererger bakterieë.

      Hoor eerder by jou dokter

      Delete
  7. Goeie naand

    Ek was 10 jaar terug met n mantelflies breuk gediagnoseer. Eers het ek nie baie simptone gewys nie, vandag na Al die tyd sukkel ek vreeslik.. Ek het n benoude druk op my bors asof iemand my vas druk, asook pyn in my bors-nie aanhoudend nie. Ek was Al op baie medikasie Wat nie regtig verligting gee nie. Snaaks kry ek nie sooibrand nie. Is die alles maar simptome van n mantelflies breuk of kan dit iets anders wees? Ek was nie vir die opperasie nie. Dankie baie

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dit klink na 'n breuk. Die oplossing is natuurlik om dit te laat herstel.

      Delete
  8. This comment has been removed by the author.

    ReplyDelete
  9. ek was nog nie y dokter nie maar ek sukkel met erg pyne wat voel soos kraam kontraksies.Ek sukkel om kos binne tehou en die pyn is konstant onder my bors en as ek piepie dan brand dit vreeslik> enige raad

    ReplyDelete
  10. Anonymous23/3/17 20:55

    Hi ek het al 3jaar n mantelvliesbreuk drink pille kry baie pyne in my bors voel amper soos n hartaanval is op kalmeer pille dok se ek sters te veel is dit deel van di mantelvliesbreuk en mag n mens maag oefeninge doen.

    ReplyDelete
  11. Ek ly aan erge naarheid, sooibrand ens. Ook paar jaar terug gediagnoseer met mantelvliesbreuk. Dr sê dit is te Klein om te herstel maar simptome raak net erger. Wat nou?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous9/8/19 10:46

      Dit kan wees dat die skeur nou groter is. Stel voor jy gaan vir 'n nuwe diagnose.

      Delete
    2. Hi. Ek stem met vorige persoon se comment.

      Het jy by die dieet gebly wat hulle voorgeskryf het? Dit is moeilik veral as ons van sekere soetgoed hou ex..

      Soms bots medz, hormoon pille, vitamines ex... Kyk na newe effekte en contraindications.

      Delete
  12. Hi. Het almal met mantelvlies breuk ook rugpyn?
    Ek gaan môre specialiste sien. Ek het concrete footstep goete geskuif en só myself seer gemaak.

    Fisio en biotikinis sê hulle vermoed my rug kussings het geskuif of geskeer. Gewone xrays wys dit nie, net dat my spine se bene in goeie kondusie is.

    ReplyDelete