Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



7.3.13

Vrae oor nierstene


Philippus van der Walt skryf: "Ek het nierstene gehad wat dr uitgehaal het. Ek het toe vir 'n week met pypies geloop. Ek is 'n 43-jarige man. Ek het nou vir 3 weke al infeksie. Is dit normaal en my sy pyn nog."

Antwoord : Pyn na so 'n operasie is nie ongewoon nie en gaan normaalweg na 'n paar weke weg. Enige infeksie na so 'n operasie moet egter onder die wakende oog van jou dokter bly. Dit kan 'n hele paar weke neem om op te klaar na behandeling.




Anoniem skryf: "My seun het kort kort nierstene. Van die stene is getoets en daar is bevind dat hy te veel kalsium in sy gestel het en dat dit die stene veroorsaak. Is daar iets wat hy kan gebruik om dit te voorkom of dalk oplos of dalk 'n dieet wat sal help? Hy het geweldig pyn en die dokters het slegs 'n waterpil voorgeskryf. Hy maak 'n punt daarvan om baie water te drink."

Antwoord: Meeste nierstene bevat kalsium. Die probleme tree in by die manier wat sy liggaam kalsium absorbeer of die manier wat sy liggaam daarvan ontslae raak. Soms is dit die metaboliese stelsel wat jy by iemand erf wat dit veroorsaak, die spysverteringstelsel of dalk word dit veroorsaak deur medikasie. Boonop is daar heelwat geval waar nierstene meer as een oorsaak het.
Kalsiumsteentjies word gevorm uit sekere bestanddele wat in groente en vrugte voorkom, maar grotendeels deur die lewer self vervaardig word. Tesame met ander moontlike oorsake wat reeds genoem is, asook miskien te veel vitamiene D, word die kalsiumsteentjies gevorm.
Nog 'n faktor is te min oefening, wat veroorsaak dat die bene ekstra kalsium vrystel.
Dit is reg, water is belangrik, omtrent 3 en 'n half liter per dag. Maak ook vir hom 'n suurlemoendrankie met vars suurlemoensap. Een glas hiervan per dag. Dit help om die steentjies op te breek.
Wat die dieet aanbetref moet hy beperkte hoeveelhede beets, spinasie, patats, sesamesaad, amandels en soja inkry. Sy dieet moet ook min sout en min diereproteïene bevat. Let tog daarop dat hierdie voorstelle slegs geld vir diegene met kalsiumsteentjies.
Gereelde oefening is ook belangrik.
Vra jou apteker om iets voor te stel vir jou seun se pyn.

11 comments :

  1. Goeie naand,ek het die intense pyn in my rug,vermoed my niere,kry dit so erg en bly aaneen pyn,kan dit my niere wees?of dalk nierstene?my liggaam bou water op,ek gebruik al 18jaar waterpille,sodra ek ophou dit drink blaas ek op,ek is 43,groete

    ReplyDelete
  2. Ek het by 'n omie van 84 gehoor dat hy 1 teelepel soetolie elke oggend op 'n nugter maag gedrink nadat hy op 40jarige ouderdom nierstene gekry het. Hy het nooit ooit weer daarna 'n niersteen gehad nie, maar hy het elke dag sy soetolie gedrink.

    ReplyDelete
  3. Anonymous22/7/14 13:47

    Hi ek is 30 jaar oud ek het pyn in my lae rug aan my regter kant en my regter arm raak ook lam as ek dit vir 'n kort tydjie gebruik en my nek is styf en my lyf is styf as ek in die oggende opstaan nou ek wil net weet of ek nierstene het en of dit ook sommer jou maandstonde kan beinvloed laat weet groete

    ReplyDelete
  4. Anonymous22/7/14 13:47

    Hi ek is 30 jaar oud ek het pyn in my lae rug aan my regter kant en my regter arm raak ook lam as ek dit vir 'n kort tydjie gebruik en my nek is styf en my lyf is styf as ek in die oggende opstaan nou ek wil net weet of ek nierstene het en of dit ook sommer jou maandstonde kan beinvloed laat weet groete

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous15/8/14 13:51

      Dit klink nie soos nierstene nie. Die pyn van nierstene is so erg dat mens nie kan funksioneer nie. Dit is glo erger as om geboorte te skenk. Gaan vir 'n ondersoek om vas te stel wat jou problem is.

      Delete
    2. Watse kosse moet vermy word met nierstene

      Delete
  5. wat se kos mut j vermy as een nier stene he

    ReplyDelete
  6. my rug het so warm gevoel daai waar die holtetjies is kan die dalk nier probleme wees sal graag wil weet ek drink Menacal 7 dis n kalsiumaanvulling asook magnesium nie baie lief vir water drink weet nie van nierprobleme in die familie net 1 broer het nier probleme gekry hy se hy het net 1 nier wat werk

    ReplyDelete
  7. Ek het pyne wa my niere moet wees.dit kom en gaan heeldag.was by dokter,wat toe se dit is nierstene.hy ht my n voorskrif gegee,maar na 2weke is die pyne weer terug..wat kan dit wees?

    ReplyDelete
  8. Ek is 42 het nierstene dit verhoed my om my blaas leeg temaak kan net bietjie water uitlaat op n slag dan blok dit wat kan ek drink om die stene op te los

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous11/5/20 11:07

      Jy is veronderstel om baie water te drink om dit uit te spoel. Hou duim vas dit kom uit, anders sal jy moet mediese hulp kry.

      Delete