Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



25.3.13

Vrae oor medikasie

J Reynders skryf: "Is dit skadelik om vicks aan my dogtertjie se borsie te smeer, sy is nou 14 maande?"

Antwoord : Word aangeneem jy praat van Vicks VapoRub. Dit behoort nie gebruik te word vir kinders jonger as 2 jaar (24 maande) nie.

Chantell Lombard skryf :
"Is dit normaal vir die medikasie wat aan my voorgeskryf is vir my maagseer om my hoofpyn, sensitiewe vel, bene wat pyn en ongelooflik gevoelige borste te gee (ek het 'n baba van 5 maande en borsvoed nog)."

Antwoord :Jy noem ongelukkig nie wat die medikasie is nie, maar meeste medisyne kan newe-effekte hê. Op die medikasie se voubiljet sal hulle die moontlike newe-effekte aangee. 'n Mens moet altyd die inligting nagaan voor jy die medikasie neem, swanger vroue en vroue wat borsvoed net meer so.

2 comments :

  1. Middag, kan iemand dalk vir my se waarom voel ek erg siek wanneer ek geel of groen tablette drink? Ek wil graag weet watter bestanddeel daarin maak my siek. Baie dankie

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous21/6/13 19:29

      Of die kleursel irriteer jou of jy moet oorweeg dat dit psigosomaties kan wees.

      Delete