Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



19.11.12

Vrae oor gordelroos


Lee skryf: "Dit is al die derde keer wat ek met Gordelroos gediagnoseer is, die eerste keer verlede jaar en nou al twee keer die jaar, in die verloop van 3 maande! Ek is raadop, ek is nou 29, het nog nooit koorsblare gekry nie, en nou wil dit blyk dat hierdie virus nie uit my sisteem wil gaan nie. Die pille is duur en die behandeling daarvan neem lank. Is daar nie tog een of ander "immuun-booster" wat ek kan drink om dit te verhoed om uit te kom nie? Dit is ook elke keer aan my een boud en die simptome voor dit uitkom is dieselfde: Dit voel of ek my stuitjie seergemaak het en ek is besonders moeg, dan kan ek maar weet dat ek die blaas die volgende dag sal opmerk. Asseblief gee raad!"

Antwoord: Wanneer mens waterpokkies opdoen kan die virus in die senuwortel van die ruggraat beland en permanent dormant daar lê. Dit kan van tyd tot tyd aktief raak, veral wanneer jou immuunsisteem deur siekte of stres afgetakel is. Dit vorm gewoonlik so 'n blaas of groep blasies op die vel. Daar kan ook skerp steekpyne in die aangetaste area voorkom. Die teenvirusmiddel akiklovir kan die pyn en die aanval verlig. Verder is 'n gesonde, stresvrye lewenstyl jou beste medikasie. Oefening, reg eet en stresverligting moet vir jou 'n prioriteit wees.

23 comments :

  1. Die dr se ek het gordelroos. Maar ek het geen rooi uitslag of blasies nie. Moet ek n bloedtoets laat
    neem om seker te maak ? Ek het pynpille gekry en dit help in n mate maar ek moet elke vier uur een drink
    Ek is twee en sestig en verneem dit kom voor by ouer persone. Moet ek maar met dit saam leef of is
    daar n oplossing?

    ReplyDelete
  2. Anonymous22/7/15 09:48

    As dit klaar behandel is, wat kan n mens gebruik wneer dit na die behandeling so jeuk

    ReplyDelete
  3. Kan gordelroos bv aan jou regter been voorkom en die vlg keer aan jou linker arm?

    ReplyDelete
  4. Anonymous15/2/16 14:57

    Is dit raadsaam om te oefen as jy gordelroos het?

    ReplyDelete
  5. Anonymous23/6/16 14:26

    Is die Blad nog in werking en weet iemand soos Dokters werklik hoe om Gordel Roos te behandel veral as n mens al 4 maande met seer binne in jou liggaam rondloop en geen pynpil werk nie, nie eers skedule 4 en 5 pynstillers nie. Ek glo nie want ek het is al deur 7 veskillende medikasie en het nog elke dag uitmergelende pyn. ek dink die Mediesie wil net geld maak en nie die probleem oplos nie of hulle kan nie.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Ek is nou self deur gordelroos, medies is dit maar min wat klaarblyklik gedoen word, d antivirale middel wat jy binne 72 uur moet drink, ek het dit gedoen, en d herstel was erger as d hel self, so ek weet nie of dit enige verligting bied nie.
      Met die blase staduim, het ek Beez-wax aangesmeer, dit bring verligting id brand en genees die blase binne 1 week, dan moet jy maar alle raad volg,
      Bv, Lyrica 150mg 3x per dag
      Vitamin C, dubbel dosis
      L-lysine, 2000 mg per dag , hou aan daarmee
      Ibibrufen 400mg pynpille, koop oor die toonbank v Adco
      Aambuie salf, Anethine, dit verdoof die vel, en maak nie d vel droog nie
      Vitamine B, Neurobion 3x per dag
      Ek voel ek kan n boek skryf oor Gordelroos, moet maar d 1 ste 3 weke verkieslik probeer baie slaap, in elk geval voel mens so pateties, jy wil jouself nie eers sien nie, ek het vd 2 de week af id middae 1 uur huis toegekom, en geslaap. Dit het baie gehelp, want jy moet ook baie oppas , jy raak gou deppressief

      Delete
    2. Ek is nou self deur gordelroos, medies is dit maar min wat klaarblyklik gedoen word, d antivirale middel wat jy binne 72 uur moet drink, ek het dit gedoen, en d herstel was erger as d hel self, so ek weet nie of dit enige verligting bied nie.
      Met die blase staduim, het ek Beez-wax aangesmeer, dit bring verligting id brand en genees die blase binne 1 week, dan moet jy maar alle raad volg,
      Bv, Lyrica 150mg 3x per dag
      Vitamin C, dubbel dosis
      L-lysine, 2000 mg per dag , hou aan daarmee
      Ibibrufen 400mg pynpille, koop oor die toonbank v Adco
      Aambuie salf, Anethine, dit verdoof die vel, en maak nie d vel droog nie
      Vitamine B, Neurobion 3x per dag
      Ek voel ek kan n boek skryf oor Gordelroos, moet maar d 1 ste 3 weke verkieslik probeer baie slaap, in elk geval voel mens so pateties, jy wil jouself nie eers sien nie, ek het vd 2 de week af id middae 1 uur huis toegekom, en geslaap. Dit het baie gehelp, want jy moet ook baie oppas , jy raak gou deppressief

      Delete
    3. Drink elke oggend n teelepel tumeric. Ek was binne 3 weke gesond.

      Delete
  6. Anonymous18/4/17 15:47

    may i put heat on for painrelief

    ReplyDelete
  7. Is dit goed om hitte soos warmwatersak te gebruik vir verligting?

    ReplyDelete
    Replies
    1. As dit werk vir jou, doen dit.

      Delete
  8. Ek sukkel nou 12 weke.dis werklik verskriklike ding....kon niebinne 3 dae gediagnoseer word nie......ht dt herken omdat ek 4 jaar gelede met n uitslag gehad ht maardie keer was daar geen uitslag nie.het ook n drukkende gevoel op my voorkop en dan my neus en met tye pins en needles op my neus en mond en selfs oor my hele liggaam.

    ReplyDelete
  9. Ek het gordelroos onder die vel gehad sonder uitslag. Sukkel nou al 3jr met herhaaldelike sarsies wat dit terug kom. Ek is moedeloos. Dit maak my gedaan. Ek hoor hulle sê jy moet weer gaan vir die waterpokkies inspuiting. Ek gaan dit probeer.

    ReplyDelete
  10. Die beste advies wat ek kon volg was om die uitslag koel te hou en oop te hou. Ek het n teelepel borrie met n halwe glas water gedrink 3x per dag. Binne enkele dae was die uitslag weg. Nie baie lekker nie.

    HOU DIE UITSLAG KOEL.

    ReplyDelete
  11. My man het gordelroos, sukkel nou al vir 3 weke met intense pyn, het dit gelukkig vinnig behandel, maar die pyn is vreeslik, niks help, die uitslag is amper weg, als in die gesig en kop gewees, sie dat borrie help ook daarvoor, sal dit probeer
    Enige ander raad?

    ReplyDelete
  12. Borrie met knippie swart peper Daar is iets in swart peper wat maak dat jou liggaam 2000 % keer meer borrie in neem as normaalweg en smeer aalwyn gel op My man glimlag weer

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous10/9/23 08:20

      Hoe het jy die swart peper en borrie gebruik

      Delete
  13. Anonymous18/2/23 23:49

    Hule se gorelroos is HIV

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous20/2/23 14:24

      Dit is nie waar nie. Gordelroos is 'n virus afkomstig van waterpokkies. Dit is normaalweg dormant in jou ruggraat. Wanneer jou immuniteit afgetakel is kan dit aktief raak.

      Delete
  14. Anonymous7/1/24 09:36

    Kry mens inwendige gordelroos?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous8/1/24 10:37

      Nee, jy ervaar wel sekere simptome intern, maar die geaffekteerde area is uitwendig.

      Delete