Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



30.4.12

Keisersnee


Marlene Petzer skryf:

"Ek het so 2 weke terug 'n keiser gehad, (my 2 de kind, 1ste een was 'n normale bevalling), wil net graag weet hoe lank dit omtrent neem vir die baarmoeder om terug te keer na sy normale grote. En op watter stadium mens kan begin met maagoefeninge?"

Antwoord:

Jou pad na herstel begin met stap. Kom so gou as moontlik op jou voete. Dit help ook om hardlywigheid te verminder en verhoed bloedklonte.

Rus die eerste ag weke en moet niks swaarder as jou baba optel nie. Geen seks vir ses weke nie.

Goeie postuur is belangrik en hou jou maag vas net onder die insnyding waneer jy lag, nies of gestamp word.

Indien jy so voel kan jy op ag weke begin met ligte oefening. Bou stelselmatig op na strawwer oefening.

Volkom herstel hang af van persoon tot persoon.

5 comments :

  1. Anonymous2/6/16 15:23

    Hoelank na 'n keisersnee kan mens weer swanger raak? Ons het ons baba op 37 weke verloor agv hartjie wat ophou klop het. Ek wil so gou as kan weer swanger raak. Het ook 4 weke na my keiser galblaas laat verwyder.

    ReplyDelete
  2. Ek en my man is 2jaar getroud ons en ek sukkel om swanger te word ek het 2 kinders albei keiser snit gehad het al alle pille gebruik tans besag met fertil for women gee raad asb

    ReplyDelete
  3. My softer het ñ seer brand gevoel regs waar haar keiser begin. Word dit veroorsaak deur ñ breuk of bloed klont.

    ReplyDelete
  4. Anonymous22/2/23 09:33

    Ek was desember maand swanger toe ek Gaan vir sonar se die dokter ek ht n miskraam gekry ma verlede maand raak ek skielik siek van maagpyne,duislig gooi op en maagwerk was hospitaal my pie is getoets en die suster se ek is swanger,kan ek so Gou swanger geraak ht want toe Gaan ek vi sonar dieselfde oomblik en dokter se die baba Le in verkeerde buis hle moet noodoperasie doen want my buis ht geskeur,is dit nie dalk die ou baba wat dalk in my buis gele ht en die buis geskeur ht nie,want my linkerbuis is verwyder en n keisersnee is gedoen,en hoe ver kan ek dalk gewees het met my swangerskap?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous22/2/23 12:24

      Ja, jy kon weer so gou swanger raak. Dit is waarskynlik wat gebeur het.

      Delete