Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



16.4.12

Bloeding tydens swangerskap


Pam skryf:
Dit is my eerste swangerskap en is baie gespanne oor dit.As ek spotting is dit enige rede vir my om bekommerd te raak en was by die dokter gewees maar sy het vir my gese ek moet nie worry dis normaal.

Antwoord:
Sien antwoord onder en moenie bekommerd wees nie.



Joan Etzebeth skryf:
"My skoondogter is nou 13 weke swanger en sy het nou geringe bloeding, eintlik slegs kolletjies, in haar broekie gesien. Sy is dadelik dokter toe waarna sy medikasie ontvang het. Dit het weer gebeur, hierdie keer 'n bietjie meer, omtrent so groot soos 'n R5 stuk in haar broekie. Die dokter het weer ander medikasie gegee. Kan dit lei tot 'n miskraam of is dit niks om oor bekommerd te wees nie. Dit is haar eerste swangerskap en sy is baie gesond, geen naarheid, pyn of enige iets anders nie."

Antwoord:
Daar kan verskeie oorsake wees. Soms is dit 'n aanduiding van probleme en soms nie. Heelwat vrouens bloei tydens daardie eerste 12 weke van swangerskap, MAAR dit moet altyd ernstig opgeneem word.
Die bloeding kan 'n gevolg wees van:
  • Die inplanting van die bevrugte eiersel, tot en met 14 dae na bevrugting.
  • Enige steuring van die serviks, soos byvoorbeeld na 'n ondersoek of seksuele omgang.
  • 'n Miskraam. 20% van alle vroue het 'n miskraam en dit vind gewoonlik plaas binne die eerste 12 weke.
  • Wanneer die bevrugte eiersel buite die baarmoeder ingeplant is.
  • Probleme met die plasenta.
  • Toestande wat niks met die swangerskap te doen het nie.

Hou altyd jou dokter op hoogte van jou bloeding en skakel hom dadelik wanneer jy pyn, krampe, koors, sametrekkings ervaar of onderskeibaar deeltjies in die bloeding kan sien.

9 comments :

  1. Anonymous12/3/15 16:44

    Goeie dag ek wil graag raad vra. Ek het tekens begin kry dat ek dalk kan swanger wees, soos my hande en voete wat warmer is as gewoonlik, borste wat seer is, ek kan nie meer op my maag lê nie, my maag is meer geswel as gewoonlik, ek gaan baie badkamer toe, ek eet een drink baie meer. Toe het ek gister met 'n baie ligte kleur vloeing begin wat min was en gisteraand het dit meer en donker begin raak en ek het geen pyne soos gewoonlik met die eerste dag van my tyd nie. My tyd was altyd einde van die maand toe dit so paar maande terug na die 15de van elke maand geskyf, so ek is nie seker of dit spotting is en of dit my tyd is wat net vroeër is nie, want ek was nog nooit voorheen swanger nie. Help my asb hoelank is spotting gewoonlik en hoelyk dit? Ek hoop of van jul te hoor. Groete Thelmé Louw jul kan my email by chafriwood@hotmail.com

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous15/4/15 16:50

      Dit klink nie soos spotting nie. Dit sal beter wees as 'n dokter hierna kyk.

      Delete
  2. Ek kry ameka bietjie bruin af en my blaas pyn

    ReplyDelete
  3. Anonymous8/6/20 14:16

    Ek is tans swanger minder as 8 weke en ervaar erger blaaspyne en daar is bloeding ek is Baie bekommerd

    ReplyDelete
    Replies
    1. Ek het die selfde situasie... op 7 weke en 3 dae... eerste termister

      Delete
    2. Hi eks 7 weke swanger amper 8 weke... vir die afgelope 3 daggies het ek maar seer in my baarmoeder... volgens my hosp dr... het ek baarmoeder infeksie... eks bang day ek miskien n miskraam gaan he... kan enige iemand my asb se hoekom kom en gaan my pyne of krampe... dit raak tense....

      Delete
    3. Die pyn is een van die algemene simptome van die infeksie. Sorg dat jy jou dokter op hoogte hou van al jou simptome en dat jy alles doen wat die dokter voorskryf. Voorspoed vir jou.

      Delete
  4. Anonymous29/8/20 23:09

    Hi x nw so 2 weke swanger ht nw begin bloei kn dit nadeelig wees

    ReplyDelete
  5. Hi ek is nou 8 weke swanger en het gister begin te bloei maar is baie min en baie ligte bloed wat kan dit wees

    ReplyDelete