Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



20.3.12

Mondsproei

Philma skryf:
"Ek het met my eerste baba geborsvoed tot met 6weke, die rede was dat my baba sproei om sy mond gehad onwetend en het my aangesteek. Ek het vreeslik gehuil van al die pyne,ens en het dadelik opgehou met borsvoed. Nou is ek weer swanger met my tweede een en wil graag met my volgende baba se borsvoeding verbeter. Hoe gaan dit te werk sonder dat ek weer moet sukkel soos laas met my eerste kind. Ek wil iets reg kry. Gee my raad asb."

Antwoord:

Swamteenmiddels is jou beste beskerming teen sproei. Bespreek dit met jou dokter. Eet ook gereeld jogurt met "kulture".



Liezel Minnie skryf:
"Is dit nodig om jou baba se tong skoon te maak van bottelmelk? Sal die kleintjie mondproei kry as dit nie gereeld gedoen word nie? Dis baie moeilik om 'n baba se hele tong skoon te maak sonder om die kleintjie te laat opgooi of skreeu. Volgens my is die tongetjie ding ouderweds, maar ek vra eerder 'n expert"

Antwoord:

Mondsproei is 'n soort swaminfeksie. Dit kom meestal by babas, bejaardes en persone met HIV voor en kan uitgeken word aan opgehewe roomkleurige, witterige of geel plekkies binne-in die wange en keel. Dit kan lei tot oop sere en letsels indien dit nie behandel word nie. Die beste behandeling is swamteenmiddels, raadpleeg jou dokter.

5 comments :

  1. goeie middag. my meisiekind het blase in haar mond, daar het n suster van n hospitaal by ons kom kuier en melkies in haar mond gesien. sy het vir my vertel dat die blase sproei is. is dit so en hoe kan ek dit wegkry.
    my kind eet niks en drink nie eers melk nie.

    asb help

    ReplyDelete
  2. Sit is sproei.Gaan asb so gou moontlik na jou naaste kliniek of dokter sodat hulle haar kan help.My seuntjie het ook gehad en ek het hom kliniek toe gevat ,die suster het vir hom swamteenmiddel gegee en panado

    ReplyDelete
  3. Anonymous26/5/22 19:12

    Goeie naand my sus se 8 maande baba is besig om tande te kry sy hele tong is wit aangepak en dis nie maklik om skoon te maak is dit dalk sproei?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous27/5/22 10:53

      'n Wit tong is algemeen by baba's. Dit kan sproei wees of gewoon 'n neerslag van melk. Probeer die liggies afvee, as dit nie werk nie dan is dit waarskynlik sproei. Die dokter sal 'n swamteenmiddel voorskryf.

      Delete
  4. Anonymous10/7/22 19:32

    Vaginale sproei

    ReplyDelete