Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



30.5.11

Epilepsie

Nelia Smit skryf: "Wil graag weet wat kan jou doen omtrent epileptiese aanvalle."

Epilepsie is 'n breinaandoening. Epileptiese aanvalle kom voor wanneer die normale werking van die brein onderbreek word. Die senuweestelsel word ontwrig en die lyer het op daardie stadium geen beheer oor sy / haar liggaam nie.

Daar is verskillende soorte epilepsie.

Koorsstuipe by kinders ouer as vyf jaar kan reeds 'n aanduiding wees van epilepsie. Die meeste persone wat hieraan ly kry reeds aanvalle voor hul 20 jaar oud is. Indien die aanvalle gereeld van jongs af voorkom is daar 'n goeie kans dat die aanvalle minder sal word soos die persoon ouer word. Soms verdwyn dit heeltemal.

Sommige mens is geneig om die neiging tot epilepsie te oorerf. Verskeie prikkels, wat op ander mense geen effek het nie, kan 'n aanval veroorsaak. Versteurde slaappatrone, alkohol, stres, 'n gevoeligheid vir lig en koors kan aanvalle meebring in hierdie mense.

Epilepsie kan ook die gevolg wees van infeksie, beserings, beroerte, lae bloedsuiker of alkohol.

Epilepsie kan nog nie genees word nie, maar dit kan so te sê volledig beheer word met medikasie.

Daar is sommige geneeshere wat wys op die belangrikheid van 'n ketogeniese dieet. Praat met jou dokter hieroor aangesien dit onder mediese toesig gevolg MOET word.

Epilepsielyers moet ook leer om te ontspan en leer hoe om stres in 'n lewens te beperk.

As 'n persoon 'n aanval kry moet jy NIE een van die volgende doen nie:
•Moet nie die aanvalle probeer keer deur die persoon vas te druk of iets anders te doen nie.
•Moet nie iets tussen die persoon se tande probeer plaas nie.
•Moet nie probeer om vir die persoon vloeistowwe te gee nie.
•Moet nie die persoon beweeg nie.

Wat jy wel kan doen is:
•Maak stywe klere om die nek los.
•Verwyder enige voorwerpe in die persoon se omgewing wat beserings kan veroorsaak.
•Bly by die persoon tot hulle herstel het.
•Skakel 'n dokter of ambulans indien die aanval langer as 'n paar minute duur of die persoon nie sy / haar bewussyn herwin nie.

8 comments :

  1. Anonymous2/6/11 13:56

    GOEIE DAG.
    WIL BAIE GRAAG OM HULP VRA INDIEN MOONTLIK.
    MY SUSTERSKIND HET OP DIE OUDERDOM VAN 18JR EWE SKIELIK ANGSAANVALLE BEGIN KRY WAT DAN OORGAAN IN EPILEPSIE.
    KAN U DALK NET BIETJIE HELP MET RAAD EN DAAD.
    DIE DOKTER HET HAAR OP NUZAK GESIT. IS DAAR NOG IETS WAT ONS KAN DOEN?

    GROETE

    ReplyDelete
  2. Anonymous22/6/11 11:10

    Sy moet met haar dokter praat oor 'n ketogeniese dieet - dit moet onder mediese toesig gevolg word.

    ReplyDelete
  3. As iemand dalk my kan help...my kleindogter van 20mnde is amper n maand erug met epilepsie gediagnoseer...hul het haar op epilin gesit...maar sy kry veral as sy slaap ini nag aanhoudend soort van episodes...sy is vreeslik onrustig en kruin en steen, kry rukkens en dan dop haar ogies heeltemal om en sy haal vreslik swaar dan asem...ons is raadop..heti medies nie...so ons is by die staat hospitaal...as iemand dalk raad het....groot asseblief

    ReplyDelete
    Replies
    1. Goeie dag. Dis al jare later. Ek wil net sê moegheid kan epileptiese aanvalle aanbring deur nag of oggendure. Laat sy genoeg slaap. Kontaknmy gerus op ana.capazario@gmail.com

      Delete
  4. Goeie dag,ek wil graag iets uitvind asb.
    Ek was in die hosp,toe begin ek snaaks voel,asof ek nie kon fokus vir n paar minute nie,toe weet ek niks verder,toe ek wakker word was dit op die MRI tafel,dr het my buite opgetel,het toetse vir epilepsie gedoen maar brein wys negatief,en gisteraand weer le ek en tv kyk,begin weer snaaks voel,asof ek nie kan fokus nie,en toe weet ek niks verder nie,10 minute later praat my man met my en se soos die vorige kere ek was weg,bewusteloos of paar minute koma,n vorige keer so 2 jaar gelede by my besigheid ook so bewusteloos op stoel gevind,na die tyd is my kuit spiere en skouer spiere verskriklik pynlik,as dit nie epilepsie is nie,wat reken u is fout met my? Ek het dit 1 keer per jaar gekry vanaf 2006 maar nou elke 3-4 maande,soms vroeer.

    ReplyDelete
  5. Dit klink na Petit mal.

    ReplyDelete
  6. Anonymous27/1/23 20:43

    My dogter het epilepsie maar sy kry diarree ook so nou en dan wat n hele dag aanhou Is dit normaal en is dit deel van epilepsie ? Sy het pyn die heel dag elke dag

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous8/2/23 11:48

      Dit is baie raar, maar dit kan gebeur met epilepsie van die temporale breinlob.

      Delete