Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



23.5.11

Cholesterol

Adel Wise skryf:
"Ek drink elke oggend 'n eetlepel appelasyn. Ek het hoor dit help met gewigsverlies en hoë cholestrol. My cholestrol is +-6.7. Wat is die voor- en nadele van appelasyn?"

Antwoord:

Die geneeswaarde van appelasyn ten spyte, daar is nie 'n wonderkuur vir cholesterol nie.

Gewigsverlies is belangrik om jou cholesterolvlakke af te bring. Kyk mooi na wat jy eet. Kies gesonde opsies. Olyfolie is byvoorbeeld 'n baie gesonder opsie as gewone kookolie. Vermy kitskos en gebraaide en gebakte produkte by die supermark. Verminder jou inname van rooivleis, eiergeel en drink net vetvrye melk. Koop volgraanprodukte en gebruik bruinrys in plaas van wit. Maak vars vrugte jou happies tussen maaltye. Eet baie vis wat ryk is aan omega-3 vette. Byvoorbeeld tuna, salm, makriel en haring.

Oefening is baie belangrik. Begin stadig en bou op. Stap, swem, ry fiets. Jy kan later selfs begin draf.

Indien jy rook hou op en gebruik alkohol verantwoordelik.

Bespreek cholesterolmedikasie met jou dokter, maar onthou dat dit nie die oplossing is nie, maar net 'n hulpmiddel om jou op die regte pad te help.

4 comments :

  1. Anonymous18/2/12 11:40

    Ek't ook Appelasyn kapsules begin drink, vir die voordele van metabolisme, ens. Maar het so 2 dae later begin met vreemde pyne in gewrigte, enkels, vingerlitte, ens!! Dus gee die asyn my dalk 'gout' of iets?! Hoe gemaak NOU?! Dit help vir een ding, maar nou sukkel ek met iets anders! Sal dit help as ek gelyktydig iets soos pH Balance drink om die suur teen te werk?
    T de Wet

    ReplyDelete
  2. Appelasyn sal nie gout veroorsaak nie, dit neutraliseer die suur. Miskien is die pyn agv onttrekking van die suur

    ReplyDelete
  3. Ek kry blaasinfeksie van appelasyn suurlemoen , lemoene so wat staan my te doen

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous4/4/22 12:21

      Die bogenoemde bydrae gee 'n baie goeie antwoord. Waarop dit neerkom is dat dit 'n leefstylverandering gaan kos as jy van cholesterol ontslae wil raak.

      Delete