Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



1.11.10

Mangels

Die mangels is ’n amandelvormige klier agter in die keel wat kieme filtreer.

14 comments :

  1. Jeannette9/2/11 10:30

    Goeie dag

    My dogter is 8 jr oud, sy sukkel baie met haar mangels. Toe ons aan die Weskus gewoon het, het sy tot 4 keer per jaar brongitus gekry. Op 'n stadium gedink sy het asma. Dr het gese haar mangels moet uit, maar die geleentheid het hom net nie voor gedoen nie. Toe trek ons Hartbeespoort toe. Daar was van die voorskool se kinders wat toe skielik skarlakenkoors gekry het. Twee weke later kry die arme kind mangel ontsteking, toe met skierlik skarlakenkoors ook saam. Indie winter geweldige brongitus en mangelontsteking, Indie lente mangelontsteking en skarlakenkoors. Hoe is dit moontlik? Dr se hy vermoed sy is die drae van die kiem. As sy die draer is, steek sy dan ander aan of wat? Hy het penesilen voorgeskryf. Die eerste dag is daardie kind baie siek; koue koors, eet nie, keel baie pynlik seer en vol seertjies, slaap baie, naar, hoes klink soos kroep. Dag 2 - koors minder, ligte uitslag, dop af. Eet net jellie. Jy kan nie glo dit is die selfde kind wat gister so siek was nie.

    Wat ek graag wil weet. 1) Kan sy ander aansteek? 2)As Dr haar mangels uithaal, gaan die skarlakenkoors dan ook nou stop. 3)As sy dan nou 'n draer is van die kiem (ek verwerp dit totaal en al)- hoe gaan dit haar affekteer?

    Jammer oor al hierdie vrae, ek is bekommerd oor my kind.


    Baie dankie

    ReplyDelete
  2. Anonymous9/2/11 10:37

    1) Ja, sy kan ander aansteek.

    2) Mangelsontsteking KAN SOMS skarlakenkoors veroorsaak. Let wel, dit is nie noodwendig in haar geval so nie, maar die uithaal van die mangels kan dalk net help.

    3) Kan nie hierop kommentaar lewer nie.

    ReplyDelete
  3. Chantelle Devenny1/3/11 10:30

    Hi daar asseblief kan jul my raad gee my seuntjie is 15 maande oud hy het November maand erg mangelontsteking gehat wat sere in sy mond laat uit kom het is dit normaal. Hy sit nou met selfde probleem met die sere op die tong en dis besig omte versprei. Is dit agv die mangels? Wat kan ek doen?

    ReplyDelete
  4. Anonymous1/3/11 10:37

    Chantelle,
    Dit kan net gewone mondsere wees of dit kan 'n simptoom van 'n siekte wees. Vir 'n goeie antwoord sal jy 'n dokter daarna moet laat kyk.

    ReplyDelete
  5. My dogtertjie tans 3 het baie erge sere op haar tong, dit lyk of die tong afdop so groot raak die sere. Dit gaan gewoonlik gepaard met n erge koors sowel n droe kug eerder as n hoes. Enige raad?

    ReplyDelete
  6. Anonymous6/11/11 10:10

    28/10/11
    Vir die sere in die mond skakel Dawn by 0127559553 sy het raad vir jou.

    ReplyDelete
  7. Anonymous6/2/12 13:23

    Ek wil graag navraag doen. My kleinkind se mangels is baie onlangs uitgehaal. Sy is 3 jaar oud.Toe sy wakker word het sy 'n piepstemmetjie wat baie irreterend is. Klink of sy helium ingekry het. Dit is al 5 dae later en haar stemmetjie is nog altyd so. Is dit normaal of het haar stembande seer gekry?

    ReplyDelete
  8. Anonymous21/2/12 14:16

    ek wil net graag weet my dogter van 6 jaar se mangels is 5 dae terug uitgehaal sy weier volstrek om enige vaste kosse te eet. Sy eet net sagte en vloeibare goedere en drink vloeistowwe. Sal die rowe nog steeds kan afkom?

    ReplyDelete
  9. Anonymous20/6/12 11:36

    ek wil graag weet ek is al 20 en my mangels is nog nie uitgehaal nie want ek kan dit nie bekostig nie.ek het mangelontsteking is daar dalk iets wat ek by die huis kan impimenteer om dit te verlig of weg te vat

    ReplyDelete
  10. Anonymous23/8/13 10:28

    HALLO


    ASB EK SOEK BOERE RAAD VIR MANGELS ALTWEE MY DOGTERTJIES SIEK MET MANGELS EK HET NIE NOU GELD VIR DOKTERS

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous23/8/13 10:49

      Onthou! Dit kan gevaarlik raak ! Kry hulle dadelik by die dokter wanneer hulle sukkel om asem te haal, nie kan sluk nie of onbeheerbaar kwyl. In so 'n geval sal die dokter ook oorweeg om die mangels te verwyder.

      Laat hulle rus, gee warm vloeistowwe soos rooibostee en sop en laat hulle gorrel met warm soutwater. Vir 'n seer keel kan jy 'n teelepel heuning oplos in 'n glas warm water en plaas 'n paar druppels suurlemoensap by. (Geen heuning vir kinders jonger as 1 jaar.) Jy kan iets soos Tylenol gebruik vir die verligting van koors en pyn.

      Indien jy dit vorentoe wil voorkom moet jy kinders veral leer om gereeld hul hande te was. Leer hulle 'n liedjie om te sing, terwyl hulle hande was, en maak seker hulle was oral op die hand. Hande moet drooggemaak word met 'n skoon handdoek wat net vir hande is en die kraan moet ook met die handdoek toegedraai word.

      Delete
  11. Lennons se produk "Haarlemensis" kan op watte gesit word en in ore gedruk word. Vir so 5 dae lank. Dit brand die mangels weg.

    ReplyDelete
  12. Anonymous17/8/16 12:17

    My ma het altyd vir ons rooipoeier mengsel aangemaak. met aluin poeier, fyn pynpil(disprin of panado) en bietjie strooisuiker vir die smaak. ons het mespunte vol agter in die mond gesit of selfs op koorsblare. dit werk vir sere agter in die keel ook.

    ReplyDelete
  13. my mangels was ontsteek en het velletjies gehang, moes gegaan het vir operasie, my ouma het my rooipoeier, alyn en suiker gegee om vir 2 weke te lek. was in poeier vorm.Toe die dr my ondersoek was dit weggekrimp. Dit het gewerk, maar ek sukkel om rooipoeier te kry

    ReplyDelete