Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



16.3.23

Mioom

Miome van die uterus is nie-kwaadaardige groeisels wat veroorsaak word deur hormone. 25% van vrouens het dit sonder dat hulle bewus is daarvan. Dit gebeur selde, maar dit kan ´n invloed hê op bevrugting.

Die baarmoeder se posisie is baie belangrik. ´n Normale baarmoeder (uterus) lê 45 grade na vore, met die baarmoedermond (serviks) na onder en agter. Tydens swangerskap en die geboorteproses rek die ligamente wat die uterus in posisie hou. Dit kan veroorsaak dat die uterus "draai". Die algemeenste posisie word retroversie genoem. Dit is waar die boonste deel, of die fundus van die uterus, agteroor lê, sodat die serviks na voor wys. Simptome hiervan is lae rugpyn, veral tydens menstruasie, moegheid, bekkenpyn en probleme om swanger te raak. Jy kan probeer om die uterus terug te kry na sy normale posisie, deur in die knie-bors posisie te kniel ´n paar maal per dag. Dit laat die uterus vorentoe val. Dit is ook ´n goeie posisie om gemeenskap in te hê as jy wil swanger raak. Indien dit nie help nie, praat met jou dokter. Daar is apparate wat ingeplaas kan word om die uterus in posisie te hou.

bydrae: Suster

32 comments :

  1. Ek het ´n sis, die dokter noem dit ´n 'mieworm', hoe gevaarlik is dit, moet dit verwyder word of kan dit net hier binne bly, help ek nodig hulp.

    ReplyDelete
  2. Jy spesifiseer nie waar jy hierdie mioom (myoma) het nie, so ek neem aan dit is by die eierstokke of die baarmoeder. Hierdie is van die algemeenste onskuldige, nie- kwaadaardige vergroeisels wat voorkom. Ten minste 25% vrouens oor 35 kry hierdie tumore. Hierdie miome is afhanklik van hormone om te groei. Behandeling hang af van hoe oud jy is, of jy nog kinders wil he en hoe erg jou simptome is. As die simptome nie te erg is nie, kan die dokter jou net gereeld sien en opvolg en alles dophou, aangesien dit gewoonlik nie gevaarlik is nie. Indien die simptome erg is, bv. erge bloeding tussen menstruasie, kan die mioom uitgesny word as jy nog kinders wil hê. Anders kan ´'n histerektomie gedoen word.

    ReplyDelete
  3. Ek het ´n mioom omtrent ´n maand terug laat verwyder, nogal groot op my baarmoeder. My vraag is: Kan ek swangerskap uitstel vir so 3 jaar of moet ek so gou moontlik swanger word? Het nog nie kinders nie en is 28 jaar oud. Dr. het natuurlik voorgestel om so gou moontlik swanger te word. Ek het ook 3de graadse endometriose. Wat moet ek doen? Ek het raad nodig. Swangerskap is ´n groot besluit maar ek wil nie eendag spyt wees nie.

    ReplyDelete
  4. Ek sou ook voorstel dat jy so gou moontlik probeer om swanger te raak om verskeie redes nl. dat jy reeds 28 is en a.g.v. die endometriose kan jy dalk bietjie sukkel om swanger te raak. Dit is egter baie belangrik dat jy gereed is vir swangerskap, kinders en al die verantwoordelikhede wat daarmee saamgaan. Doen wat jy voel is reg vir jou.

    ReplyDelete
  5. Esther Nolte21/11/10 18:16

    Ek het ´n dogter van 13 jaar oud en wil nou graag weer ´n baba hê. Ek en my man sukkel nou al amper twee jaar maar dit lyk nie of ek kan swanger raak nie. Ek was by die dokter en hulle het vasgestel dat ek ´n mioom op my baarmoeder het wat so groot soos ´n hoendereier is. Sy het ook genoem dat my baarmoeder gedraai is. Is dit hoekom ek nie kan swanger raak nie?

    ReplyDelete
  6. Die antwoord is ja, dit kan die oorsaak wees waarom jy nie kan swanger raak nie. Miome van die uterus is nie-kwaadaardige groeisels wat veroorsaak word deur hormone. 25% van vrouens het dit sonder dat hulle bewus is daarvan. Dit gebeur selde, maar dit kan ´n invloed hê op bevrugting.
    Die baarmoeder se posisie is baie belangrik. ´n Normale baarmoeder (uterus) lê 45 grade na vore, met die baarmoedermond (serviks) na onder en agter. Tydens swangerskap en die geboorteproses rek die ligamente wat die uterus in posisie hou. Dit kan veroorsaak dat die uterus "draai". Die algemeenste posisie word retroversie genoem. Dit is waar die boonste deel, of die fundus van die uterus, agteroor lê, sodat die serviks na voor wys. Simptome hiervan is lae rugpyn, veral tydens menstruasie, moegheid, bekkenpyn en probleme om swanger te raak. Jy kan probeer om die uterus terug te kry na sy normale posisie, deur in die knie-bors posisie te kniel ´n paar maal per dag. Dit laat die uterus vorentoe val. Dit is ook ´n goeie posisie om gemeenskap in te hê as jy wil swanger raak. Indien dit nie help nie, praat met jou dokter. Daar is apparate wat ingeplaas kan word om die uterus in posisie te hou.

    ReplyDelete
  7. Maryna Hennings21/11/10 18:18

    Ek is tans 8 weke swanger en het my eerste sonar vandag gekry waarop die ginekeloog op die sonar 'n mioom van omtrent 3 - 4 cm gesien het, dit is in die buik area gelee en hy het my verseker ek hoef nie nou bekommerd te wees nie. Is daar enige spesifieke voorsorg maatreels wat ek moet tref?

    ReplyDelete
  8. Maryna,
    Kyk na die ander vrae wat ek oor die onderwerp beantwoord het.

    ReplyDelete
  9. Jannie Fourie21/11/10 18:19

    My vrou is tans 6 weke swanger en is gedianoseer met 'n mioom. Die gewas is tans groter as die vrugsak. Wat is die moontlike risiko en ook wil ek graag weet hoe dit behandel kan word tydens en na swangerskap.

    ReplyDelete
  10. Jy sê ongelukkig nie waar presies die mioom is nie. Die moontlike risiko hang af van die tipe mioom. Julle ginekoloog behoort uitsluitsel hieroor te gee. Daar is verskeie vorms van behandeling. Bespreek dit met julle dokter.

    ReplyDelete
  11. Bronwyn Williams21/11/10 18:20

    Verlede Maandag is ek in vir klein operasie om bloedklonte te verwyder. Die ginekoloog het toe 'n mioom (spierwande van baarmoeder)ontdek en aan my genoem dat dit nou verwyder moet word. Sal dit weer terugkom, sal die bloeding stop want ek wil darem nie weer met die probleem sit nie.

    ReplyDelete
  12. Indien die bloedklonte deur die mioom veroorsaak is sal dit wel die probleem oplos wanneer die mioom verwyder is. Swaer menstruele bloeding, 'n lang maandstonde of klonte in die menstruele bloed is 'n simptoom van 'n mioom.
    Die ginekoloog sal die opsies met jou bespreek vir die verwydering van die mioom. Watter opsie jy kies sal afhang van jou ouderdom en of jy (nog) kinders wil hê. Die moontlikheid dat hierdie fibroïde weer kan begin groei hang af van die opsie wat jy uitoefen. Indien jy oorgewig is moet jy dit oorweeg om gewig te verloor en indien jy op die pil is sal dit baat om 'n ander vorm van geboortebeperking te oorweeg.

    ReplyDelete
  13. My nuwe Ginekoloog het 4 miome gediagnoseer in my uterus na 5 jaar en verskeie besoeke aan verskeie ginekoloee. Die grootste mioom is ongeveer 3cm x 3cm. Hy het 'n histerektomie voorgestel. Aanvanklik het ek gedink ek is reg vir die operasie, maar begin nou twyfel. Ek het gaan oplees oor miome en volgens die literatuur word die goed kleiner soos die estrogen vlakke afneem - wel, my estrogen vlakke is reeds baie laag. Ongelukkig kan ek nie hormoon aanvullings neem a.g.v. my familie geskiedenis met veral borskanker. Die ongemak van, pyn en langdurige menstruasie (soms tot 3 weke) kry my met tye onder. Nou dink ek weer; ek het so lank uitgehou - ek kan seker maar nog 5 jaar uithou? Ek is meer bang vir die narkose as vir die operasie self - het nog geen vorige operasies gehad nie (ja, het nog selfs my mangels). Kan spinale of epidurale narkose gebruik word? Watter ander opsies het ek?

    ReplyDelete
  14. C, dit wil voorkom asof jou twyfel aangevuur word deur jou vrees vir 'n operasie, of dan narkose. 'n Ginekoloog sal nie sommer 'n operasie voorstel indien daar moontlik 'n ander uitweg is nie. Mens vertrou dat hierdie besluit in belang van jou gesondheid geneem is en dus nodig is.
    'n Besluit oor narkose moet ook geneem word vir jou deur 'n dokter wat vertroud is met jou mediese geskiedenis en algemene gesondheid.
    Wat moet aandag kry is jou vrees vir narkose. Bespreek dit met jou dokter. Miskien kan hy 'n narkotiseer aanbeveel wat bereid sal wees om narkose met jou te bespreek en enige vrese wat jy het kan besweer.

    ReplyDelete
  15. Yvette De Wet21/11/10 18:23

    Ek was laasweek by my dokter vir normale ondersoek, hy het op vorige keer my gediagonseer met miome. Hy het hierdie keer gevind dat die een mioom baie bloedvate bevat en gesê dat dit hom bietjie bekommer, want mioom het gewoonlik nie so baie nie. Kwaadaardige groeisels is gewoonlik vol bloedvate en hy voel bietjie ongemaklik oor die mioom. Hy het gesê dat ek kan inkom om te verwyder.
    Ek wil net weet hoe gereeld is dit dat mioom kan ontwikkel in kwaadaardige groeisel? Ek wil nie graag onnodige aan my baarmoeder laat werk nie, want wil moontlik nog kinders hè. Ek is 35 jaar oud.

    ReplyDelete
  16. Dit gebeur baie min. Kom ons stel dit so, slegs in uitsonderlike gevalle is hierdie bondels weefsel kankeragtig.
    Die dokter sal nie so 'n besluit ligtelik neem nie en hy tree op in jou beste belang. Kry 'n tweede opinie indien jy twyfel.
    Jy het nog steeds 'n kans op swangerskap raak na die verwydering van die weefsel. Afhangende van die prosedure kan dit dalk net moeiliker wees. Bespreek dit met jou dokter. Vra hom / haar watter prosedure gevolg gaan word en wat is die kans vir 'n suksesvolle swangerskap daarna.

    ReplyDelete
  17. Anonymous16/3/11 20:14

    Ek is 31 jaar oud en sukkel elke maand met my vloei. Die eerste week lyk dit soos grond en dan die tweede week vloei ek vreeslik baie en het baie klonte in. Ek sukkel al vir 'n hele paar jaar om swanger te raak. Wat kan dit dalk wees?

    ReplyDelete
  18. Anonymous17/3/11 08:38

    Gaan sien 'n dokter. Daar is medikasie wat kan help om jou vloei te reguleer - indien dit al probleem is.

    ReplyDelete
  19. Anonymous31/3/11 13:28

    Ek is 25 jaar oud, ek het die pil laas jaar Junie gelos en my siklus was baie deurmekaar. Ek is Januarie ginekoloog toe en hy het gesê ek ovuleer nie en hy het my vir 2 maande terug op die pil gesit. Hy het vir my vrugbaarheidspille voorgeskryf en dit was nou die eerste maand wat ek dit gedrink het. Ek was veronderstel om laas week Dinsdag te begin menstrueer, maar van Sondag is daar net 'n bruin afskeiding lyk soos ou bloed (weet nie presies om te verduidelik nie). Ek het vandag die ginekoloog gebel toe sê hy dis 'n sis op my eierstokke of ek het nie geovuleer nie en ek moet wag tot ek begin menstrueer. Ek is baie deurmekaar en verstaan nie regtig wat aangaan nie, het u dalk raad?

    ReplyDelete
  20. Anonymous13/4/11 10:33

    Verstaan dat jy bietjie verward voel. Ek stem saam met die ginekloog. Probeer geduldig wees en wag 'n maand of twee voor jy weer die ginekoloog besoek. Meeste van ons is 'n bietjie oorhaastig.

    ReplyDelete
  21. Kan n mens swanger raak tydens menstruasie

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous20/2/12 10:45

      Dit is moontlik, hoewel baie onwaarskynlik. Gewoonlik gebeur dit met iemand met 'n baie kort siklus of baie lang siklus.

      Delete
  22. Ek en my ou het seks gehad die dag toe ek begin menstrueer het en hy het kla gemaak in my die volgende dag toe stop dit kan ek nogsteeds swanger wees en is daar ander maniere om te toets of jy swanger is sonder toetse en dokter

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous20/2/12 10:48

      Jy kan uitkyk vir die tekens van swangerskap. Dis natuurlik nie noodwendig akkuraat soos 'n swangerskaptoets nie.

      Delete
  23. ek sukkel met vergroeisels het 4 miskrame gehad en al my vroue dele is al verwyder as gevolg van dit vele maar vele buikoperasies het ek gehad maar dit bly terug kom dit val blykbaar my derms aan en dan is daar ook bloeding partymaal met my stoelgang dit is asof ek dan menstueer daar met stukke my maag bly groot dit lyk of ek altyd 9 maande + swanger is het altyd baie pyn voel of my binnegoed uithang dat ek met my maag in my hande loop .Spesialiste se daar kan niks meer vir my gedoen word met operasies dit is te gevaarlik ! nou vra ek maar net wat nou ? moet ek maar dit so aanvaar en so met die pyn loop ?

    ReplyDelete
  24. Anonymous5/6/14 09:36

    Hi ek wil net weet ek het nou al vir 3 maande nie my maandstonde gesien nie is gebind so 9 jaar trug is dit moontlik lAat ek kan swanger wees en sit met lae rug pyn vir nou al 2 weke

    ReplyDelete
  25. Anonymous5/6/14 09:38

    Hi ek wil net weet ek het nou al vir 3 maande nie my maandstonde gesien nie is gebind so 9 jaar trug is dit moontlik lAat ek kan swanger wees en sit met lae rug pyn vir nou al 2 weke

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous10/6/14 14:24

      Lae rugpyn is maar een simptoom van swangerskap. As jy wil seker maak, koop 'n swangerskaptoets.

      Delete
  26. Anonymous8/9/17 09:39

    Ek het 3 miome in my baarmoeder is in my oorgangsjare, hoe kan ek dit tuis behandel het geweldig lae rugpyn en is te bang vir operasie.

    ReplyDelete


  27. Anonymous

    Hi. Ek het n enlarged uterus.

    Dr se hysterectomy is die enigste oplossing.

    Enige ander voorstelle?

    ReplyDelete
  28. Hi ek was vandag by my dokter vir n papsmeer en hyt after gekom dat ek dalk n mioom of miome op my baarmoeder kan Hy aangesien ek Al die simptome toon bv:heweige swaar maandstonde Soms twee keer per maand lae rugpynne pyn in baarmoeder area stukke bloedklonte en hou vir sewe tot agt dae aan ek is 46jaar oud en het Al n koloskopie gehad

    ReplyDelete
  29. Anonymous5/12/19 03:23

    Hi net inligting asb my 'pms' het verdwyn + - 3/4 maande dit is nie swangerskap nie het gekyk Nou gister middag om en by 16:00 het Ek nog bestuur huistoe en my lae rug en onderlyf etc het ondraagbaae begin pyn nes kraam Pyne en die pyn wat jy het Na geboorte as daar nog klonte af Kom dis Nou 24h aanhoudend pyn en onmenslik baie bloeding en GROOT klonte Helder bloed dit stop nie my ma Se Ek moet wag dat als eers afkom maar eks Al naar en duislig kan dit gevaarlik raak of wat

    ReplyDelete