Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



9.8.10

Servikskanker

Servikskanker is die tweede grootste kanker, naas borskanker, wat gediagnoseer word by vroue jonger as 45. Wêreldwyd sterf daar elke jaar sowat 270 000 vroue aan servikskanker.

Servikskanker kom voor wanneer infeksie met gewasse by die ingang van die baarmoeder (menslike papilloomvirus) chronies raak en dan oorgaan tot kanker. Meeste seksueel aktiewe vroue sal waarskynlik in hul leeftyd ’n menslike papilloomvirus-infeksie opdoen. Sommige vorms van die virus kan genitale vratte veroorsaak, maar ander kan tot servikskanker lei.

Daar is ’n entstof genaamd Cervarix wat die infeksies wat servikskanker veroorsaak voorkom. Hierdie entstof sal die infeksies wat servikskanker in vroue veroorsaak, voorkom en wêreldwyd duisende lewens red. Die entstof is ’n groot deurbraak vir wetenskaplikes én vroue wêreldwyd. Tot 23% van kankersterftes in Suid-Afrika is weens servikskanker. Cervarix is duur en sal die regering miljoene kos as hy sou besluit om die entstof gratis aan alle vroue beskikbaar te stel.


Die foto is van die papilloomvirus.

2 comments :

  1. Anonymous8/9/10 18:43

    Ek is gediagnoseer met kanker op my serviks en 'n klein stukkie is daarvan weggesny. Is dit gevaarlik? Sal ek nog eendag kan kinders hê en kan ek dit weer kry?

    ReplyDelete
  2. Kanker van die serviks is gevaarlik soos enige kanker maar is. Ek is egter seker jou dokter het al die nodige behandeling toegepas om te voorkom dat dit versprei of weer groei. Jy kan probleme met swangerskap hê aangesien die serviks nou nie meer heeltemal toe is nie. Dit kan aanleiding gee tot 'n miskraam. Dit kan egter behandel word deurdat 'n steek in die serviks gesit kan word om te keer dat dit oopgaan tydens swangerskap. Die steke word verwyder op 37 weke. Jy sal heel moontlik ook 'n keisersnit moet kry, aangesien die serviks dalk nie sal kan ontsluit nie, of omdat dit beter sal wees omdat jou serviks klaar trauma deurgegaan het. Daar is altyd kans dat kanker kan terugkom, daarom is dit baie belangrik dat jy gereeld gaan vir bloedtoetse en ondersoeke by jou dokter.

    ReplyDelete