Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



20.6.23

Krampe

Jy kry ´n kramp as jou spiere skielik saamtrek en die pyn kan ´n paar minute duur. Sport, swem in koue water, swak na die spiere en ´n gebrek aan sout of ander minerale veroorsaak krampe. Krampe kom gewoonlik in die bene, voete en hande voor. Swem in baie koue water, swak bloedsirkulasie na die spier, sout- en ander mineraaltekorte en wanbalanse is ook algemene oorsake. Suurstoftekort, rookgewoontes, passiwiteit, artritis, dehidrasie, hitte-aanvalle en verkalkte are kan ook faktore wees. Kinders ondervind dikwels spier- en beenpyne wat as groeipyne bekend staan. Chroniese spierkrampe dui dikwels op ´n tekort aan magnesium.

Trek die betrokke ledemaat reguit deur dit op- of afwaarts te buig. Masseer die aangetaste dele asook die hele omliggende deel. Vir tekorte probeer aanvullings van kalsium, magnesium, kalium, yster, Vitamiene B, C en D en seewiertablette. Vitamien E is goed vir krampe wat na oefening of in die aand voorkom en is baie doeltreffend vir die verbetering van die bloedsomloop, veral in die geval van verkalkte are..

Spreek jou dokter indien jy bedags krampe kry terwyl jy aktief is.

Boereraat:

Vir stywe spiere smeer jy soggens en saans klapperolie aan en doen dan baie ligte oefening met daardie spiere.

♦♦♦

Vir stywe spiere: gooi ’n halwe koppie appelasyn in badwater.

♦♦♦

’n Magnesium aanvulling kan help om krampe te verhoed.

♦♦♦

Vir krampe of spierpyne, week koolblare in warm water en sit 2 keer per dag op aangetaste deel.

♦♦♦

Week ’n lap in koue water en sit op jou maag. Dit sal verligting bring.

♦♦♦

Drink ’n eetlepel soetolie saam met ’n sterk koppie koffie.

♦♦♦

Meng 1 eetlepel asyn en 1 eetlepel soetolie en drink.

♦♦♦

Drink ’n bietjie sterk suikerwater.

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

26 comments :

  1. Anonymous29/6/10 08:24

    Jou chirurg is waarskynlik reg. Ek kan ook nie vir jou sê wat verkeerd is nie. Dalk is bloedsomloop die oorsaak, dalk iets anders. Jy kan hieronder lees oor moontlike oorsake. Het jy die areas al probeer masseer. Doen ook navorsing oor hoe om die betrokke spiere te strek.

    ReplyDelete
  2. Louise Parish29/6/10 08:24

    Ek het 'n jaar gelede 'n dundermreseksie gehad en weet nie of my probleem daarmee verband hou nie, alhoewel die chirug wat die operasie gedoen het sê dat dit nie verband hou nie.
    Die afgelope 3 maande kry ek gereeld beenkrampe in die nag. Die krampe kom nie net in die kuitarea voor nie maar selfs albei kante van die bene. Dit gebeur ook nou dat as ek op my tone staan dat die beenkuit saamtrek.
    Ek drink 'n vitamien- en mineraal aanvulling en het selfs vandat die krampe begin het, begin met addisionele kalsium- en magnesium aanvullings, maar dit maak nie 'n verkil aan die krampe nie.(Ek is tans 47 jaar oud en weet nie of dit dalk met menoupose te doen het nie, aangesien ek ook baie in die nag begin sweet)
    Kan u vir my se hoekom dit gebeur.

    ReplyDelete
  3. Anonymous2/6/11 19:50

    EK IS 'N 59 JARIGE VROU EN HET IN 1995 'N FISIE TUSSEN DIE 3 EN 4 DE WERWELS VAN MY RUG GEHAD. DIE OPERASIE WAS 'NSUKSES. SO 'N PAAR MAANDE TERUG HET EK BEGIN KRAMPE IN MY BENE KRY IN DIE NAG IN DIE KUITE. DIE ALG PRAKTISYN HET VIR MY SLOW K VOORGESKRYF WAT EK KRONIES DRINK MAAR DIT GEBEUR NOG STEEDS. WAT EK REDELIK GEREELD KRY IS SPIERKRAMPE VAN UIT MY LIES IN DIE VOORKANT WAT SKUINS AFTREK VAN DIE REGTERKANT TOT BY LINKER KNIE EN AF MET DIE BEEN EN DIT BRAND VERSKRIKLIK DAT PARTYKEER GEBEUR DIT IN ALTWEE BENE GELYK DAT EK DAN NIE KAN STAAN NIE AL VRYF EK MOET MY MAN MY VASHOU. KAN U ASB VIR MY SÊ WAT DIE OORSAAK KAN WEES, DIR ALG PRAKTISYN REKEN DIT KOM VAN DIE RUG AF.

    2 JUNIE 2011

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous, 2/6/11. Ek het presies dieselfde simptome en wonder watter raat is aan haar gegee. CHRISTIE.

      Delete
  4. Anonymous22/6/11 11:11

    Klink soos iets wat by jou rug ontstaan. Miskien moet jy 'n spesialis gaan sien.

    ReplyDelete
  5. Anonymous27/7/11 09:38

    Ek sukkel met steekpyne onder my voete vir langer as 'n jaar. Die pyn kom net partymaal en wanneer ek draf. Ek het al by die apteker pille vir inflamasie gekry en het al 3 maande gerus maar dis nogsteeds daar. Ek het al ander tekkies ook gekoop. Het iemand vir my raad want ek hardloop wedlope en is al raadop.

    ReplyDelete
  6. Anonymous3/8/11 10:42

    Dit kan een van verskeie dinge wees, so probeer die volgende; doen een op 'n slag om uit te vind wat gaan werk: 1) Maseer jou voet met 'n tennisbal, deur jou voet oor die bal te rol. 2) Plaas ekstra ondersteuning in die skoene deur vir jou "inserts" te koop. Ek neem aan jou skoene is nie te kort nie?

    ReplyDelete
  7. Anonymous2/4/12 20:10

    ek kry kramppyne in my bene.eers het my rug probleme gegee en nou begin die kramppyne in my bene en kuite.

    ReplyDelete
  8. Anonymous28/5/13 23:51

    1 eet lepel koeksoda in aand as j vermoed jy gan krampe kry

    ReplyDelete
  9. ek het agter gekom as ek poppers (rush) gebruik wat a sexuiele aanvulling is wat ek snuif, daardie volgende 2 dae het ek lelike krampe. Dit moet wees dat my longe se weefsels na die gebruik van dit gaan le en gee nie die regte hoeveelheid suurstof na my bloed wat dan sykuleer deyr my liggaam. Ekj is nou nie n kenner nie maarvoel miskien sal die iemand help

    ReplyDelete
    Replies
    1. Die het duidelik 'n nadelige uitwerking op jou. Miskien moet jy dit ernstig oorweeg om op te hou. Kan net dink dat die langtermyn gereelde gebruik nie goed is vir 'n mens nie.

      Delete
  10. Ek kry skielik krampe in my regter dy, boud en dan weer in my kuite. Ek is 49 en al pil wat ek drink is slaappille. Weet ek moet ophou daarmee maar makliker gesê as gedaan. Kan dit oorsaak wees en ek is baie onfiks en wil graag oefenprogram aanpak. Help asb?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous16/5/14 10:05

      Die pyne en skete kom so saam met ouderdom. Op hierdie ouderdom is dit raadsaam om ten minste een maal per jaar te gaan vir 'n ondersoek. Jou pyne kan minder ernstig wees of 'n simptoom van iets ernstig. Oefening is altyd 'n uitstekende idee, maar begin stadig en hoor by jou dokter of dit OK is om jou liggaam bietjie te druk.

      Delete
  11. Die pyne en skete kom so saam met ouderdom. Op hierdie ouderdom is dit raadsaam om ten minste een maal per jaar te gaan vir 'n ondersoek. Jou pyne kan minder ernstig wees of 'n simptoom van iets ernstig. Oefening is altyd 'n uitstekende idee, maar begin stadig en hoor by jou dokter of dit OK is om jou liggaam bietjie te druk.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Kan iemand my help asb my ma is 62 haar linker been se are is toe verkalk enige raad wat sy kan gebruik om dit oop te kry as dit nie voor 2 nov beter isnie kan sy dalk haar been verloor asb mense ek het jul hulpbaie nodig

      Delete
  12. My ma het verkalkte are soek asb iets wat dit kan oopmaak anders se dr kan sy haar been verloor asb asb help wat kan sy gebruik

    ReplyDelete
  13. enige voorstelle wat myma kan gebruik vir verkalkte are asb sy is 62 en as dit nie beter gaan voor 2 novv nie kan sy dalk haar been verloor asb enige hulp hoe ons die are kan oopkry

    ReplyDelete
  14. Help asb kan enige iemand raad gee wat my ma kan gebruik vir verkalkte are as dit teen nov nie beter is nie kan sy haar been verloor asb mense help

    ReplyDelete
  15. Ek soek graag self raad vir krampe in die boudspier as iemand kan help Sal dit baie wardeer word dankie

    ReplyDelete
  16. Wat help vir krampe in voete tone en bene my man kry dit gereeld en veral in die aande op die onmoontlike tye deur die aand is daar iets wat ek vir hom kan gebruik

    ReplyDelete
  17. Probeer knypie kremetart in kwart glas water soggens en saans vir krampe in bene, bring verligting.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Laasnag nie n oog toegemaak nie. Nog krampe die heel oggend gehad tot n iur gelede. Dit erk soos n bom die kremetart

      Delete
  18. Hey ek draf saam my man maar dis baie moilik want ek kry so erg Krampe in my kuite dat ek huil ek gedink dit is normal in die begin maar dis elke keer as ek draf wat ek moet stop en dan kan ek skaars op my voete staan van die pyn ek het draf tekkies gekry gedink dit kan dit dalk wees maar niks werk ni help asb

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous9/11/21 09:54

      Jou eerste stop sou wees om 'n aanvulling soos Slow-Mag te probeer. Chroniese krampe is gereeld weens 'n tekort aan magnesium. Dit kan ook iets meer eenvoudig wees, bv. dat jy te vinnig hardloop. Dit veroorsaak 'n suurstoftekort in jou spierweefsel wat tot krampe lei. Hardloopspoed behoort geleidelik oor 'n lang tydperk opgebou word.

      Delete
  19. Krampe is een van my nagmerries. 47 jaar oud. Kry krampe in voete bene kuite arms oor my niere so 2 na 4 keer per week. Drink cal+ Magn. Help so klein bietjie. Magnesuim aanvulling help my glad nie. Dink ek hou nie minerale terug nie. Ek is raad op. Slaap en sit is n nagmerrie. Raad asb.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous5/4/22 07:30

      Dit is interessant dat die magnesium aanvullings nie werk nie. Dit mag natuurlik wees dat jy glad nie ’n mineraaltekort het nie, of, soos jy sê, dat die mineraal-opname swak is. Iets anders om te oorweeg is dat dit veroorsaak word deur n suurstoftekort in daardie deel van jou lyf.
      Doen jy enige oefening? Daar is 'n sterk moontlikheid dat dit vir jou ’n permanente oplossing kan bied.

      Delete