Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



14.1.10

Dismenoree

Ons ontvang heelwat vrae in verband met pynlike maandstonde. Hier volg 'n kort opsomming. Raadpleeg jou dokter vir 'n diagnose.

Meeste vroue ervaar een of ander pyn of krampe as gevolg van hul maandstonde in hul leeftyd. Erge pyn gaan soms gepaard met diaree, hardlywigheid of naarheid.

Ligte krampe is gewoonlik as gevolg van 'n chemiese wanbalans. Erge pyn kan egter die gevolg wees van endometriose, siste, bekkeninfeksie of fibroïedtumore.

Pynpille is gewoonlik die oplossing vir ligte pyn en krampe. Daar is medikasie spesifiek vir menstruele pyn. 'n Warm bad of oefening help ook. Gaan onmiddelik dokter toe indien die pyn baie erg is.

2 comments :

  1. Anonymous3/9/11 22:12

    Ek het eergisteroggend die eerste tekens gekry dat ek my maandstonde gaan kry, 'n bruin slymerige afskeiding. Die res van die dag was daar egter niks en die volgende dag ook nie. Maar vanoggend het ek egter wakker geword, deurweek van bloed, maar dit was waterig en nie soos gewoonlik nie. Deur die dag het dit vir my ook nog taamlik waterig gelyk en nie soos gewoonlik nie. Moet ek hieroor bekommerd wees?

    ReplyDelete
  2. Anonymous19/9/11 11:39

    Ek sou nie bekommerd wees indien dit een keer gebeur nie, dit kan wees dat daar 'n invloed was waarvan jy nie bewus is nie. Indien dit aanhou moet jy egter 'n dokter gaan sien.

    ReplyDelete