Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



4.11.09

Geelsug


Geelsug is 'n virussiekte waarby die weefsels van die liggaam geel gekleur is deur die aanwesigheid van 'n groot hoeveelheid galkleurstof in die bloed.

(foto Martin Pot)

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

38 comments :

  1. Anonymous7/9/10 18:29

    My kind is een week oud en het geelsug. Wat kan ek doen? Is dit gevaarlik vir ´n baba?

    ReplyDelete
  2. Geelsug by pasgebore babas is 'n algemene verskynsel. Meeste babas raak geel op die derde dag na geboorte, en herstel binne 'n paar dae daarvan.

    Daar is egter wel geelsug wat gevaarlik kan wees. Dit word bepaal deur ´n bloedtoets wat die hoeveelheid bilirubien in die bloed meet. Dit is wat die geel kleur veroorsaak.

    Met gevaarlike geelsug word die baba geel binne 24 uur. Dit gebeur met babas wat te vroeg gebore word omdat hulle lewertjies nog nie volwasse genoeg is om reg te funktioneer nie. Wanneer die moeder se bloedgroep Rh negatief is, en die baba s´n positief, word antiligaampies van die moeder se bloed oorgedra na die baba se bloed en dit vernietig van die rooibloedselle. Die eindproduk is weer bilirubien wat dan 'n geel kleur veroorsaak. Die voorsorg word gewoonlik getref deur die hospitaal deurdat bloed getrek word om geelsug uit te skakel.

    Wat jy kan doen is om jou babatjie vir baie kort periodes aan die son bloot te stel bv 2 minute op 'n slag en baie vloeistof te gee. As jy egter bekommerd is, neem jou babatjie dokter toe vir gemoedsrus.

    ReplyDelete
  3. Een van ons kantoor dames is nou net met geelsug gediagnoseer. Sy was slegs vanoggend in ons geselskap gewees. Ek wil net graag weet hoe erg aansteeklik is dit. Ek het op Laerskool (ek dink standerd 5 ) laas enige inspuitings gekry teen sulke goed. Ek is tans 23, van die ander in die kantoor wissel tussen 35 en 18. Is daar rede tot kommer? Is daar iets wat ons kan doen as voorsorgmaatreel? Is daar spesifieke simptome waarvoor ons kan uitkyk?

    ReplyDelete
  4. Anonymous7/9/10 18:31

    Dit hang af van die siektetoestand wat die geelsug veroorsaak het. Indien die geelsug deur hepatitis veroorsaak is kan julle die hepatitis-virus optel, maar meeste ander oorsake van geelsug by volwassenes is nie sommer aansteeklik nie.

    ReplyDelete
  5. Michelle Maritz7/9/10 18:31

    Ek het 'n tyd gelede geelsug gehad en ervaar tot vandag toe steeds dat ek 'n moegheid ervaar wanneer ek meer vitamiene inneem. Is dit normaal en waarom toon ek hierdie reaksie? Hoe kan ek my dieet daarby aanpas? Mag ek aanvullings drink?

    ReplyDelete
  6. Anonymous7/9/10 18:32

    Dit klink nie normaal nie. Jy behoort jou dokter dadelik te gaan spreek. 'n Gesonde dieet word vir alle persone wat geelsug gehad het aanbeveel. Vermy ook sterk drank.

    ReplyDelete
  7. Paul de Lange7/9/10 18:32

    My pa is al 'n hele paar jaar 'n alkholis. Nou het hy onder andere geelsug gekry. Hy is nou al drie weke in die hospitaal en hy lyk nog not so erg. Sal hy herstel hiervan?

    ReplyDelete
  8. Anonymous7/9/10 18:33

    Eerstens sal hy natuurlik moet ophou drink. Algemene herstel gaan afhang van hoe erg sy lewer beskadig is. Indien hy herstel sal dit 'n hele paar maande neem. Kyk ook na sy voeding, dit speel 'n belangrike rol in herstel.

    ReplyDelete
  9. Anonymous7/9/10 18:33

    Ek is vandag gediagnoseer met geelsug, mag ek seksueel verkeer in hierdie tyd?

    ReplyDelete
  10. Anonymous7/9/10 18:34

    Dit hang af van die siektetoestand wat die geelsug veroorsaak het. Indien die geelsug deur hepatitis veroorsaak is kan die ander persoon die hepatitis-virus optel en behoort julle nie seks te hê tensy die ander persoon ingeent is nie, maar meeste ander oorsake van geelsug by volwassenes is nie sommer aansteeklik nie.

    ReplyDelete
  11. Bekommerd van Kaapstad7/9/10 18:34

    Ek weet nie op die oomblik watter geelsug ek gehad het toe ek 7 was nie, maar ek is op die oomblik 19 en het net ewe skielik begin sleg voel. My maag het gepyn, ek was lighoofdig; alhoewel ek weet ek het lae bloeddruk, maar dit pla my nie juis nie, ek het naar gebly, maar kon nie opbring nie, Ek was ook oor die algemeen baie hardlywig Ek was na 2 verskillende dokters en hulle verslae was as volg nadat my urine getoets is: Daar is iets fout met my lewer, maar dit is infeksie en ek het 'n anti-biotika gekry om te voltooi Hy het gesê ek lei aan ligte depressie en het vir my anti-depresante voorgeskryf 'n Paar weke later het ek regtig gesukkel om te sluk en as ek op sekere maniere gelê het, was dit ook baie seer net onder my keel. Dit voel soos voedsel wat vassit, maar dit is nie. Dit is eintlik baie moeilik om te beskryf, maar ek was toe op die ou end dokter toe en hy het vir my pille gegee vir 'n maagseer. Ek het die pille klaar gedrink, maar niks het verander nie. Hy het my ook getoets vir my skildklier, maar net besvestig wat e kook geweet het- ek het nie 'n skildklier-siekte nie. Die rede hoekom ek eintlik baie bekommerd is, is die feit dat my ma kort-kort vir my sê ek het 'n geel kleur in my gesig en sy is verskriklik bekommerd en dit maak my ook seuweeagtig. En een van haar vriende se kinders het ook geelsug op die ouderdom van 7 gehad en is toe oorlede op die ouderdom van 20.

    ReplyDelete
  12. Anonymous7/9/10 18:35

    Hoekom laat toets jy jou nie spesifiek vir geelsug nie? Dit sal ook baat om weer jou lewer te laat nagaan.

    ReplyDelete
  13. My ouma he geelsug. Dis die aansteeklike ene. Dis seker nou al so 3-4 weke. Kan ons haar besoek of gaan ons aansteek?

    ReplyDelete
  14. Anonymous11/7/11 21:21

    N familie lid wat ek ken het geelsug opgetel, sy het baie gedrink en dit is van die drank wat sy geelsug opgetel het. Sy is nou so 7 dae lank siek en het drie dae terug met haar in aanraaking gekom, my dogtertjie van 3jaar oud het haar gesoen toe het ons nog nie geweet sy het geelsug nie? Sal ek of my dogtertjie aansteek? Ek is baie bekommerd oor my kleintjie.

    ReplyDelete
  15. Anonymous12/7/11 10:25

    Geelsug is nie aansteeklik nie, tensy dit veroorsaak is deur die hepatitis-virus. Indien jou familielid die toestand ontwikkel het weens drankmisbruik, sal dit nie jou baba aansteek nie.

    ReplyDelete
  16. wat is die spesifieke simptome van geelsug...die dokter onseker of dit geelsug og galstene is, hy beweer dat dit nog te vroeg is om 'n finale diagnoses te doen. Enige raad?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous21/2/12 10:24

      Die ouderdom van die pasient sal 'n aanduiding kan gee van hoe gou jy dit behoort te sien. Die simptome hang af van die oorsaak, en dit kan een van verskeie wees.

      Delete
  17. Anonymous22/8/12 12:56

    Ek het geelsug 3 weke terug gekry, was doktor toe, bloed getrek en gese dis Hepatitus (geelsug). na 2 weke het ek begin gesond raak, my oe is nie meer geel en my urine ook nie. Is dit nog aansteeklik vir mense met wie ek in kontak kom?
    Nog n vraag is ek dink ek is swanger en het my laat toets, die oor stokkie wys positief maar die dokter het bloed getrek en gese dis negatief. 3 weke later het ek weer 'n stokkie toets gedoen en dit wys positief. ??
    Kan geelsug jou swangerskap beinvloed?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous22/8/12 13:09

      Of jy nog ander kan aansteek hang alles af van of jy nog die virus onder lede het. Die dokter sal jou kan help of anders moet jy jouself nog as aansteeklik beskou vir die volgende 3 weke.
      Hepatitus A kan wel 'n swangerskap beinvloed. Normaalweg is die komplikasies egter nie te ernstig nie, maar as jy steeds dink jy is swanger moet jy weer by die dokter uitkom.
      Die goeie nuus is nou dat jy Hepatitus A gehad het is jy imuun daarteen en sal dit nooit weer kry nie.

      Delete
    2. More my skoonsusi het geelsug ek wil weet of wanneer dit aansteeklik is voor die tyd of na die tyd. En ons is n klomp mense in die huis en daar is selfs 4 kinders hoe kan n mens keer dat die kinders dit ni kry ni. En hoe lank is dit aansteeklik.

      Delete
    3. Dit hang af van wat haar geelsug veroorsaak het. Geelsug op sigself is nie 'n siekte nie, dit is 'n simptoom. So dit hang af van wat die geelsug veroorsaak het.

      Delete
  18. Vermoed ek het geelsig op gedoen,is dit normal dat jy baie jeuk?My vel is baie jeukerig,voel iemand n jeuk bal op my gegooi het.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Ek dink nie dis geelsug nie.

      Delete
  19. Anonymous16/9/15 11:13

    my suster se babatjie is nou 4 weke oud - en is vreeslik geel. hulle plaas hom in die son en dan gaan dit beter - maar hy bly vir my geel. is dit iets om bekommerd oor te wees?

    ReplyDelete
  20. Hello. Is twee weke terug gediagnoseer met hepatitis A. Was 5 dae in die hospitaal met 'n hoe dosis vitamien drup. Ek weet het 6 weke terug 'n mangeloperasie (op 40) gehad. Ek het in beide mangels absesse gehad en was regtig baie siek die jaar en op 'n klomp medikasie om my gesond te kry. Ek weet nie hoe ek die geelsug infeksie opgedoen het nie. Is daar 'n verband agv vergiftiging van my liggaam agv die siek mangels, of was ek maar net ongelukkig om dit op te doen. Die ander vraag is hoe lank vat die geel oe en vel om te verdwyn? ek moet weer oor twee weke begin werk en wil nie graag so gaan werk nie. Ek voel elke dag bietjie minder naar en beter, maar sal graag weer mens wil voel na die jaar van hel.

    ReplyDelete
  21. My baba was drie dae in hospitaal met geelsug en vandag is dag 3by die huis en sy OE is weer geel wat kan ek doen

    ReplyDelete
  22. Anonymous19/3/18 17:44

    My baba seuntjie is Donderdag 2 weke oud... Hy het geelsug van hy 3 dae oud is ek plaas hom elke dag in die son maar die geel gaan nie weg nie... Ek borsvoed en Hy drink baie goed elke 2 tot 3 ure hy kom ook nie siekerig of slaperig voor nie hy is wel op 36 weke gebore... Hoe lank vat dit vir baba geelsug om genees te word ek bekommer my oor sy gesondheid baiw dankie

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous20/3/18 11:09

      In die geval sou ek hom kliniek / dokter toe neem vir gemoedsrus.

      Delete
  23. Anonymous19/3/18 18:22

    My seuntjie is Donderdag 2 weke oud. Hy het van 3 dae af geelsug ontwikkel. Ons sit hom daagliks in die son maar die geelsug klaar nie op nie. Is dit normaal vir baba geelsug om so lank in sy sisteem te bly. Hy is nie siekerig of slaperig nie. Hy voed baie goed. Ek borsvoed hom elke 2 tot 2 en n halwe uur. Hy was op 36 weke gebore. Is daar iets wat ek hier omtrent kan doen? Hoe lank kan die geelsug nog duur. Ek raak regtig nou bekommerd. Baie dankie

    ReplyDelete
  24. Ek wil net hoor ek het na ek jare terug pampoentjies gehad het, geelsig gekry dr het gese dis hepatitis maar nie aansteeklike een nie. Kan dit weer voorkom want ek het dieselfde simptome .erge naarheid...hou niks in nie, behalwe as en n naarpil sluk...lewer is erg sensitief en seer en ek het geweldige hoofpyn. Oe is effens geel en ek bly moeg. Is daar enige raad

    ReplyDelete
  25. Ek wil net hoor ek het na ek jare terug pampoentjies gehad het, geelsig gekry dr het gese dis hepatitis maar nie aansteeklike een nie. Kan dit weer voorkom want ek het dieselfde simptome .erge naarheid...hou niks in nie, behalwe as en n naarpil sluk...lewer is erg sensitief en seer en ek het geweldige hoofpyn. Oe is effens geel en ek bly moeg. Is daar enige raad

    ReplyDelete
  26. Wat maag n volwase persoon eet wat geelsug het

    ReplyDelete
  27. Hi my ma het uitgevind syt geelsug maar net in haar gesug wat kan ek doen sal die mense wat by haar kom dit ook kry

    ReplyDelete
  28. Hi my seuntjie ht hepatitis A en geelsug ,hy was 3 weke trug getoets hy lyk baie beter maar jeuk nog in di aande as hy gaan slaap,moet ek bekommerd wees

    ReplyDelete
  29. Hi my seuntjie ht hepatitis A en geelsug ,hy was 3 weke trug getoets hy lyk baie beter maar jeuk nog in di aande as hy gaan slaap,moet ek bekommerd wees

    ReplyDelete
  30. Anonymous28/7/20 09:15

    Ek het geelsug en my hele hele liggaam jeuk. Van krontjie tot toontjie weet nie meer wat om te doen nie. Slaap nie want ek jeuk.

    ReplyDelete
  31. Hi. My ma het geelsug. Wat kan ek vir haar gee om te eet? Dr gesê geen stysel of vetterige kosse nie. Maar wat gee ek?

    ReplyDelete
  32. Ek dink ek sit met geelsug. Was nie by n dok nie. Maar het wel die apteek gebel en my simptome vir haar vertel. Sy se dit klink vir haar soos geelsug.
    Simptome is as volg.
    Geel oe
    Stoelgang probleme
    Pee geel oranje
    Moegheid

    Wat kan mens doen. En is dit geelsug of net die lewer wat bietjie probleme heten dit aansteeklik. Enige iemand my kan help asb. Waardeer dankie

    ReplyDelete