Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



31.7.23

Hoofpyn


Algemene hoofpyn word veroorsaak deur faktore soos spanning, allergieë, sinusitus, hormoonwanbelanse, koors, hoofbeserings en die toksiese uitwerking van alkohol en dwelms.

Pyntablette bring wel tydelike verligting, maar kan op die lang duur die lewer en niere benadeel. Die ondeliggende oorsaak moet behandel word.

Soek mediese hulp indien dit gereeld voorkom of voortduur, met ondraaglike pyn gepaardgaan en indien koors of ´n stywe nek voorkom.


Boereraat:

Gooi een eetlepel heuning in ’n glas warm water en drink.

♦♦♦

Meng een teelepel heuning saam met ’n koppie swart koffie en drink.

♦♦♦

Meng 1 eetlepel kasterolie en 1 eetlepel paraffien en smeer dit oor jou slape en voorkop. Gaan lê ’n rukkie.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

26 comments :

  1. Ek het as kind 2 x breinvliesontsteking gehad. Ek het vir die afgelope 2 weke 'n hoofpyn wat nie wil breek nie, maak nie saak wat ek gebruik nie. My nek is seer tot in my rug net onder kant my longe. Ek glo nie dis die ontsteking nie, maar wat dink u?

    ReplyDelete
  2. Jy moet so gou as moontlik by 'n dokter kom vir 'n diagnose. Hierdie simptome kan in sekere gevalle ernstige oorsake hê.

    ReplyDelete
  3. Ek wil graag weet wat dalk die oorsaak kan wees dat ek gereeld steek hoofpyne kry, lae rugpyn en buikpyn en voel somtyds duislig.
    Ek het eers die hoofpyne en duisligheid toegeskryf dat ek moet gaan vir oogtoetse, omdat ek weet my oe is bietjie swakkerig. Maar deesdae weet ek nie meer so mooi nie. Is al so vir twee weke.

    ReplyDelete
  4. Jy sal 'n dokter moet besoek vir 'n diagnose.

    ReplyDelete
  5. Anonymous14/1/10 11:26

    Goeie dag

    Ek sukkel nou al vir meer as 2 jaar met konstante hoofpyn, ek drink tot 8 Adco Dol tablette op 'n dag en weet dis nie reg nie. Ek was al by 'n Neurochirurg en Chiropraktisyn en niemand kon my help nie, die Neuro het tot vir my verdomde epilepsie pille gegee, hy reken dis kroniese migraine. My skouer en nek bly ook seer en my nek is permanent styf en seer. My huisdokter infiltreer die holtes agter in my kop met 'n kortisoon, maar dit vererger my hoofpyne op die lange duur. Ek het rerig nie meer raad vir myself nie - begin ook nou migraines kry wat ek nog nooit voorheen gekry het nie. Hulle het wel 'n brain wave gedoen op my en ultraklank maar nie 'n brainscan nie wat ek dink tog belangrik moet wees. Help asb.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous4/11/22 10:01

      Hi, het jy die oorsaak gekry vir jou hoof pyne? Ek het dieselfde probleem.

      Delete
  6. hi eks louise,my kop nou al vir 2 weke so seer dit in my oe en nek en rug,niks help nie ek drink baie water, ek is wel n roker ma kan ampe rook dan klop my kop al hoe meer

    ReplyDelete
  7. Anonymous7/3/11 10:47

    Louise,
    Gaan sien 'n dokter. Dit is dalk nie ernstig wees nie, maar mens weet nooit.

    ReplyDelete
  8. Anonymous19/4/11 10:24

    Hallo, ek het vir die afgelope maand erge hoofpyn. Ek gaan slaap met een en staan op met een. Enige raad.

    ReplyDelete
  9. Anonymous19/5/11 11:19

    Gaan sien 'n dokter so gou as moontlik. Baie keer is 'n hoofpyn 'n simptoom van 'n ander onderliggende probleem.

    ReplyDelete
  10. Anonymous6/6/11 13:43

    Ek kry nou al vir die afgelope viermaande hoofpyne dit gaan soos n golf beur my kop en dan trek dit my van balans af en dan moet ek gaan le tot die golf beur my hele kop gehardloop het lewe ook van pynpille en gaan slaap met kopseer en staan met een op help asb is al moeg

    ReplyDelete
  11. Anonymous23/6/11 10:29

    Jy moet dadelik by 'n dokter kom. Dit kan 'n aanduiding van iets ernstig wees.

    ReplyDelete
  12. Anonymous14/8/12 21:05

    Dit verbaas my dat so baie van julle raadop is met hoofpyn, en dit nog nie oorweeg het om 'n dokter te sien nie!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous10/7/17 11:59

      Baie het al 'n dokter gesien en gee net pille maar waar kry mens 'n goeie dokter?

      Delete
  13. Anonymous6/11/12 16:26

    Ek het nou 7 dae n kop seer gehad.Ek weet nie meer wat om te doen nie?Ek gebruik kop seer pille,maar dit werk nie.Ek gebruik nie gereeld kop seer pille nie,gebruik so min as moontlik,want ek haat pille.Dit is partykeer in my nek en soms links waar my slaap is.Dit is partykeer bo op my kop en dit voel of iemand my met n hammer en bytel op die kop slaan.Kry dit baie gereeld.Was ook al by die dokter.

    ReplyDelete
  14. More ek hoop u kan my help. Ek hoes vreeslik baie my bors trek toe dit voel of ek glad nie asem kry dis wanneer die hoes bui kom en dan daarna kry ek n geweldige hoofpyn

    ReplyDelete
  15. Anonymous27/1/13 11:12

    Goeie dag
    ek staan bedags op voel goed en net daarna begin ek duislig voel>Het erg sinus en nek spanning asook bloedruk 120 op 60?Kan dit asgevolg van al die wees?Moet ek n dr sien?

    ReplyDelete
  16. Goeie naand
    Ek sukkel nou al 'n paar maande met duisligheid, of ek staan, sit of le dit kom en gaan, dan is dit of ek van balans af is en kry hoofpyn gewoonlik net aan die eenkant van my kop met naarheid en sooibrand soms kry ek maagpyn daarmee saam dan is ek so moeg en wil net slaap. Ek was by die Kliniek Dr. my bloedruk was 135 oor 92 en die het vir my bloedruk pille gegee: "Ridag@12,5 mg Tabelette en Lansoloc kapsulus" die sooibrand was weg vir 3 weke maar is weer terug nadat die kapsulus klaar is. Ek is bekommerd wat aan gaan kan U my moontlik 'n aanduiding gee wat fout is. Baie dankie ek waardeer dit opreg.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Duislighuid en van ballaans af kan dit middeloor inveksie wees jy loop behoorlik teen alles vas

      Delete
  17. Die slegte nuus is dat as jou bloeddruk nie reg is nie jou algemene gesondheid daaronder gaan ly en dinge gaan net erger raak hoe ouer jy raak. Die goeie nuus is dat jy iets hieraan kan doen wat jou min geld gaan kos. Verander jou leefstyl. Dit beteken eet gesond en begin vandag oefen.

    ReplyDelete
  18. hi wil net weet wat kan ek doen ek sit al vir 15 jaar met hoofpyn en dit raak nou al hoe erger my nek styf my regte kant se oog swel toe en dis n erg steek pyn pille en kortisoon inspuiting werk glad nie meer nie ek kry di erg hoofpyn elke 2 tot 3 ure uit mekaar en hou vir n julle uur lank ek kan dit net nie meer vat nie en word duislig en word baie naar wat kan ek doen???

    ReplyDelete
  19. hey wil graag help he...ek sit al vir 15 jaar lank met hoofpyn en dit raak net al hoe erger my regte kant se oog swel toe en nek baie styf en dis n steek pyn kry dit elke dag pille of kortisoon inspuitings help nie eers nie en pyn is elke 2 tot 3 ure wat dit gebeur en hoe aan vir so uur lank en word ook baie naar en mut dan le tot weg gaan maar kom elke dag net erger terug wat kan ek dun???? was nog nie vir n brein scan nie...

    ReplyDelete
  20. Anonymous25/6/18 14:27

    hi ek het aanhoudende hoofpyne - ek bly pynpille drink is dit gesond om verskillende pynpille te drink? dit help nie ees vir die hoofpyn nie dit gee net n verligting ure daarna of die volgende oggend het ek weer n hoofpyne. ek soek help asb

    ReplyDelete
  21. Kan enige een vi my Raad gee sit Mt veskriklike hoofpyne was bydi hospital Al wat hle gee is pyn pille en pienk pille sodra x Dai pille drink lyk dit my kop Kan bars vni pyn

    ReplyDelete
  22. Hi,ek sit al so drie jaar met erg sooibrand, het dit onder beheer gehou met medikasie, die laaste week is my bors kostand aan die brand, ek sit heeltyd met kopseer en is heeltyd naar en het n hoesie ontwikkel, dir is heeltyd daar en gannie weg nie.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous18/1/21 13:35

      Het jy al 'n Covid-toets oorweeg.

      Delete