Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



13.12.23

Artritis / Rumatoiede artritis

Artritis is inflammasie (pyn en swelling) in een of meer gewrigte. Sommige tipes artritis kan egter probleme veroorsaak in ander organe, byvoorbeeld in jou bors, oë of selfs jou vel.

Dit kan verband hou met verswakking van die immuunstelsel, wat moontlik die gevolg is van ´n allergie of virusinfeksie.

Lyers kla van pyn, swelling, styfheid, misvormings en/of verminderde beweeglikheid.

Rumatoïede artritis
Rumatoïede artritis kom voor wanneer die liggaam se immuunstelsel nie goed werk nie. Dit tas gewrigte, bene (veral in die hande en voete) en organe aan.

Simptome sluit in 'n siek moeë gevoel en koors.

Osteoartritis
Osteoartritis is die algemeenste vorm van artritis. Dit kom gewoonlik saam met ouderdom en tas gewoonlik die vingers, knieë en heupe aan.

Jou dieet vir artritis

  • Drink gereeld Omega 3, 6 & 9 olie kapsules sowel as ysterpille.
  • Eet geel voedselsoorte: Appelkose, spanspek, pomelo, lemoene, suurlemoene, mangos, papajas, perskes, pynappels, wortels, pampoen, rooi soetrissies botterskorsies, suikermielies, nartjies en geel soetrissies. Die oranje pampoen en rooi soetrissies, lemoensap, komkommersap, wortels en waatlemoen kan ook help artritis voorkom.
  • Eet gereeld okkerneute, sojabone en vetterige vis.



Boereraat:

Meng 2 koppies Quaker Oats en 1 koppie water in 'n bak en verwarm vir 1 minuut in die mikrogolfoond. Laat effens afkoel en smeer die mengsel op jou hande vir erge artritis pyn. Dit streel en bring verligting.

♦♦♦

Probeer twee teelepels appelasyn en 'n bietjie heuning in 'n glas water, eerste ding in die oggend en weer saam met elke ete.

♦♦♦

Drink twee teelepels lewertraanolie vir vyf dae voor slapenstyd elke aand.

♦♦♦

Party mense sê koperarmbande help.

♦♦♦

Sien ook Kruie vir Kwale: Artritis

23 comments :

  1. Anonymous17/8/09 13:26

    Vraag 1: Wat is rumatoiede artritis?
    Vraag 2: My ma is 55 jaar oud en het behandeling gehad vir artritis wat behels het dat goudstof in die ontsteekte vingergewrigte gespuit is. Na 3 maande is die pyn ten volle terug. Wat kan u voorstel t.o.v. eetgewoontes en homopatie indien dit 'n verskil kan maak?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Cod liver oil kapsules gereeld neem. 'Vital' of ander make. Is gewoonlik by Vitamines op rak. (Lewertraan of walvisolie genoem). In die winter keer dit ook verkoues.

      Delete
  2. Suster Barbara Pelser17/8/09 13:27

    Gewrigsaandoenings:
    Hierdie sluit in:
    Rumatoiede artritis
    Osteoartritis
    Infektiewe artritis
    Jig (gout)

    Rumatoiede artritis:
    Rumatoiede artritis (RA) is 'n kroniese, sistemiese siekte wat gekenmerk word deur herhaaldelike inflamasie van die gewrigte. Die outoimuunsisteem val normale weefsel aan asof dit vreemde invallers is. Dit affekteer meestal die hande en voete, maar kan ook die organe soos die lewer en hart aanval.

    Die siekte gaan deur vier stadiums:
    1. Inflamasie van die gewrigte met vorming van vloeistof om die gewrigte.
    2. Vorming van granulasie in die gewrig by die kraakbeen, en neem die gewrig basies oor.
    3. Harde fibrositiese weefsel neem nou die gewrigspasie oor en dit veroorsaak minder beweeglikheid van die gewrigte en trek die vingers of tone skeef en het sodoende misvorming tot gevolg.
    4. Die fibrositiese weefsel kalsifiseer (verhard tot been) en veroorsaak totale onbeweeglikheid.

    Tekens en simptome:
    Algemene simptome soos moegheid, verlies van eetlus, gewigsverlies en styfheid kan die eerste simptome wees. Daarna raak die styfheid meer gelokaliseerd.
    Daarna kom voor:
    Pyn
    Styfheid
    Beperkte beweging
    Tekens van inflamasie: hitte, swelling, teerheid

    Alternatiewe behandeling vir pyn met artritis:
    1. Warm en koue kompresse
    2. Week hande in louwarm water met 2 teelepels Epsom sout 3. Laat 'n geswelde gewrig wat ontsteek is rus. Sodra dit egter beter is, oefen daagliks vir 20 minute. Doen veral spierversterkingsoefeninge. Dit sal die spiere om die gewrg soepel hou en die vervaardiging van smeermiddel aanmoedig.
    4. Eet gesond. Eet olierige vis soos sardiens en ook sade en neute, veral vlassaad. Volgraan bevat vetsure wat inflamasie teenwerk. Pynappel bevat bromelien, wat ook inflamasie teenwerk. Bromelien kan ook in tabletvorm gekry word.

    Aromaterapie:
    1. Kamomile en laventel verminder ontsteking. Week hande in louwarm water met twee druppels van elk.
    2. Juniper en sipresolie verminder swelling.. Gooi juniper en laventel in warm water- twee druppels elk. Neem 'n waslap en trek oor die oppervlak sodat die olielagie op die waslap kom. Plaas oor hande met 'n handdoek oor en 'n warmwaterbottel bo- op vir 30 minute.
    3. Maak 'n smeermiddel van twee druppels elk van: juniper, swart peper en kamomileolie, vyf druppels laventel en tien teelepels olyfolie.

    Kruie:
    1. Selderysaad en aloe vera (aalwyn)tablette
    2. Duiwelsklou tee

    Homeopatie:
    1. Gebruik arnica olie om die pynlike areas in te smeer.
    2. Rhus toxicondendron help vir pyn.

    ReplyDelete
  3. J. de Villiers17/8/09 13:28

    Ek wil graag meer uitvind oor artritis by kinders onder die ouderdom van sewe. My dogtertjie het April maand vanjaar 2 geword en is in 2004 met artritis gediagnoseer. Daar is egter nie veel raad aan ons as ouers gegee oor die aspek nie. Sy is baie aktief, en kla dan gereeld van pyn in die regterknie (ook waar dit gediagnoseer is). Is dit moontlik dat u vir my enige raad of dieet wyse kan verskaf. Ek glo dat die regte dieet baie sal help.

    ReplyDelete
  4. Anonymous17/8/09 13:28

    Kinders kan omtrent alle soorte artritis kry wat volwassenes kry. Jou dogter se tipe artritis klink soos 'n baie algemene soort wat by kinders voorkom. Jy moet gereeld die dokter met haar besoek sodat die siekte goed gemonitor word. Vra ook jou dokter of dit dalk nodig is dat jou dogter vir 'n oogtoets moet gaan. Oorweeg dit om 'n spesialis te sien. Dalk is dit ook nodig om 'n fisioterapeet te besoek met haar. Verder moet jy kyk dat sy genoeg oefening kry. Swem is die beste vorm van oefening aangesien dit dit minste fisiese druk plaas op haar knie. Staan ook by met 'n warm of koue lappie wanneer die knie seer en styf raak, of dalk 'n lekker warm bad. Haar dieet is belangrik. Vitamien E, kalium, omega-3 vetsure en bromelien-ensieme is belangrik. Vermy verfynde kos, versadigde vette, suiker en sout. Laat 'n dieetkundige jou help met 'n gebalanseerde dieet.

    ReplyDelete
  5. Wonnie Bothma17/8/09 13:29

    Die dokter het my aanbeveel om "perdesalf" te gebruik vir die pyn vir my rumatoiede artritis. Weet u waar ek dit kan kry of moontlik 'n ander naam daarvoor?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous16/4/12 23:44

      ICEMAN HERBAL COOLING GEL (Perdekop op linkerkant van "label")

      Delete
    2. Apteke en Dischem Apteek - ek dink Clicks hou dit ook aan

      Delete
  6. Johan Schoerie17/8/09 13:31

    Het pas sestig jaar oud geword, is baie gesond tot dusver, met n bietjie " gout " so nou en dan dan. Ek ervaar so die laaste vier maande dat ek pyne in my gewrigte asook in my voete ( so agter die klein toontjierond ) kry. Kan dit dalk iets soos rumatiek wees ? Iemand beveel aan dat ek vir my een van hierdie brass of koper armbande kry, help glo vir sulke pyne, of is daar dalk iets anders wat u kan aanbeveel.

    ReplyDelete
  7. Anonymous17/8/09 13:32

    Rumatiek is maar 'n algemene naam vir spierpyn. Dit klink inderdaad soos 'n vorm van artritis. maar vir 'n korrekte diagnose hiervoor moet jy asseblief 'n dokter gaan spreek.

    ReplyDelete
  8. Anneline Davids17/8/09 13:34

    Ek wil graag weet watter natuurlike medikasie kan ek gebreuk vir my arthritis. Ek gebruik op die oomblik so baie pille wat die dokter voorgeskryf het ,maar is elke dag onder pyn.

    My voete ,hande pyn verskriklik elke dag en boonop werk ek so dit is baie moelik , ek glo aan natuurlike medikasie maar is nie seker wat om te gebruik nie ,as iemand net raad kan gee asb sal ek dit waardeer.

    ReplyDelete
  9. Anonymous18/5/10 10:53

    My dogtertjie is op 2 gediagnoseer met juveniele rematoide artritis,dit het albei haar middeltone en brug op beide voetjies aangetas, sy kon glad nie loop nie, dit was 'n geweldige slag vir ons. Ons weet dit is 'n wonderwerk, ook al die wonderlike alternatiewe medisyne wat op ons pad gekom het, sy is nou ses, en is ten volle genees, ons het onderandere Emuolie vir haar gegee om te drink, net 2 ml 'n dag, dit is werklik een van die wonderlikste olies, met al die omegas wat nodig is, en is 'n natuurlik inflammatoriese produk, ek het dit van Emuphoria in Potchefstroom bestel. Groete, Rolien

    ReplyDelete
  10. Glo dit as julle wil. My vrou kom Donderdag by die huis aan na werk en is so kort van draad soos 'n dinamietkers se lont wat op die punt is om af te gaan. Die rede: Erge artritis in albei haar knieë - soveel so dat sy amper nie kan beweeg nie. Bel dokters en kry afspraak vir Vrydag. 41 NZDollar later kom sy uitgestruikel en gaan koop Voltaren wat voorgeskryf is om die pyn te verlig - NZ$3 i.p.v. 9.24 NZDollar , want dit word gesubsideer deur die staat. Kon nie dadelik x-strale laat doen nie want die masjien was net voordat sy ingestap het afgeskakel - moet Saterdag 11:30 in Lower Hutt x-strale (181 NZDollar) laat doen. Toe sy by die huis kom kook sy en ek klim dadelik op die Internet en soek boererate op en kom op julle webbladsy af en lees oor die emuolie en veral die laaste een oor die dogtertjie wat sedert 2 jaar juveniele rematoide artritis gehad het en genees is. Saterdag toe koop ek 'n botteltjie emuolie 22 NZDollar en ook 'n bottel emuoliekapsules 29 NZDollar. By die huis gekom het ek dadelik vir vroulief 'n kapsule gegee en dadelik albei knieë met emuolie wat ek bietjie verhit het ingesmeer, met gladwrap toegedraai en gewone kruipverband daaroor. Sy het aan die slaap geraak en later opgestaan met redelike pyn en die aand na aandete is die proses herhaal EN vanoggend toe sy wakker word was haar woorde: "Ek het so lekker geslaap vanaand." Ek sê heel onbeskof vir haar dat ek nie belangstel oor hoe sy geslaap het nie, ek wil weet hoe voel haar knieë en haar onmiddelike reaksie was, " Ek kan my knieë buig en ek voel geen pyn nie." Het daarna haar een voet se enkel en kuitspier ook gesmeer want die was maar bietjie olik en seer. Sal weer gesels indien daar enige verandering is.

    ReplyDelete
  11. Anonymous18/1/11 22:36

    Dit klink nou wonderlik as dit werklik vir artritis help! Ek glo aan die koperarmbande alhoewel ek gereeld ook omega 3 en ander middels gebruik. Ek vind dat wanneer ek die armbande afhaal ek baie gou pyn in my vingers kry en my vingers word baie styf en is redelik verdraaid met osteofiete. Wanneer ek die armbande dra dan word die pyn werklik draaglik en kan ek met my breiwerk waarvoor ek so lief is aangaan.Ek het dit nou al oor 'n tydperk van jare uitgetoets. Ek meen dat artritis maar deel van die ouderdom is maar as 'n mens iets kan kry wat dit maklike maak om jou ledemate te kan gebruik dan "werk" so 'n produk.En waarom nie. "n mens wil tog so lank as moontlik selfstandig bly!

    ReplyDelete
  12. Ek was by n ortopediese dr en daar is gese ek het alreeds arthiritis in my enkels en dat my kniee vol arthiritis is ek het konstant pyn enkel been en kniee swel verskriklik wat kan ek gebruik daarvoor daar is dae dat ek glad nie kan loop nie en my knieg raak stokstyf ek kan ook nie ver loop meer nie

    ReplyDelete
  13. Ek baie seer in my enkel as loop my enkel is vas gemaak en kan nie meer beweeg maar bly baie seer as Ek baie loop asb Wat kan dit wees

    ReplyDelete
  14. Elmboog kraak gedurig (L)nie pynlik

    ReplyDelete
  15. Sit met n vinger wat baie seer en geswel is wil ni eens nie buig nie soek Groot asb raad kan dit ni meer Handel nie

    ReplyDelete
  16. Sit met n vinger wat baie seer en geswel is wil ni eens nie buig nie soek Groot asb raad kan dit ni meer Handle nie

    ReplyDelete
  17. Ek sal van die rate volg. Wat ek tans gebruik wat darem die pyn onderdruk en soms dae geen pyn het is: Panamor, arthrexin wat ek gewoonlik twee arthrexin en een panamor drink. Dit wissel ek soms af met diclo-flam wat ook goed werk.

    ReplyDelete
  18. Anonymous1/11/22 12:57

    Pyn in kniee

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous2/11/22 15:35

      Het jy van die rate hier bo probeer? Is jy gediagnoseer met artritis, anders kan dit ook iets anders wees.

      Delete
  19. Anonymous20/1/23 11:56

    as ek soggens opstaan dan is my middelvinger gebuig en seer dan moet ek my vinger oop vorseer.maar deur die dag as ek werk dan is hy wee reg

    ReplyDelete