Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



8.7.09

Miskraam

'n Miskraam is wanneer 'n baba te vroeg kom of die vrug doodgaan.

62 comments :

  1. Ek het so 8 weke terug 'n miskraam gehad op 20 weke. Ek het in-vitro gehad en 'n drieling verwag. Ek het kontraksies begin kry so twee weke voor die miskraam,maar het nie geweet dat dit kontraksies was nie (dit was my eerste swangerskap). Die dokter het gese die rede vir die miskraam was my serviks wat te vroeg oop gegaan het en my baarmoeder wat nie kon bybly nie, ek het te vinnig uitgesit. Hy het gese hy kan nie 'n steek in my baarmoeder sit nie dis te laat en die kans vir inveksie is te groot. Ek wonder tog of hulle nie maar ten minste een babatjie kon red nie? Dit was 'n vreeslike slag vir ons. Ek is 33 en het in-vitro gekry weens endometriose wat swangerskap bemoeilik het. Kan ek nou makliker self swanger raak na die skraap, en sal ek een babatjie kan dra?

    ReplyDelete
  2. Anonymous8/7/09 08:22

    'n Miskraam is 'n vroegtydige bevalling waarby die vrug dood is. Sowat 20% van alle swangerskappe eindig in 'n miskraam. Probeer gerus eers sonder die in-vitro bevrugting. 'n Vrou kan altyd weer swanger raak na 'n miskraam en lewe skenk aan 'n gesonde baba.

    ReplyDelete
  3. M. Joubert8/7/09 08:22

    Ek wil graag weet of daar 'n manier is om te bepaal of 'n mens 'n miskraam gehad het. Ek het 'n sterk vermoede gehad ek is swanger maar ek het nooit toetse laat doen om dit te bepaal nie want ek het kort daarna (soos ek dit vermoed) 'n miskraam gehad. Dit was ongeveer 9 maande terug, maar nou wil ek verseker weet. Kan ek bloedtoetse laat doen?

    ReplyDelete
  4. Anonymous8/7/09 08:23

    Normaalweg word dit bepaal deur 'n bloedtoets of die ontleding van enige uitskeiding wat jy dalk kon gehad het. Dit is moontlik nou reeds te laat, maar doen in alle geval 'n bloedtoets om te bepaal of jy dalk 'n kanidaat vir 'n miskraam is.

    ReplyDelete
  5. Anonymous8/7/09 08:23

    Ek is tans 39 en het twee kinders 8 jaar en 10 jaar oud. Ek was swanger en het op 15 junie 2007 'n miskraam gehad op ongeveer 8 weke - rede onbekend. Lediging van die uterus het gevolg. Ek het my eerste maandstonde gekry daarna op 28 Julie. My siklus was voorheen klokslag 35 dae. Ek wil vreeslik graag weer swanger raak. My vrae is : is 39 te oud; hoe gou na 'n miskraam kan ek weer swanger raak aangesien die tyd teen my tel? Baie dankie vir u raad!

    ReplyDelete
  6. Anonymous8/7/09 08:23

    Nee, 39 is nog nie te oud nie. 'n Vrou is veronderstel om te kan swanger raak totdat sy ophou ovuleer. Vrouens wat twyfel oor hul ouderdom moet vir 'n algemene ondersoek gaan om te bepaal of hulle nog kan swanger raak.
    Dit word aanbeveel dat jy ten minste vir een maandstonde wag na 'n miskraam voor jy weer probeer swanger raak. Luister ook na jou liggaam. Indien jy voel dat jy nog nie fisies herstel het nie moet jy wag totdat jy reg voel.

    ReplyDelete
  7. Goeie dag, ek het nou onlangs weer 'n miskraam gehad. Die dokter se niemand weet hoe dit gebeur nie. Iewers tydens die ovulasie en gemeenskap, gebeur die volgende: Daar is 62 selletjies binne in die "eier", 54 van hierdie skei en dan die 8 wat oorbly vorm die baba, in my geval nou al twee maal het dit gebeur dat die 8 selle nie skei nie. Dus is die "eier" leeg alhoewel die baarmoeder groei. Kan Suster dalk vir my sê hoekom gebeur dit en wat kan ek doen dat dit nie weer moet gebeur nie. Ek het 'n pragtige seuntjie! Hy is al 6 jaar oud. Maar ons wil graag nog 'n baba he. Ek sal dit waardeer!

    ReplyDelete
  8. Anonymous8/7/09 08:24

    Hierdie tipe miskraam is verantwoordelik vir omtrent 30% van alle miskrame. Dit is nie iets wat jy gedoen het of kan doen om dit te verhoed nie. Jou dokter is reg, daar is nie sekerheid oor wat dit veroorsaak nie. Navorsers vermoed dit is eenvoudig 'n chromosomale afwyking in 'n spesifieke eiersel of spermsel. Indien julle nog 'n baba wil hê moet julle eenvoudig net weer probeer. Die goeie nuus is dat opeenvolgende miskrame baie skaars is, sowat 0,5 - 1% van dames wat 'n miskraam gehad het.

    ReplyDelete
  9. Karen Smit8/7/09 08:25

    Wat gebeur volgende ek het 2 miskrame gehad nou het ek weer die simptome maar voel nog niks veranderings aan my ligaam en raak bekomer.

    ReplyDelete
  10. Anonymous8/7/09 08:25

    Sorg dat jy so gou as moontlik by 'n dokter uitkom!

    ReplyDelete
  11. Ek het ‘n miskraam gehad op 7weke. Ek wil net graag weet, ek het ‘n voorbehoed pil gebruik vir 5jaar lank. Ek het dit Oktober 2008 gelos en die 21 Januarie 2009 uitgevind ek is 4weke swanger . Toe die 28ste ‘n bloederige afskeiding gekry, en dinsdag het dit meer geword en het pyn gehad dit het al hoe erger geword toe later ‘n miskraam gehad. Wat het dit veroorsaak die voorbehoed pil wat nog nie heeltamal uit gewerk het nie? Alhoewel dit ‘n baie ligte pil was. Moes ek dalk langer gewag het om swanger te raak?

    ReplyDelete
  12. Anonymous18/1/10 09:18

    Ek vermoed ek het 'n miskraam gehad maar is nie seker nie. Kan iemand my se wat gebeur as jy 'n miskraam het en wat die simptome is asb?????

    ReplyDelete
  13. Anonymous23/2/10 12:04

    Ek het 2 miskrame na mekaar gehad in 'n kwessie van 5maande se tyd. Die 2de keer was dit 'n tweeling gewees. Ek het alreeds 2 kinders wat gesond is en niks was fout met hulle swangerskappe nie. Hoe gereeld of normaal is dit om 2 miskrame na mekaar te kry. Is iets fout met my.

    ReplyDelete
  14. Anonymous11/4/10 11:39

    Ek is 12.5 weke swanger, het al 2 kinders en het nog nooit 'n miskraam gehad nie. Maar iets verkeerds is besig om te gebeur... Daar was 'n bietjie waterige bloed, 'n pynerigheid en ekt duiselig gevoel, toe gaan ek dokter toe. Hy't my maag gevoel en omtrent oral waar hy gedruk het was dit seer. Op die sonar kon hy niks fout vind nie. Terug by die huis was daar weer pyne en iewers deur die nag moes ek toilet toe gaan. Tot my skok was die water rooi... Is ek oppad na 'n miskraam of nie en wat kan ek doen?

    ReplyDelete
  15. Anonymous31/5/10 10:35

    Ek was 5 weke swanger en het ook 'n miskraam gehad. Ek weet nou nog nie wat fout was nie dit was 'n tweeling! ek het 1 dogtertjie van 2 jaar oud en was baie opgewonde maar 'n week na ek uitgevind het het die miskraam gebeur. Ek het al die medikasie gebruik wat ek kon maar ons liewe Heer het anders besluit. Ek sal nou maar 'n maand wag en dan weer probeer wie weet!!

    ReplyDelete
  16. Anonymous19/6/10 17:36

    Ek 8 junie miskraam gehaat en dokter kan baba gekry het nie julle se my bloed wys ek het miskraam gehaat ek weet nie ek was so moet ander kinder ook wat gebeur met vrou dat dit gebeur ?

    ReplyDelete
  17. Anonymous19/6/10 17:39

    Ek was 9 week kan baba geraak in die Baarmoeder in in dokter kan haar nie vind nie ek het 8 junie baba voel beweeg ek toe 9 junie baie bloei ek weet nie ek voel nog so swanger ek weet wat om te se nie my bloed wys se 'julle' ek het miskraam gehaat dink u ek moet iemand toe gaan weet wat julle doen gaan

    ReplyDelete
  18. Ek was 3 jaar terug swanger gewees en my seuntjie is op 27weke gebore en hy het bloeding op die brein gehad en as gevolg daarvan het hy net 6dae gelewe sedert 2007 het ek gesukkel om weer swanger te word en het die 3 julie 2010 uitgevind ek is weer swanger en was baie opgewonde ek het op die 23ste julie uitgevind ek het n miskraam gehad nou voel dit al half vir my kinders is nie vir my bedoel nie maar wil baie graag swanger word maar bang vir nog n mislukking is daar enige raad wat my kan help en het ek behandeling nodig? wanneer is die beste tyd om nou weer te probeer?

    ReplyDelete
  19. Anonymous4/8/10 17:40

    Ek het op 1 Aug 2010 'n miskraam gehad op 12 weke. Die baba was so deel van my en my man se lewens. Ek is gebreek en dit voel asof daar niks in die lewe is wat dit weer gaan regmaak nie! Ek mis die lewe in my en is onsettend bang om weer te probeer vir kinders juis omdat ek nie weer so seer wil kry nie

    ReplyDelete
  20. Ek is drie maande swanger en dit is my eerste. Ek is 32 jaar oud en voel vreeslik dom met hierdie swangerskap. Ek sou graag wou weet wat is die gemiddelde hartklop van ´n baba op drie maande. Ek was op sewe weke by die ginekeloog en die baba se hartklop was 176bpm en die groote 0.9cm. Is dit normaal? Ek is bang daar gaan iets fout omrede ek nie regtig weet wat om gedurende die swangerskap te verwag nie. Dit sal ook regtig waardeer word as u kan aandui wat die tekens van ´n miskraam is.

    ReplyDelete
  21. Baie geluk met die swangerskap. Ek wens jou net alles van die beste toe. Die normale hartklop van ´n fetus is tussen 120 en 160, maar 176 is niks om oor bekommerd te wees nie. Babatjies groei teen verskillende tempo´s. Jou ginekeloog sal wel optel of die swangerskap vorder soos dit moet of nie. Wat jy kan verwag is dat jou pensie elke 2 weke met ´n sentimeter sal verhoog soos die babatjie groei. Op plus minus 18-20 weke sal jy beweging voel. Teen 36 weke sal jy baie ongemaklik wees omdat die baarmoeder reg onder jou borsbeen sal sit. Daarna beweeg dit af soos wat die babatjie in jou bekken ingaan om reg te maak vir geboorte.

    Die volgende is gevaartekens en jy moet DADELIK jou dokter kontak as jy dit ervaar:
    ENIGE bloeding, maak nie saak hoe gering nie.
    Lae buikpyn, of pyne soos tydens menstruasie.
    Geswelde voete in die oggend as jy opstaan, of as jou ringe so styf word dat jy dit nie meer kan dra nie.
    Erge hoofpyn.
    As jy beweging begin voel en die babatjie beweeg minder as gewoonlik.
    As jou water breek voordat jy voltyds is (40 weke).
    Baie sterkte, en ontspan! Geniet jou swangerskap. Jy is welkom om my weer te kontak as jy nog enige vrae het.

    ReplyDelete
  22. Ek wil net graag by jou uitvind hoekom moet jy normaal geboorte skenk as die baba binne ´n mens dood is as jy ±sewe en ´n half maande swanger is. Hoekom kan hulle jou nie ´n keisersnit gee nie.

    ReplyDelete
  23. Hi
    Jammer oor die slegte ervaring wat jy gehad het.
    Daar is heelwat komplikasies wat met hierdie toestand saamgaan. Die gevaar is daar dat jy kan bloei en die keisersnit is ´n groot risiko.(Gifstowwe bou op a.g.v. die oorlede fetus en kan dan stollongsprobleme meebring) Jy kan ook makliker infeksie van die wond kry, wat onwaarskynlik is met ´n normale geboorte.
    Sterkte en gaan sien asseblief iemand om jou te help om dit te verwerk.

    ReplyDelete
  24. HI
    EK IS 10WEKE SWANGER, EK KRY DIE GEWELDIGE PYNE RONDOM MY BUIK, DIE DR SE MY BABA LE BAIE LAAG MAAR EK WEET NIE MOET EK BEKOMMERD RAAK OF WAT NIE, KAN IEMAND MY DALK ANTWOORD

    ReplyDelete
  25. Anonymous2/12/10 13:49

    Op 17 weke swanger se sonar het ek uitgevind my baba se hart klop nie meer nie en het op gehou groei op 14 en n half weke. Ons vermoed dit was die naalstring om die nek, want daar was geen ander komplikasies nie. Ek was glad nie siek if enige pyne gehad nie. Die volgende dag het ek spontaan n miskraam gehad. Ek het baie bloed verloor en voel nou premanent of ek wil omkap. Is daar iets wat ek kan neem om beter te voel en hoe lank vat dit om te herstel.

    ReplyDelete
  26. Anonymous15/2/11 12:11

    Ek het n miskraam gehad op 2maande en vandat ek uit die hospitaal gekom het voel ek baie anders. ek het begin puisies kry en ek tel gewig op en dan val dit weer af . wat veroorsaak dit ? gaan dit weer regkom of wat is fout ... help asb dit is baie frustreurend

    ReplyDelete
  27. Anonymous16/2/11 11:56

    Ek was op 8 weke by my dr en hulle kon my baba se hartklop kry en alles was reg, 3 weke later toe ek weer by die dr was het sy net vir my gesê daar is fout dit lyk nie of die baba gegroei het nie, na toetse het hulle gesien my telling het elke dag met 2000 begin val en die dr het vir my gesê dat ek 'n miskraam gaan hê. Ek het 1 dag later 'n miskraam gehad, wat kon dit veroorsaak het?

    ReplyDelete
  28. Anonymous17/2/11 10:40

    Puisie,

    Dit klink asof jou hormone deurmekaar is. Dit behoort te herstel oor 'n tydjie.

    ReplyDelete
  29. Anonymous17/2/11 10:42

    Jammer oor jou miskraam,
    Hulle behoort toetse te doen op jou miskraam en die dokter behoort jou in te lig sodra die uitslae bekend is. Vra jou dokter daaroor.

    ReplyDelete
  30. Anonymous24/2/11 10:15

    Hi,
    Ek is 24 en het 7 maande terug 'n miskraam gehad nadat ek amper 2 jaar probeer het om swanger te raak. Ek probeer nou weer vir die afgelope 3 maande, maar raak nie swanger nie. Is daar iets wat ek kan gebruik.

    ReplyDelete
  31. Anonymous24/2/11 10:16

    Op hierdie stadium sou ek niks neem, net ontspan. Probeer jou gedagtes iewers anders besig hou.

    ReplyDelete
  32. Anonymous1/3/11 10:54

    Ek wil graag anoniem bly, ek het in 2006 'n miskraam gehad en glad nie gegaan vir enige toetse of skraap nie. Ek was 'n paarkeer daarna op die pil en inspuiting gewees. Ek was nou onlangs weer vir 5 maande op die pil en is nou vir 3 maande van hom af Ek is op die oomblik verloof en ons wil graag beplan aan 'n babatjie. Kan ek nog swanger word sonder dag ek 'n skraap gekry het met die miskraam of wat??? Of is dit nie nodig om so iets te ondergaan nie???
    Dankie baie

    ReplyDelete
  33. Anonymous1/3/11 10:54

    Ja, jy sal kan swanger raak.

    ReplyDelete
  34. Anonymous5/3/11 15:58

    Goeie dag

    Ek is nou 7weke swanger maar kry bloeding soos 'n gewone maandelikse siklus maar sonder enige bloed klonte. Ek het ook geen pyne nie is dit 'n miskraam? Ek wil baie graag weet!

    ReplyDelete
  35. Anonymous7/3/11 11:03

    'n Dokter moet jou sien as jy bloei tydens swangerskap.

    ReplyDelete
  36. Anonymous22/3/11 10:16

    Hi ek en my man probeer nou al 2 jaar lank om swanger te raak, sonder enige sukses. Ek het 5 jaar terug 'n inveksie gehad wat toe behandel is. Kan dit dalk die rede wees hoekom ek nie swanger raak nie??? Ek was op Clomid vir 3 maande waarvan 2 maande dubbel dosisse was. My man se sperm telling is ook baie laag, die uitslae dui daarop dat ons maar 'n 50% kaans het op 'n swangerskap! Moet ek dalk gaan vir 'n skraap, of wat want ek weet nie meer watse kant toe nie!

    ReplyDelete
  37. Anonymous13/4/11 10:19

    Dis waarskynlik jou man se lae spermtelling. As mens minder op swangerskap fokus gebeur dit soms. Daar is altyd kunsmatige bevrugting vir julle.

    ReplyDelete
  38. Anonymous13/4/11 10:53

    Hello

    Hoe gaan dit ek hoop dit gaan goed
    Ek wil iets weet die meisie se sy is swanger van my Fiance af maar okay hulle het op ‘n tyd iets aan gehad
    Hukke het saam geslaap laaste jaar Mei 2010 julie wat on suit vind toe is sy al twee maande swanger

    Maar sy het nog nie ‘n baba gekry nie en sy bloei al van laaste jaar August af haar ma se die dokters en gynea kan nie ‘n hart klopping op tel nie
    Is daar miskien ‘n moontlikheid dat sy ‘n groeisel het want sy moes al einde Feb baba gekry het

    Help my asb

    Dankie

    ReplyDelete
  39. Anonymous13/4/11 10:54

    Dit klink nie goed nie. Sy moet so gou as moontlik 'n ginekoloog gaan sien.

    ReplyDelete
  40. Anonymous9/5/11 13:19

    Hey

    eks is 23 en is vir my 2de keer swanger ( onbekende tyd maar moet in die begin wees ). vandag toe ek toilet toe gaan en my afvee was daar effe bloed. moet ek bekommerd wees. ek het met my eerste kind ook deurbraak bloeding gekry maar hoekom ek nou bekommerd is is oordat ek 2jaar op die spyt ( depo provera ) was en my skoon sus wat ook op hom was het ook n miskraam gehad. enige raad asb of moet ek maar my dokter gaan sien?

    ReplyDelete
  41. Anonymous17/6/11 09:03

    Ek het op 22 weke my baba verloor. Ek het gegaan vir 'n amniosintese en 'n week na dit haar verloor. Ek het ook normaal met haar gekraam, en dit was verskriklik om die lewelose liggaampie van my baba vas te hou. Ek sukkel al van 2010 Oktober tot nou om swanger te raak, is daar hoop vir my?

    ReplyDelete
  42. Anonymous23/6/11 11:00

    Daar is hoop. Moet nie te veel daarop konsentreer nie.

    ReplyDelete
  43. Anonymous6/7/11 14:17

    Ek wil asb weet wat presies is n skraap. En hoe lank vat dit. My vriendin het vandag uitgevind haar babatjie is dood en moet vrydag vir n skraap gaan. Sys baie verskrik en maar net 21.

    ReplyDelete
  44. Anonymous6/7/11 14:31

    Tydens 'n skraap verwyder hulle enige oorblyfsels van die fetus. Dit wat hulle verwyder word normaalweg ontleed.
    Sy hoef nie bang te wees nie, dis 'n baie algemene prosedure en sy behoort weer Saterdag by die huis te wees.

    ReplyDelete
  45. Anonymous8/7/11 09:37

    Ek het dinsdag n miskraam gehad da is niks bloeding vandag nie is dit nodig om te gaan vir n skraap ek was 4 weke was 4 jaar op die pil kan dit wees dat die pil nog nie heeltemal uitgewerk het nie het n seuntjie van 4 jaar oud en wil graag nog n baba he

    ReplyDelete
  46. Anonymous12/7/11 10:13

    'n Skraap kan help bepaal wat die oorsaak van jou miskraam was.

    ReplyDelete
  47. Anonymous9/2/12 15:48

    Ekt n miskraam gehaat en sny my polse van dipressie ek wou soo graag 'n baba he en asgevolg val die miskraam kan ek nie meer kinders kry nie....

    ReplyDelete
  48. Anonymous27/2/12 12:29

    ek het op 6 februarie op 4 weke n miskraam gehad tot nou toe het ek nie weer gebloei nie dit is nou presies 3 weke en ek kry presies weer die selfde simptome van swanger skap kan dit wees dat ek weer kan swanger wees??? ek het nie n skraap gekry nie want dit was nog baie vroeg in die swangerskap enige raad asseblief

    ReplyDelete
  49. Anonymous27/2/12 15:55

    middag se. ek het ongeveer 11 jaar gelede 'n miskraam gehad. het by die dood omgedraai. ek het 'n skraap gehad. ek is nou vyf jaar geskei en kon nog nooit weer swanger raak. ek het geen idee of ek gesteriliseerd is. ek het 2 pragtige kinders uit my huwelik. verder sukkel ek met my periodes wat kom en gaan. dit maak my moeg. ek is nou 41 en is ek dalk in menopouse nou? ons arme evas, ook jare se moeilikheid wat ons moet deurgaan. ek sal 'n antwoord opreg waardeer.

    ReplyDelete
  50. Anonymous22/3/12 11:30

    Ek het so uit gesien na my baba dogter. My eerste swangerskap en dit was 'n ramp. Ek het die vorige dag net pyne ervaar en gedink dis normaal. Die volgende dag verloor ek my baba. Dit was die mees pynlikste dag van my hele lewe. My hele lewe het in een gestort die feit dat ek geen ondersteuning van enige van my famielie of vriende ontvang nie. My anstande het my begin afsny van sy lewe hy blameer my dat ek sy kind verloor het. Die hele miskraam spook by my en ek huil myself aan die slaap elke nag. Ek het niemand om daaroor te praat nie, ek begin myself te blameer wat met my gebeur het. My lewe voel waardeloos.

    ReplyDelete
  51. Goeiedag. Oktober is die maand waarin ons Internasionaal erkenning gee aan al die babatjies wat doodgebore is, hetsy agv Miskraam, Stilgeboorte of ander redes. Ons hou op Sondag, 28 Oktober 2012 'n Herinneringsdiens vanaf 11:00 in samewerking met www.mymiskraam.co.za. Venue:Wiesenhof Legacy Park, op die R44 naby Stellenbosch. Kom geniet 'n heerlike piekniek en staproetes en plant saam met ons 'n boom ter herinnering aan die babatjies wat in hul slaap gebore is... Vir meer inligting, e-pos sonja@ssfg.co.za.

    ReplyDelete
  52. Hallo almal. Ek het in Mei my eerste miskraam gehad op 4 weke. Dit was my eerste swangerskap. Ons was wel so gelukkig om uit te vind dat ek weer swanger was (in September uitgevind), maar dit het ook in 'n miskraam geeindig. Ek was hierdie keer 6 weke swanger. Ek is nou verwys na 'n ginekoloog en besoek hom eerskomende Vrydag. Ek het die 21ste Augustus laas 'n normale "period" gehad. Voor die miskraam het ek 2 keer "spotting" gehad, maar dit was nog voor die miskraam. Sedert die miskraam het ek nog geen bloeding gehad nie. Ek het al soveel gewig opgetel vanaf Mei maand. Dis so frustrerend. Het enige iemand dalk raad?

    ReplyDelete
  53. Anonymous19/2/13 14:30

    Goeie dag. Ek wil graag net uit vind ek het 3 maande terug 'n miskraam gehad op 8 weke. Dr het 'n skraap gedoen, ek het nog glad nie weer 'n period gehad nie. Die dr het gese dit is oor ek insulien weerstandig is, ek is nou 'n maand en 'n half op glucophage 500mg een in die aand. Maar daar gebeur niks nie ek verloor net gewig.

    Voor ek swanger was en miskraam gehad het het ek 10kg verloor en nog niks weer op getel nie in teen deel ek het al nog drie kg verloor.

    Het enige iemand raad vir my?

    ReplyDelete
  54. Anonymous19/4/13 21:01

    Kan u raad gee asseblief!! Deurbraak bloeding na sterlisasie amper twee jaar terug.Vir die afgelope ses maande is die bloeding erg. Die pyn is ongelooflik. Al wat ek kry is pynpille al sit ek huilend voor my dr met pyn wat so intens is ek wil gek word.

    Die pyn is soms so ondraaglik maar pille en niks meer vir my. Soms moet ek 'n doekie dra dik donker swart afskeiding. Ek is werklik raadop en my GP voer net pille. My man is baie simptiek maar vir hoelank>>

    ReplyDelete
  55. Goeie dag kan iemand vir my se h0e weet jy jyt n miskraam gehad?...

    ReplyDelete
  56. Wil weet ekt 2012 op 20weke n miskram ghad, 2015 baba op 6&half mande 2017 miskram op 22weke. Kan ek weer swanger word of moet ek wag.

    ReplyDelete
  57. Goeie middag ek wil graag weet of iemand my dalk kan se waar deur ek gaan of dit normal is, ek het Desember die 8st n home made pregnancy toets gedien en dit was positive en toe n week later het ek dok toe gegaan en ons het bloed toets gedoen en dit het gewys ek was swanger ek was 5 weke swanger, en so 4 dae later het ek n miskraam gehad omdat my bloeddruk te hoog is, so ek het die dokter gewys wat af gekom het en hy het gese dit lyk soos die baba wat af gekom het my miskraam, het gegaan vir die sonar op die selfde dag toe ek by die dokter was en hom gewys wat af gekom het, en op die sonar kon ons niks sien nie, alles het weer terug na normal gewys in die sonar so niks het agter gebly nie, het toe weer gegaan vir bloed toets en dit het gewys die telling tel op, toe het my dokter gese kom ons wag nou 2 weke wat ek het en nou op die 10 Jan 2020 het ek weer bloed toets gedoen en die telling het verdubbel, so vandag was ek by die gynae gewees en ons het die fagiena scan gedoen en dit wys alles normal en hy het my weer vir bloed toets gestuur, en nou moet ek hom die 16de sien wat die bloed toets gaan se, ek het hom ook alles vertel nes ek hier doen, so ek sal nou moet wag tot donderdag om te hoor wat die toe bloed toetse se, maar wat snaaks is dat hy gese get van af my laste period tot in met vandag is ek so 10 weke swanger, so ek kry nog al die symptoms van die swangerskap plus my maag voel swanger want dit swel soos n swanger skap, maar weet na my miskraam get ek nie eers behoorlik my period gekry nie ek het net gespot, en ek spot nou nog, kan dit dalk my mem brein wees wat nog nie besef het dat ek n miskraam gehad het nie ?? Ek sal net kan uit vind donderdag

    ReplyDelete
  58. Ek het op die 25ste april 2020 n miskraam gehad wat is die kaans dat as ek nou swanger raak ek nie weer een gaan kry nie

    ReplyDelete
  59. Ek het n miskraam gehad op die 25 ste april 2020 wat is die kaans dat ek weer een gaan he as ek nou swanger raak

    ReplyDelete
  60. hii ek wil nt luister hoe lank neem dit na n miskraam vir swangerskap sintome om weg te gaan

    ReplyDelete
    Replies
    1. Meeste simptome behoort weg te wees binne 'n maand, self so gou soos 2 weke.

      Delete
  61. Anonymous3/6/23 15:03

    Hi mama's ek kom vra maar net biejie raad ek het my 2 keer getoets
    wat posetief was en n clear blue wat ook was was vir bloedtoetse ook wat 2 dae uit mekaar was maar dokter het vanoggend gebel se telling gaan nie op was daar ook iemand wat so was wat n normale swangerskap gehad het

    ReplyDelete