Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



9.11.23

Breinvliesontsteking / Meningitis

Breinvliesontsteking is ´n infeksie van die vlies om die brein en die breinstam.

Die tekens en simptome is die volgende:
´n Baie hoë koors- 39- 41 grade C
Erge hoofpyn
Fotofobie (ligsensitief)
Stywe nek
Styfheid van die beenspiere wat dit moeilik maak om die bene te buig
Naarheid en braking
Verlies aan eetlus
Moegheid
Geïrriteerdheid
´n Uitslag kan voorkom op die liggaam en bene
Die pasiënt het gewoonlik verkoue of griep gehad
Pampoentjies en masels kan lei tot breinvliesontsteking

(bydrae: Suster Barbara Pelser)



(foto: Liza Summer)

55 comments :

  1. Petro Scheepers22/7/09 08:36

    Wil net graag uitvind, ek was in kontak met 'n kind wat breinvliesontsteking het, hy het erge koors en kopsere gehad toe ons daar was en is later die aand in die hospitaal opgeneem, is dit aansteeklik, en as jy aangesteek het hoe lank vat dit voor jy simptome het. En kan mens iets neem vir voorkoming!

    ReplyDelete
  2. Anonymous22/7/09 08:37

    Dit is aansteeklik en simptome kan binne 'n paar uur ontwikkel. 'n Stywe nek is tipies van enige soort breinvliesontsteking. Trek jou knie op tot by jou borskas, indien dit pyn in jou nek veroorsaak is dit dalk breinvliesontsteking.

    ReplyDelete
  3. Jean le Roux22/7/09 08:38

    My meisie het breinvlies ontsteking gekry maar op die hoogste vlak wat n mens kan kry. my vraag is. Wat is die kaanse dat dit trug kan kom?

    ReplyDelete
  4. Anonymous22/7/09 08:38

    Dit hang alles af van wat oorspronklik die breinvliesontsteking veroorsaak het. In meeste gevalle word breinvliesontsteking opgedoen deurdat ons in kontak kom met een of ander aansteeklike siekte. Soms gebeur dit dat breinvliesontsteking herhaaldelik voorkom, die oorsaak is normaalweg 'n aansteeklike virusinfeksie en dit is selde baie ernstig. Die ergste gevalle van breinvliesontsteking word egter nie deur virusinfeksies verorsaak nie, maar deur bakterië.

    ReplyDelete
  5. Ek het vanmiddag die skokkende ontdekking gedoen dat `n klein rooi bosluis my 4 jaar oue dogter gebyt het op die kopvel, ek was besig om haar haartjies uit te kam en het op die ongedierte afgekom, ons het 3 honde, wat weekliks gedip word. wat ek graag wil weet, kan diè byt breinvliesontsteking veroorsaak en waarna moet ek op die uitkyk wees? Ons bly nogal ver van hospitale en drs af en wil voorsorg tref ...

    ReplyDelete
  6. Anonymous22/7/09 08:39

    Bosluise kan die virus dra wat breinvliesontsteking veroorsaak. Wees op die uitkyk vir simptome wat hier onder genoem word en kry haar by 'n dokter sodra dit net mag lyk asof sy simptome wys.

    ReplyDelete
  7. Anonymous22/7/09 08:40

    Is breinvlies ontstekking aansteeklik, en is dit moontlik om dit te kry sonder dat jy griep of pampoentjies gehad het?

    ReplyDelete
  8. Anonymous22/7/09 08:40

    Ja dit is aansteeklik en griep of pampoentjies beïnvloed nie of jy dit gaan kry nie.

    ReplyDelete
  9. Anonymous22/7/09 08:41

    Aangesien daar weer 'n paar gevalle onlangs uitgebreek het van breinvliesontsteking, het ek my apteker gekontak oor die inspuiting wat beskikbaar is vir kinders. Die apteker raai my aan om die inspuiting te laat toedien, maar een van die dokters op die dorp, se indien my kind al sy normale inspuitings gekry het van gebore af, moet ek nie die inspuiting laat toedien nie. Ek weet nou nie wat om te doen nie. Wat kan jy my aanbeveel asseblief?

    ReplyDelete
  10. Anonymous1/9/09 06:34

    My 14 jarige dogter het kouekoors, hoofpyn en se dat sy net wil slaap - hoevwel sy tog met tye heelwat aktief kan wees en haar sport doen..bloedtoetse is gedoen - wat sy gehad het en die uitslag was :borsluiskoors.Ons bly in n deel van die wereld waar die mense nie baie van borsluiskoors af weet nie - die dokter wil egter n spinal-toets doen - wat baie duur en skrikwekkend voorkom - intussen het sy geen antiobiotika gekry nie. Is die spinal-toets die enigste toets wat kan bepaal of sy wel breinvlies ontsteking het.

    ReplyDelete
  11. hi Ek wil ietsie uitvind. My suster se vriendin se boetie is laasweek donderdag oorlede aan breinvliesontsteking, en hy was 3 jaar oud en ook wel 'n draer van breinvliesontsteking. en hulle hele huis gesin moet almal gaan vir toetse, is dit moontlik dat ons huis gesin dit kan kry? moet ons iets doen?

    ReplyDelete
  12. Anonymous2/12/09 20:44

    Hi, ek wil net weet my kind se nefie is opgeneem met breinvlies ontsteking. As my kind dit nie kry nie is dit moontlik dat my vriendin wat swanger is dit kan kry of dat my kind die virus dra en sy dit dalk kan kry en nie my kind nie

    ReplyDelete
  13. Anonymous15/9/10 13:57

    hi ek wil net presies weet wat is die simptome van borsluiskoors. ek is gister gediagnoseer daarmee by my huisdokter.maar ek weet nie of ek al die simptome het nie en waarvoor ek alles op die uitkyk moet wees nie.

    ReplyDelete
  14. Goeie middag,ek will graag weet of jy weer breinvleisontsteking kan kry as jy dit al reeds
    as kind gehad het,en of ek liewers weer moet gaan
    vir die imuniesering inspuiting wat die staat nou aanbied?

    ReplyDelete
  15. Linda Swanepoel7/2/11 12:04

    Goeie dag. My man se skooonsuster se seuntjie het vermoedelik breinvliesontsteking gehad. Hy was perdfris en gesond. Kon al amper sit, was ses maande en kry toe 'n stywe nek, hoë koors, en kon nie sy arms beweeg nie. Die kind het vir al wat 'n toets gegaan, maar niemand kon heeltemal vasstel of dit wel breinvliesontsteking was nie. Wel die simtome klink beslis vir my of dit breinvliesontsteking was. Maar vandat hy so siek geword het, sukkel hy om te sit of te kruip, en dit is asof hy nie beheer het oor sy spiere nie. Hy is al amper 'n jaar oud en kan nog nie sit nie, waar hy op 6 maande dit amper kon gedoen het. Kan dit die gevolge wees van breinvliesontsteking en kan mens enige iets vir die kind doen om hom dalk weer reg te kry? Baie dankie

    ReplyDelete
  16. Anonymous8/2/11 11:19

    Indien dit breinvliesontsteking was kan daar sulke probleme wees. Dit is nie vreemd dat die seuntjie al sy “vaardighede” vergeet het nie. Die balans kan ook versteur word deur die siekte.

    Mens moet maar geduldig wees. Indien dit nie lyk asof hy enigsins verbeter nie moet hulle hom na ’n spesialis neem vir ’n ondersoek.

    ReplyDelete
  17. My dogter is 22 en eers is bosluiskoors en tie breinvliesontsteking gediagnoseer. Dit is 10 dae later en met verskeie medikasie waarvan ook antibiotika is daar nog geen verbetering nie.sy het geen koors maar het n ongekende hoofpyn en al die ander simptome. Help asb met raad huidige medikasie blyk egter nie genoegsaam te wees om haar pyn te verlig nie.Susan Austin

    ReplyDelete
  18. Anonymous10/2/11 12:11

    Susan,

    Mens verwag gewoonlik verbetering na die medikasie, maar dis moeilik om raad te gee met die kombinasie. Simptome kan ook vir 14 dae in totaal aanhou vir beide bosluiskoors en breinvliesontsteking.

    Neem haar dokter toe indien jy bekommerd is.

    ReplyDelete
  19. Anonymous26/2/11 20:03

    Hi, ek is so 4 dae terug gebyt deur 'n rooi bosluis in my binne arm, die byt plek het opgeswel en was rooi, ek wil net weet of ek dadelik dokter toe moet gaan, en ek het 'n 6 maande oue dogtertjie, bang ek steek haar aan met iets...
    Marisa

    ReplyDelete
  20. Anonymous28/2/11 10:21

    Wanneer die volgende simptome begin wys moet jy dokter toe gaan: 'n veluitslag, koors, lyfseer, hoofpyn, geswelde limfkliere en soms bloeding onder die vel. Dit kan tot 'n week of twee wees voor simptome wys.

    ReplyDelete
  21. Anonymous7/3/11 10:29

    ek het al vir 'n week en 2 dae 'n aanhoudende hoofpyn. voor dit het ek opgegooi en griep gehad. gister het ek begin met 'n pyn in my bo-rug. my oe is ongelooflik ligsensitief en ek bly moeg. ek is ook ongelooflik huilerig. kan dt dalk breinvliesontsteking wees?

    ReplyDelete
  22. Anonymous21/6/11 12:48

    Ons nanny is vanoggend oorlede en die hospitaal se dat dit breinvliesontsteking was. My hart baie seer, want sy het al laas Maandag gekla van seer nek, kopseer en dat sy sukkel om mooi te sien. Maar die kliniek het haar die Dinsdag gevra om die Woensdag terug te kom om dr te sien. Woensdag het hulle haar hospitaal toe gestuur. As die siekte betyds en korrek behandel was, sou sy dalk nog gelewe het. Sy is eers vanoggend, meer as 'n week later, dood. Hulle het nie na haar gekyk nie! En natuurlik moet ek my 3 kinder wat sy tot laas Maandag toe nog opgepas het, dophou vir simptone. Ek voel so magteloos en spyt dat ek nie self vroeer die simptonte gesien het en haar dalk na ander dr geneem het nie.

    ReplyDelete
  23. my son started with a feaver and a sore throat. yesterday he got a bad headache that stings in the front part of his head and his nek pains bad. took him to the hospital last night. they said it is tonssols and gave him antibiotics and send him home. what if it is meningitus? please help.

    ReplyDelete
  24. My dogter van 8 jaar het 4 weke terug breinvliesontsteking gehad. Het breinvliesontsteking enige nagevolge?

    ReplyDelete
  25. Ek het n vriendin wat al omtrent 5 keer Breinvliesontsteking gehad het,sy het nou weer....... wat sal die gevolg wees as sy dit weer kry vorentoe in haar lewe ??????? kan sy iets oorkom daarvan???????????????

    ReplyDelete
  26. Anonymous10/1/13 17:20

    Wil net graag weet ek het n hoofpyn nek en skouer styfheid en is naar asook baie slaperig kan dit dalk n teken wees van meningitis

    ReplyDelete
  27. Anonymous19/6/13 15:48

    Ek het breinvliesontsteking gehad, daar was gese daar is 2 tiepes..Ek het die 2de een gehad di ernstige een, ek het nog nooit kindersiekte gehad nie en hul het vir my verduidelik dat die virus 2 weke al in my liggaam was en iets het dit "getrigger" ek was vir n maand in die hospitaal en naderhand was daar vir my ouers gese ek herstel nie, Maar deur God se handewerk het ek n week toe later herstel, ek is n 19 Jarige Epelepsie leier en dit was baie gevaarlik, my eerste simptome was n erge kopseer wat nie wou breuk nie en toe di naarheid wat daar niks in my liggaam oor was nie en naderhand water uitgekom het, n week later het my koOrs gestyg na 40 dat my hospitaalbed gelyk het soos n spons wat nat was,,Ek is bekommerd want dit is weer volop in ons dorp, is dit moontlik dat ek weer kan aansteek of so?

    ReplyDelete
  28. Anonymous10/7/13 10:49

    Hi

    Ek wil net graag weet watter toetse en waar laat n mens dit doen, om te kyk vir breinvlies ontsteking. en kry n mens n jaarlikse inspuiting vir dit? Hoe werk dit?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous10/7/13 11:14

      'n Mediese kenner moet liefs jou simptome diagnoseer. Breinvliesontsteking kan lewensgevaarlik wees.

      Delete
  29. EK HOOP EK VRA NOU HIER OP DIE REGTE PLEK, MY DOGTER 31 HET SIEK GEWORD, EERS BAIE MOEG TOE ONTDEK SY EERS EEN KNOP EN N DAG LATER NOG TWEE KNOPPE OP HAAR KOP, AGTER IN NEK, DAARNA WAS DIT HOE KOORS, HOOFPYN EN NAARHEID, SY IS NA N HOSPITAAL WAAR HULLE NET VIR HAAR GESE HET DIT IS N INFEKSIE, EN MEDIKASIE WAARONDER ANTIBIOTIKA, BY DIE DERDE DAG WAT SY ANTIBIOTIKA GEDRINK HET WAS DIT BAIE ERGER, OOK UITSLAG GEKRY, NOU IS SY AL DRIE DAE KLAAR MET ANTIBIOTIKA, MAAR SY HET STEEDS ERGE LYFSEER, HAAR KINDERS HET REEDS BOSLUISKOORS GEHAD EN ONS HET DIT NATUURLIK ERKEN NA GELANG VAN DIE SIMPTOME, MAAR EERS TOE SY ALREEDS MEDIKASIE BEGIN GEBRUIK HET, KAN DIT WEES DAT MEDIKASIE DALK NIE REG WAS, EN OF DAT DAAR DALK N ANDER DIAGNOSE KAN WEES, SOOS BREINVLIESONTSTEKING OF DERGELIKS? GROETE ALTA

    ReplyDelete
  30. Hoe lank vat dit om erg siek te word voordat jou daaglikse werk nie meer kan verrig nie, deur breinvliesontsteking. Ek voel n week al baie sleg met simtome.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Jy behoort gouer as dit baie sleg te voel. Dit is 'n gevaarlike siekte, as jy dink jy het dit moet jy by 'n dokter uitkom.

      Delete
  31. Anonymous3/4/14 23:21

    hi , my ou is 21 en hyt onlangs begin sleg voel met n gowe kopseer want dis nogals baie warum hier by ons en toe raak hy onrustag ,is moeg maar kan nie vas of genoeg slap in kry nie , sy bene raak lam dat hy niks gevoel het nie hywas wel naar en het diarea gehat hy eet skars en het erg kop seer dis nou al 3-4 dae wat kan dit wees ..... daar is wel breinvliesontsteking in die dorp is dit moontik dat hy dit gekry het en as hy het wat doen ek ???

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous9/5/14 08:25

      Indien jy vermoed iemand het breinvliesontsteking, moet hulle so gou as moontlik mediese behandeling kry.

      Delete
  32. Anonymous24/5/14 09:52

    My seun 16 het duitse masels hy speel rugby en wil ons weet wanneer kan hy begin oefen en speel hy het Woensdag begin uitslaan en Dr se hy kan Maandag teruggaan skoll toe

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous24/5/14 14:36

      Op die stadium moet hy nog rus. As hy nie meer pyn in enige ledemate het nie en hy voel goed, behoort hy reg te wees. Julle kan net die dokter bel om seker te maak.

      Delete
  33. Anonymous22/4/15 13:54

    hi
    Ek het nekpyn nou vir 2 dae.Ek kon my nek net verslaap het maar dit gaan gou weg maar nou wil dit nie weg gaan nie.Ek het nie hoogpyn nie maar voel baie lighooftig.Ek kan my ken op my bors sit en my nek is nie so seer nie.My nek voel seer net in die een kant.Was nog nie siek nie ek dink nie so nie.
    Hoe sal ek uitvind of dit net nekpyn is of breinvliesontstekking
    Dankie

    ReplyDelete
  34. Midag se almal ek het so pas uitgevind dat my skoons nou gediagnoseer is met dit.wat is die nagevolge en is daar meds wat mens haar kan kry om te herstel groor asb!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Die person moet beslis onder dokterbehandeling wees. Moet dit nie self probeer doen nie.

      Delete
  35. Hallo almal, ek het vreeslike nekpyn. Ek kan met 'n gesukkel my ken op my bors sit maar dit is regtig seer. Ek het ongelooflik hoofpyn en is so klein bietjie lighoofdig. Hoe sal ek weet of ek net my nek verslaap het en of dit miskien breinvliesontstekking is.

    ReplyDelete
  36. Naand amal ek wil net uit vind my dogter is maar 6 dae oud syt n hoe koors begin kry van 38.6c to gaan ons na die plaaslike staats hosp to waar hulle nix vir haar gedoen het nie ha koors kom net ini aand en net vir n kort rukkie dan gaan dit weg kan dit breinvlies ontsteken wees

    ReplyDelete
  37. Hi, ek wil graag weet watse nagevolge iemand kan he na breinvliesontsteking? My dogtertjie was 2 weke oud toe sy dit gehad het en was 10 dae in die hospitaal. Sy is al 12 en sy is gediagnoseer met ADHD. Kan dit wees agv die breinvliesontsteking jare terug?

    ReplyDelete
  38. Hi. Ek het bosluiskoors gehad. Hoe lank na die medikasie bly die hoofpyne?

    ReplyDelete
  39. Hi. Hoe lank na bosluiskoors en medikasie bly die vreeslike hoofpyn?

    ReplyDelete
  40. Hi. Wat is kroniese meningites. Is dit aansteeklik. Hoe ernstig is dit

    ReplyDelete
  41. Hi daar,
    My seun is nou 6 jaar oud en kry so elke drie maande n verskriklike hoofpyn en gooi op.Hy was al vir menigte toetse en die dokters en pediator tel niks op nie,kan iemand raad gee of ons verwys na iemand toe wat kan asb?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous28/7/16 09:03

      Vra jou vraag ook by die afdeling oor migraine. Daar kan miskien raad wees hiervoor.

      Delete
  42. wil graag weet kan mens deur breinvliesonsteking deemekaar praat

    ReplyDelete
  43. kan mens deur breinvliesontsteking deemekaar praat

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous22/5/20 07:32

      Een van die simptome is 'n baie hoe koors. Met so 'n koors kan die persoon begin deurmekaar praat, MAAR moet nie sommer aanneem dit is breinvliesontsteking nie. Kyk na die ander simptome ook en kry mediese hulp.

      Delete
  44. Hi ek het die laaste 3 dae erg kopseer en my nek is seer ongemaklik seer

    ReplyDelete
  45. Ek het die laaste 3 dae erg kopseer en my nek is seer ongemaklik seer

    ReplyDelete
  46. Boererate v Breinvliesontsteking asb

    ReplyDelete
  47. Anonymous25/2/24 05:42

    Hello almal ek en my dogtertjie van 9jaar het al die simtome van breinvliesontstekking maar dr se nee dit is nie dis al 3dae wat ons net slaap aanmekaar en antibotika werk ook nie moet ek eerder hospitaal toe.Dis nie eerste keer wat dr my verkeerd diagnoseer nie het so paar jaar terug covid gehad toe se dr ek het griep was baie siek maar die keur is ek die siekte wat ek nog ooit was 3dae terug het dit gevoel ek gaan dit nie maak nie asb help

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous27/2/24 15:28

      Wat sê die dokter is dit? Hoekom het hy jou antibiotika gegee?

      Delete