Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



29.8.23

Hare


Wees versigtig vir onnatuurlike produkte. Allergiese reaksies teenoor chemikalieë in hierdie tipe produkte kom dikwels voor. Wees ook versigtig vir hardhandige behandeling en moenie die hare kam terwyl dit nog nat is nie. Masseer die kopvel om bloedsirkulasie te verbeter en sodoende haarverlies te beperk.

Boereraat:

Vir sterker hare, meng ´n eier saam met jou sjampoe en los op jou hare vir 15 minute.

♦♦♦

Stres is beslis 'n bydraende faktor vir haarverlies. Pas jou lewenstyl aan.
Ander vorme van haarverlies is oorerflik en ander soorte weens 'n siektetoestand of behandeling vir 'n siektetoestand. Swak eetgewoontes wat 'n tekort aan yster veroorsaak het ook haarverlies tot gevolg.

♦♦♦

Vir die haarlyn wat al pad vat agterkop toe of vir diegene wat sukkel met ´n paar yl haartjies laat weet Martie dat jy so 2 teelepels sout in jou sjampoe moet gooi.

♦♦♦

´n Eenvoudige metode om ´n dik bos hare dunner te laat voel:
Meng ´n halwe koppie wit asyn met ´n halwe koppie suurlemoensap en smeer op hare. Draai ´n warm handdoek om jou hare en los op vir 15 minute. Gebruik ´n bottel verslane bier om jou hare mee af te spoel.
Dit ruik dalk nie te lekker nie, maar die reuk gaan uiteindelik weg.

♦♦♦

Wend olyfolie aan droë hare aan en draai dan jou hare met ´n warm gestoomde handdoek toe. Los aan vir ´n halfuur en was uit met jou normale sjampoe.

♦♦♦

Gel vir jou hare kos nie min nie. ´n Vinnige tuisgemaakte gel bestaan uit 2 teelepels sout en ´n kwart koppie amandelolie. Gooi dit in ´n sproeibottel en gebruik. Dit is ook baie gesonder vir jou hare as die gekoopte alternatief.

♦♦♦

Asyn kan die natuurlike glans van jou hare na vore bring. Meng een koppie asyn en twee koppies water. Wend aan jou hare nadat dit gewas is en laat op vir 5 minute voor jy dit afspoel. Gebruik wit asyn indien jy blond is en ´n balsemagtige asyn indien jou hare swart of bruin is. Rooikoppe moet asyn gebruik wat gemaak is van framboos.

♦♦♦

Spoel ´n koppie vodka deur jou grys hare, nadat jy dit gewas het en met ´n handdoek afgedroog het. Moet nie uitspoel nie.

♦♦♦

Neem ´n kwart koppie asyn en die sap van een suurlemoen. Gebruik soos ´n opknapper. Dit is minder olierig as gewone opknappers en werk baie goed.

♦♦♦

Bier verskaf volume en glans aan jou hare. Meng 1 koppie bier met 3 koppies water en gooi oor jou hare nadat jy dit gewas het. Kam deur en spoel af na 3 minute.

♦♦♦

Soms het jou hare ´n blaaskans nodig van al die geblaas en gewas. Hier is ´n paar idees oor hoe om jou hare weer op te kikker:
1) Meng twee eetlepels mayonaisse met 1/2 teelepel heuning. Wend dit aan droeë hare en sit in die son daarmee vir so 20 minute. Spoel af met mineraalwater. Was soos gewoonlik agterna.
2) Wend 1/2 koppie geklitste room aan droë hare. Los aan vir 30 minute voor jy dit soos normaalweg was.
3) Maak jou hare nat met olyfolie. Bind toe met ´n handdoek en los aan vir 30 minute voor jy dit soos normaalweg was.

♦♦♦

Indien jy jou hare tydelik wil bruin kleur of jou natuulike bruin na vore te bring kan jy van die volgende spotgoedkoop metode probeer:
Voeg twee eetlepels kitskoffie by jou hoeveelheid opknapper wat jy normaalweg sal gebruik. Los die mengsel op jou hare vir sowat 2 minute en spoel af.

♦♦♦

Meng gelyke dele olyfolie (die regte soort) en heuning saam. Wend aan jou hare deur by die punte te begin. Bind jou hare toe met ´n plastieksak en draai ´n warm handdoek daarom. Los aan vir 30 minute voor jy dit uitwas met jou gewone sjampoe. Gebruik een keer per week vir die beste resultate.

♦♦♦

Meng 10 druppels suurlemoensap met jou sjampoe en sorg dat jy altyd jou hare in lou water was.

♦♦♦

Piesangs is vol proteïne en natuurlike vette wat gebruik kan word om gekoekte hare weer te ontknoop. Maak ´n oorryp piesang fyn en smeer dit aan jou klam hare. Bedek jou hare nou met plastiek en draai ´n handdoek daarom. Los dit so vir 15 minute en spoel af.

♦♦♦

Verwyder kougom uit hare deur 'n teelepel grondboontjiebotter in die kougom te vryf. Dit sal gou loskom.

♦♦♦

Kamme sal gou skoon kom as dit 'n rukkie geweek word in warm water waarin 2 teelepels koeksoda opgelos is.

♦♦♦

Die sap van 1 suurlemoen geklits met die geel van 1 eier is 'n goeie haarwasmiddel vir ligte hare.

♦♦♦

Skep natuurlike ligstrepe in blonde hare: vul 'n sproeibottel met twee derde koppie Vodka en een derde koppie suurlemoensap. Sproei aan klam hare, gaan uit en spoel eers die aand af.

86 comments :

  1. Diane Durhone7/6/09 12:58

    Wat doen die sout aan jou hare?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous24/4/23 00:41

      ek wil ook weet oor d sout

      Delete
  2. Anonymous7/6/09 12:58

    Epson sout verwyder olie van jou hare.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous4/4/14 07:38

      Wat moet jy doen met die epson sout?

      Delete
    2. Anonymous9/5/14 08:28

      Gooi 'n bietjie by jou sjampoe.

      Delete
    3. N Haarkapster het my hare met haas gesny toe sny sy die een kant met n kniper kort en aan die los sy dit so nou moet el dit dringend dieselfde kry kan jul my raad gee asb

      Delete
  3. Diane Durhone7/6/09 12:59

    Wat kan 'n mens gebruik om jou hare dikker en langer te laat groei?

    ReplyDelete
  4. Anonymous7/6/09 12:59

    Navorsing het bevind dat oefening en eetgewoontes wat 'n goeie bloedsomloop bevorder moontlik die sleutel is vir haargroei asook dikker hare.

    ReplyDelete
  5. Ek wil net weet of daar nie dalk een of ander produk beskikbaar is wat sal help om hare te laat groei nie. Ek het 'n probleem my hare breek en dit wil nie groei nie. Ek sal dit waardeer as jy my asb kan help dit moet nie 'n duur produk wees nie. Of as jy dalk raad het wat ek kan doen sal ek baie bly wees.

    ReplyDelete
  6. Anonymous7/6/09 13:00

    Gaan kyk by jou apteek of vra jou dokter oor haarprodukte wat Minoxidil bevat. Let wel dat dit nie geskik is vir kinders onder 18 jaar nie.

    ReplyDelete
  7. Kallie van Dyk7/6/09 13:01

    Ek skeer daagliks. Ek het 'n probleem met ingroei hare. Ek trek gewoonlik die hare uit met 'n "tweaser" maar partykeer sien ek nie almal nie, maar dan raak dit 'n groot knop en baie seer. Ek weet nie hoe om dit oop te kry nie. Ek het al alle skeerseep gebruik, maar niks wil werk nie. Ek gebruik skerp lemmetjies. Ek vra raad asseblief. Hoe om die ingroei haar uit te kry en ook hoe om hierdie probleem op te los.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous27/6/13 07:26

      Moenie dadelik skeer as jy opstaan nie. Wag eers so omtrent 15 minute. Skeer met Aquas Cream. Gebruik 'n outydse skeerkwas en sterk warm water voor jy die room aansmeer. Koop Bitter Aloe Gel by 'n Aloe Ferox Agent en wend dit na die skeerdery aan. Meng 'n bietjie sout in 'n teelepel olyfolie en "Skuur" jou vel een maal per week SAGGIES daarmee. Wend daarna weer die Bitter Aloe Gel aan. Hoop dit help vir jou.

      Delete
  8. Anonymous7/6/09 13:01

    Eerstens moet jy seker maak dit is 'n haar wat ingegroei het. Wanneer 'n man skeer kan daar soms knoppies ontstaan wat nie ingroeihare is nie. Gewoonlik kan mens die haar net onder die oppervlak sien.
    Hou 'n skoon, warm en nat waslap teen die haar vir 'n paar minute. Indien die waslap koud raak spoel jy dit net weer onder die warm kraan. Gewoonlik sal die haar nou sigbaar word indien dit nie was nie. Indien jy 'n warm waslap 10 minute lank op die plek gehad het en dit word nie sigbaar nie, dan is dit dalk iets anders as 'n ingroeihaar. Gaan spreek eerder dan die dokter.
    Neem nou 'n steriele naald of haartang en werk die haar uit die vel uit. Probeer om nie die haar uit te trek nie, werk net die punt uit.
    Was nou die area rondom die haar met warm water en seep. Moet nie seep gebruik wat die wel uitdroog nie. Maak nou die area skoon met 'n antiseptiese middel en wend 'n bevogtigingsroom aan.
    Indien jy gereeld sulke probleme kry moet jy 'n dermatoloog gaan spreek.
    Daar is deesdae ook 'n verskeidenheid rome op die mark, spesiaal vir ingroeihare.

    ReplyDelete
  9. Hello, ek het 'n probleem en soek 'n boereraat, my hare val verskriklik baie uit. Ek is op voorbehoed, 35 jaar oud, geen mediese geskiedenis nie. Dit is die afgelope 4 maande baie erger geraak, my hare is nie te lank nie bob, en dit is 5 mnde gelede gekleur. Enige voorstelle van aanvullings.

    ReplyDelete
  10. Anonymous24/7/09 15:07

    Ek sal regtig graag wil weet of iemand 'n aanbeveling het vir 'n produk of boereraad dalk wat hare dikker en sterker kan laat word. Ek gym daagliks, eet baie vars vrugte en groente, drink vitamiene aanvullings ens, maar nog niks het vir my hare gehelp nie.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous23/4/16 21:33

      Brandewyn gemeng met klaperolie dit werk en maak d hare ook duk en vergoed dat dit nie uitval nie

      Delete
  11. my hare blu uit val agter my kop,ek is al bles

    ReplyDelete
  12. Anonymous27/4/10 15:03

    Boereraad om hare vinniger en dikker te maak:
    200 ml johnsons shampoo
    10 ml Placenta
    50 ml amandel oliie
    100 ml pure coconut oil
    1 botteltjie bergemont essence
    1 boksie Voorbehoed pille.

    Meng alles saam in n voedsel verwerker, en was hare gereeld daarmee

    ReplyDelete
  13. Hi

    My vrou het totale haarverlies (Alopicia). Dit het nou n derde keer gebeur en teruggroei van hare wil nie begin nie.

    Daar is gevind dat haar lewer groen kristalle bevat en sy is nou besig om dit via n engelsesout/olie kombinasie maandeliks te verwyder. Drie keer al gedoen. Redelike klomp is vrygelaat, met die derde keer baie minder.
    Daar word vermoed dat dit die limfvatstelsel sal laat herstel wat nou nie funksioneer nie?

    Sy is ook gou uitgeput maar doen oefeninge daarvoor om haar hartklop te verhoog en asemhaling te verhoog.
    Met n ondersoek 4 en 2 jaar gelede toon haar skildklier nie probleme nie alhoewel daar blykbaar n klein vergroeisel is. Verder is sy maklik depressief wat al uit haar jonger jare voorkom.

    Enige raad? Is daar spesialiste wat julle haar kan na verwys?

    Baie dankie vir julle tyd.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Kan jy asb se presies hoe doen sy die engelse sout en olie ding. Ek sukkel met dieselfde probleem.

      Delete
  14. Anonymous9/7/10 15:46

    Wat kan help vir olierige hare?

    ReplyDelete
  15. Hi ek het hulp nodig ek het baie rekmerke en dis lelik ek was bietjie vet gewees en het baie mear geword en nou wil ek dit weg he ek voel ongemaklik met my self hulp my asb dankie

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous27/6/13 07:31

      Aloe Ferox maak Cellulite Gel en Anti Stretch. Kry dit van hulle en wend gereeld aan. Dit behoort te help.

      Delete
  16. Anonymous9/2/11 10:48

    Hoekom kry 'n vrou baard op haar ken en wat kan jy doen om dit te keer dat dit nie gebeur nie?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Die beste sal wees om jou hormone te laat toets by jou dokter

      Delete
  17. Anonymous9/2/11 10:51

    Gewoonlik is die oorsaak geneties, maar dit kan 'n aanduiding wees van 'n onderliggende mediese probleem. Sekere medikasie kan dit ook veroorsaak. Gaan spreek jou dokter as jy wil weet wat jou baard veroorsaak.

    Verwyder die hare met laser, waks ens.

    ReplyDelete
  18. Wat help vir hare wat baie uitval en om dit viniger te laat groei ,so vinnig as moontlik

    ReplyDelete
  19. Anonymous5/4/12 18:12

    ek kort raad vir merkies in my bikini-en bobeenarea agv ou ingroeihare. weet iemand dalk vir iets wat kan help?

    ReplyDelete
  20. Hi ek wil graag weet of dit waar is as jy jou hare baie kam of dit help dat jou hare viniger groei?

    ReplyDelete
  21. Anonymous11/6/12 12:00

    hi ek wil tog net raad he aan my hare wat so stadig groei ek wil weet wat kan ek mak lat dit kan viniger groei?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous22/7/12 11:05

      By die apteek kry jy n Lenon produk met die naam van Bergamot essence. Gooi dit in jou shampoo. dit laat jou hare vinniger groei.

      Delete
  22. Anonymous20/7/12 21:22

    wat kan ek doen my hare breek net op een plek af reg bo p my kop wat veroorsaak dit en dit groei net 'n sekere lengte dan breek dit af help my asb

    ReplyDelete
  23. Anonymous21/8/12 14:19

    My hare het op n stadium bo, aan die agterkant van my kop, baie gebreek. 'n Haarkapper het vir my gese dit is 'n ystertekort.

    ReplyDelete
  24. Anonymous3/5/13 09:09

    Wat help vir n babatji van 5 maande met droe kopvel en hare neig om erg uit te val daar waar dit droog is wat sal ook help vir die hare om te groei

    ReplyDelete
  25. Ek het ook raad nodig. My hare val baie uit. Is nou n maand op nuwe meds vir my skildklier. My hare is baie baie fyn. Ek wil dit kaalkop skeer. Sal my hare dikker terug groei as ek dit vir n paar maande skeer. Ek het al alles op die mark probeer maar niks werk nie. Ek is bereid om n pruik te koop en te dra. Asb enig raad.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous29/5/13 07:51

      Baie mense vertel my dat hulle hare meer welig groei as hulle dit skeer. Ongelukkig is dit 'n mite. Die hare vertoon soms dikker omdat die kleur aanvanklik donkerder is as die hare wat al al blootgestel is aan die elemente. As jou hare vir jou belangrik is kan jy gereeld 'n nuwe kapsel dra met 'n pruik. Of dalk is jy van daai gelukkige mense wat mooi lyk met 'n kaalgeskeerde kop.

      Delete
  26. Anonymous6/6/13 11:47

    raad raad asb ek is 57 my hare baie baie dun wat kan ek gebruik groot as

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous6/6/13 11:50

      Daar is ongelukkig geen 100% oplossing nie. Jy kan by die apteek vra vir aanbevelings. Maseer ook jou kopvel gereeld.

      Delete
  27. Anonymous12/7/13 11:24

    HI ENIGE RAAD VIR IEMAND WAT VAN ROOI/BRUIN HARE NA BLOND GEGAAN?
    NOU HET SY N ROOI SKYNSEL IN HARE AMPER ORANJE HET AL GETAIN VIOLENT GEBRUIK SY SOEK IETS WAT ASAP WERK?

    ReplyDelete
  28. wat kan ek gebruik my 9 jarige meisie het ash blond hare en elke tweede dag is haar hare olirig en wys vinnig baie vuil ?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Persoonlik sou ek nie te veel probeer op die stadium nie. Dit kan dalk net die hare se natuurlike pH versteur. Ek sou wag tot sy begin ontwikkel as jong vrou.

      Delete
  29. Anonymous9/11/13 13:39

    hi wat kan ek gbruik vir gesplete haar pinte asb dringend raad nodig dankie......

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dit beteken jou hare kort voeding en vog. Daar is baie raat op die blad oor natuurlike voeding vir hare.

      Delete
  30. Anonymous15/1/14 22:41

    Hi wat kan n mens gebruik vir swart tussen die bene ( skaf) as gevolg van vet wees en jou bene skuur teen mekaar

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous16/1/14 13:49

      Smeer sinkoksied aan nadat jy gebad het. Laat dit aan vir 'n tydjie en maak dit dan skoon met olyfolie.

      Delete
    2. Anonymous16/1/14 13:53

      Ek gebruik Vaseline.

      Delete
    3. Anonymous17/1/14 13:46

      Wat se vasaline en help dit darm

      Delete
    4. Anonymous1/5/16 19:49

      koop Magnolia tissue oil by enige Pep.Dit werk soos n bom! Smeer elke dag aan tussen jo bene op die skaaf plekke.Gebruik vi so paar weke en jy sal vinnige results sien.Die olie ruik baie lekker en dit lat voel mens se vel waar dit geskaaf het soos bababoutjies.Probeer dit gerus want ek het. Ek het geen probleem meer van blou swart geskaafde boude nie.

      Delete
  31. Anonymous20/1/14 09:28

    Sommer gewone Vaseline wat mens by die supermark koop.

    ReplyDelete
  32. Anonymous10/2/14 15:24

    Wat soort groente en vrugte is goed vir jou hare en vel.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous12/2/14 09:35

      Patats, spinasie, lensies en bloubessies is die beste.

      Delete
  33. Anonymous15/2/14 20:43

    Ek wil graag vra wat kan ek gebruik x 37jaar oud&het bje dun hare j sien my hele kopvel ek kry seer waner ek my haar kam gaan nooit salon toe nie x te bang hule gaan my seer maak&dit val uit ook

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous18/2/14 11:15

      Was jy al by 'n dokter oor jou sensitiewe kopvel?

      Delete
    2. Anonymous17/5/14 11:28

      Gaan sien n doktor of provesoneele haar kapster daar is een dy oom poul skool wat jou dalk kan help oo my maar ek is een van haar stoedente sy is oulie sy kan jou dalk help

      Delete
    3. Anonymous17/5/14 11:31

      Gaan na n dokter of n haarkaper daar is n gooie haarkaper dy oom pouel skool sy is daaie oulik gloo my ek weet want ek is een van haar stodente

      Delete
    4. Anonymous23/4/16 21:17

      Coconutoil help

      Delete
  34. Anonymous16/1/15 17:46

    Ek wil graag vra wat ek kan gebruik vir my seuntjie van 8jaar se kopvel. So 3 maande gelede het daar ' n blessie op sy kop gekom (amper soos 'n ringwurm) het al verskillende soort produkte by die apteek gekoop maar niks help nie. Die bles raak al groter en die hare wil nie groei nie en boonop het hy ekseem ook. Weet nie meer wat om te doen nie en hy is al so skaam wil nerens gaan nie, wil ook nie skool toe gaan nie. ASB ek is raad op.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous20/1/15 14:45

      Hy sal eers by 'n dokter moet kom sodat julle kan weet wat presies dit veroorsaak.

      Delete
    2. Anonymous19/1/23 22:31

      'Golden products' se supergrow bir plante - glo dit - het gehelp - aansmeer met pluisie aan die merk/plek wat die ringwurm gelaat het. Ek weet van iemand wie se seun se haartjies teruggegroei het

      Delete
  35. Anonymous5/9/16 14:27

    HI ENIGE RAAD VIR IEMAND WAT VAN ROOI/BRUIN HARE NA BLOND GEGAAN?
    NOU HET SY N ROOI SKYNSEL IN HARE AMPER ORANJE HET AL GETAIN VIOLENT GEBRUIK SY SOEK IETS WAT ASAP WERK?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Koop kleursel dye wat die woord ash in het

      Delete
  36. Anonymous7/10/16 00:21

    Hi wat kan ek gebruik om my hare terug te laat groei,val uit begin al bles raak

    ReplyDelete
  37. HIIII,

    wat kan ek maak om my man se hare dukker te kry, hy het vreeslike dun hare

    ReplyDelete
  38. hi jammer ek pla ek wil net weet wat help om hare vinnig te groei ???

    ReplyDelete
  39. Eks 15...Ekt my Hare baie Gedye...Enja Dit groei Stadig...Wat kanek Gebruik om Dit vinig Te laat Groei?Eks bang ek gan bles lol...Enek het my punte gesny dit help Darm...en my hare isnou blond...Dus Gevoed maar groei nie soos altyd nie..Enjge Raad Asb.

    ReplyDelete
  40. Eks 15 enekt my hare Baie gedye ....meer as 15 keer..lol...En dit groei nie meer nie...Maar vandat ek my punte geknip het begindit weer..maar nie so vinig soos gewoonlik nie...My hare is Gevoed..Maar ek kort raat om hare viniger te groei asb.

    ReplyDelete
  41. Eks 15 enekt my hare klomp keer gedye meer as 15 keer in 3 mande lol...Endit wili meer vinig groei soos altyd nie....Dit groei weer vandat ek my Punte geknip het maar dit groei rerigstadig..enmy hare is Blonde Nou...Dit is gevoed...vat net lank..Enige raad? Middels?

    ReplyDelete
  42. Eks 15 enekt my hare klomp keer gedye meer as 15 keer in 3 mande lol...Endit wili meer vinig groei soos altyd nie....Dit groei weer vandat ek my Punte geknip het maar dit groei rerigstadig..enmy hare is Blonde Nou...Dit is gevoed...vat net lank..Enige raad? Middels?

    ReplyDelete
  43. Eks 15 enekt my hare klomp keer gedye meer as 15 keer in 3 mande lol...Endit wili meer vinig groei soos altyd nie....Dit groei weer vandat ek my Punte geknip het maar dit groei rerigstadig..enmy hare is Blonde Nou...Dit is gevoed...vat net lank..Enige raad? Middels?

    ReplyDelete
  44. Eks 15 enekt my hare klomp keer gedye meer as 15 keer in 3 mande lol...Endit wili meer vinig groei soos altyd nie....Dit groei weer vandat ek my Punte geknip het maar dit groei rerigstadig..enmy hare is Blonde Nou...Dit is gevoed...vat net lank..Enige raad? Middels?

    ReplyDelete
  45. Hare te rooi gekleur wat kan ek gebruik om kleur uit te haal

    ReplyDelete
  46. Ek stel voor perfect hair tonic how kan dit gaan google die beste ooit .

    ReplyDelete
  47. Hallo, na ek my beenhare geskeer het is my bene vol rooi kolletjies... Wat kan dit wees? Dit staan nie uit soos n ingroei haartjie nie... Wat sal dit weg vat????

    ReplyDelete
  48. Hi ek soek dringend raad. Ek sukkel met n droë kopvel en my hare voel en lyk soos gras,, so droog is my hare. Enige raad asb.

    ReplyDelete
  49. Hare wat nie agter wil groei nie.

    ReplyDelete
  50. Anonymous30/8/20 00:57

    Ek wil weet wat is die oorsaak dat die hare uitval terwyl jy ook voefing gee

    ReplyDelete
  51. Anonymous4/12/20 10:35

    Wat kan ek gebruik vir my 10 jarige dogter se hare wat nie groei nie,

    ReplyDelete
  52. My hare het gebrand en x wil it graag laat uit my kopvel groei...wat kan ek gebryk want ek het n bles

    ReplyDelete
  53. Ek soek graag raad vir olie hare ek het al elke shampo getraai wat se dis vi olie hare maar niks werk ni eks al raad op.

    ReplyDelete
  54. Ek wil weet wat kan ek gebruik om my hare te laat groei

    ReplyDelete
  55. Ek soek raad vir nuwe hare wat uit loop op jou kop wat soos donsies in die lug staan asb.

    ReplyDelete
  56. Goeie raad maar wat kan n mens qebruik vir n bles wat nie wil qroei nie as qevolq van n knock

    ReplyDelete
  57. Anonymous8/11/22 08:56

    opsoek vir raad vir iemand wat blessies in sy kop hey

    ReplyDelete
  58. Anonymous27/2/23 07:45

    Ek ken iemand wat Lupus het haar hare Verdun baie is Daar dalk iets wat ek vir haar kan voorstel asb, Sy het altyd n duk bos hare gehad geen probleem met groei nie maar haar hare is nou baie dun en uil. Help asb.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous27/2/23 08:23

      Soos met alle outo-immuun siektes is ’n gesonde leefstyl en eetgewoontes uiters belangrik vir ’n gesonde immuniteitstelsel.
      Ek weet nie wat sy tans gebruik vir die lupus nie maar gewoonlik word die volgende gebruik vir behandeling:
      Kortikosteroïede, soos prednisone, en antimalaria middels kan dalk help. Sy sal egter met 'n dokter hieroor moet praat.

      Delete