Griep is baie meer ernstig as net ´n verkoue. Dit is die infeksie van jou lugweë. Die virusse takel ook die liggaam se weerstand. Dit bring mee dat sekondêre infeksies soos longontsteking, brongitis en oorinfeksie voorkom. Die virus versprei met behulp van druppels wat uitgenies, uitgehoes of deur aanraking oorgedra word. Die hele liggaam reageer gewoonlik op die infeksie met simptome soos hoofpyn, moegheid, swakheid, seerkeel, spierpyn, loopneus, koors en droë hoes. Dit kan tot ´n paar weke voortduur.
´n Griepinenting is jou beste verdediging teen die virus. Dit is amper ´n moet vir ouer persone, hartlyers en diegene met longkwale om elke jaar vir ´n inenting te gaan.
Gaan sien onmiddellik jou dokter indien jy die virus onder lede het!
griep net 1 antw rooibos tee en bloekom
ReplyDeleteheuning,drink vroegtydig so +/-2 tot 3 keer
per week vi net 3 weeke,,dee.ctz85@yahoo.com