Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



23.11.23

Borste - borskanker

'n Vrou se borste is vir haar baie belangrik. Dit is baie belangrik om enige verandering aan jou borste met 'n dokter te bespreek. Negentig persent van hierdie veranderinge is onskadelik, maar jy moet onthou dat een uit 12 vroue in ontwikkelde lande borskanker ontwikkel.

66 comments :

  1. Goeiedag, ek het die 3 maande inspuiting gebruik vanaf Julie 2004. Ek het my
    laaste inspuiting gehad in Maart, en my maandstonde het weggegaan in
    Feb.(wat vir my gesê is dat dit heeltemal normaal is). My probleem is dat my
    maandstonde nog nie teruggekom het nie. Ek het 'n swangerskap toets gedoen,
    is dit was negatief. My borste is baie seer en daar is melk in my
    regterkantste bors, (dit het nooit regtig weggegaan na my seun se geboorte
    nie). Is dit normaal?

    ReplyDelete
  2. Anonymous28/5/09 08:20

    Jy behoort 'n dokter te gaan sien. Indien jy nie by jou dokter uitsluitsel kry hieroor nie behoort jy 'n spesialis te soek. Moet nie stop voor jy presies weet wat die oorsake hiervan is nie.

    ReplyDelete
  3. Madelien du Toit28/5/09 08:21

    Ek is 33 en is op die pil en het twee kinders. My borste is nou al vir
    ongeveer 6 dae seer. My laaste menstruasie was 2 weke terug. Het ek rede
    om bekommerd te wees? Ek is bang dit is 'n swangerskap en aan die ander
    kant is ek bang dat daar iets fout met my borste.

    ReplyDelete
  4. Anonymous28/5/09 08:21

    Kan bloot hormone wees, maar gaan sien jou dokter om seker te maak.

    ReplyDelete
  5. Ek ervaar nou al weke 'n ontsettende gejeuk rondom my
    nippels/areola area. Ek raak al van my kop af. Ek krap dat die bloed loop.
    So jaar gelede is daar 'n klein klontjie ontdek wat aanvaar is as 'n sist.
    Ek het tot op hede nog niks daaraan gedoen nie, want ek beskik nie oor 'n
    mediese fonds nie. Wat staan my te doen, want ek is al rasend. Die hou net
    eenvoudig nie op nie.

    ReplyDelete
  6. Anonymous28/5/09 08:22

    Dit kan 'n teken wees dat jy allergies is vir iets. Dalk die seep waarmee jy jou was, die waspoeier waarmee jy jou onderklere was of selfs die materiaal waarvan jou bra gemaak is. Jy sê nie hoe oud jy is nie. Vrouens wie se borste nog ontwikkel ervaar ook soms dat die tepels jeuk. Gaan na jou naaste staatskliniek waar jy geen fooi of dalk 'n minimale fooi sal betaal. Die beste raad is om 'n kundige persoon te gaan sien.

    ReplyDelete
  7. Anonymous28/5/09 08:23

    Ek het onder my linker bors seer, dit is so 'n dik rif swelsel vanaf onder die bors tot agter om onder die skouer been. Kan jy dalk help, dit is regtig baie seer.

    ReplyDelete
  8. Anonymous28/5/09 08:23

    Wanneer jy enige verandering opmerk moet jy dadelik 'n dokter gaan spreek. Meeste veranderinge is niks skadelik nie, maar maak asseblief seker.

    ReplyDelete
  9. Ek is op die pil maar is paranoies daaroor dat ek dalk kan swanger raak. Ek
    is nog jonk en dit is regtig nie in my planne om binnekort kinders te hê
    nie. Dus wil ek my kanse op swangerskap tot byna nul verminder. Nie ek of my
    ou hou daarvan as hy n kondoom gebruik nie. Sover het ons ons risiko beperk
    deur dat hy nie in my 'ontlaai' het nie - is dit n raadsame wyse om dit te
    hanteer?
    Ek wil ook graag weet wat die effek van ligte anti-biotika op die pil is. Ek
    neem dit vir my vel. Ek het al gehoor dat as mens die een in die aand neem
    en die ander in die oggend, jy steeds nie swanger kan raak nie - is dit
    waar?

    ReplyDelete
  10. Anonymous28/5/09 08:24

    Soos reeds genoem word die pil wel beïnvloed deur die gebruik van antibiotika. Terwyl jy op antibiotika is moet jy 'n kondoom gebruik. Julle "ontlaai"-manier sal nie 'n verskil maak nie. So ook nie die pil in die aand en oggend nie. Gebruik jou pil soos normaal en jy behoort nie swanger te raak nie, solank jy natuurlik nie op antibiotika is nie.

    ReplyDelete
  11. Ek wil net weet, ek het rondom my nippels knoppies en as ek dit druk dan is dit asof daar iets uitkom.
    Dit het dieselfde effek wanneer jy 'n swartkoppie sou druk. Dit is regtig vir my 'n verleentheid.
    Hoekom is dit daar en en waqt moet ek doen? Ek was met seep, druk maar dit kom maar net weer soos 'n
    swartkoppie terug.

    ReplyDelete
  12. Anonymous28/5/09 08:26

    Swartkoppies rondom die nipples is glad nie so vreemd nie. Die oorsaak is gewoonlik hormonaal of jou vel wat te veel olie afskei. Die behandeling is dieselfde as vir alle swartkoppies:
    Volg 'n gebalanseerde dieet
    Drink baie water
    Kry genoeg slaap
    Was dit twee tot drie keer per dag met 'n spesiale seep (vra by die apteek)
    Wees geduldig met die swartkoppies, want hulle gaan nie oornag verdwyn wanneer jy begin met die behandeling nie. Dit kan 'n paar maande neem. Moet ook nie aan hulle druk nie, dit kan lelike merke los.

    ReplyDelete
  13. My kind is nou 23 - besig met haar maand siklus maar sy het my laat weet haar tepel is pot blou wat kan die rede daarvoor wees?

    ReplyDelete
  14. Anonymous28/5/09 08:27

    Normaalweg is dit as gevolg van die bloedsomloop wat nie te lekker is nie. Dit kom gewoonlik vanself weer reg. Sy kan 'n dokter gaan spreek indien dit te lank neem om weg te gaan, of indien dit haar baie ontstel. Oefening wat die kardiovaskulêre gesondheid verbeter help hiervoor.

    ReplyDelete
  15. Chantelle28/5/09 08:27

    Ek is 23 en is bekommerd oor my tepels. Dit lyk nie soos normale tepels, dit is plat en asof dit na binne ingetrek is. Ek ervaar nooit werklik 'n nipple-stand nie, en indien wel net effens. Ek het 'n A-borsmaat. Moet ek bekommerd wees, wat is die oorsaak en implikasies en is daar iets wat daaraan gedoen kan word?

    ReplyDelete
  16. Rita Schmidt28/5/09 09:17

    Ek's 48jaar oud, ma van 3 dogters. Het almal geborsvoed. Was al die jare op die pil en nou ongeveer 'n jaar nie meer.
    Suster by kliniek wil he ek moet histerektomie ondergaan agv my ouderdom maar ek weier. Het geen probleme.
    Menstrueer nog en is normaal. Net na my laaste menstruasie het ek agter gekom iets is nie reg met borste.
    Voel binne-in die borste dat dit swel - voel soos iets wat in buisies ingepomp word, swel, voel hoe dit beweeg en
    is ongemaklik maar nie pynlik. Gebeur baie per dag. Voel geen knoppe of kliere.
    Ek het nog nooit 'n monnogram gehad. Het nie mediese fonds.

    Wat kan dit wees?

    ReplyDelete
  17. Anonymous6/9/09 19:55

    EK IS 32 JAAR OUD EN HET AL 2 KINDERS GEHAD EK IS NOU AL 2 JAAR OP DIE INSPUITING MAAR SO WEEK GELEDE HET EK BEGING MET MAANDSTONDES EN EK IS OP DIE INSPUITING MY BORSTE IS SO SEER EK KAN DIT NIE WAS NIE EN MY EEN TEPEL JIK SO EK WIL MAL RAAK WAT KAN DIT WEES

    ReplyDelete
  18. Anonymous6/9/09 20:01

    EK'S 32 JAAR OUD EN HET AL 2 KINDERS GEHAD EK IS NOU AL 2 JAAR OP DIE INSPUITING NA MY 2 DE KIND SE GEBOORTE . DIE AFGELOPE 2 WEKE IS MY BORSTE SO SEER EK KAN NIE EEN HULLE WAS NIE EN DIE LINKER TEPEL JIK SO DIS AANDHOUDIND DIT WIL NIE STOP OM TE JUK NIE WAT KAN DIT WEES . EN EK KRY NOG STEEDS MY MAANDSTONDE AL IS EK OP DIE INSPUITING

    ReplyDelete
  19. Madeleine van Baalen15/9/09 20:09

    Ek is met my eerste kind swanger en wil baie graag borsvoed maar is nie seker hoe dit werk of wat ek gaan moet doen nie.

    My borste is nou al so seer en ek is bang dat my nippels gaan bloei of stukkend gaan is daar iets wat ek nou al kan doe om dit makliker te maak as die baba eers daar is?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Ek het ook deus dit gegaan
      Ek het my borste gemaseer met nippelcream wat ek by die apteek laat meng het ek het dit boot die geborte en na het ek dit Bedon

      Delete
  20. Mimmie Dunaiski2/1/10 19:20

    Ek is 49 jaar met drie kinders gebore deurmiddel van keisersnee.
    Histerktomie op 38.
    Borste swel word hard en pynlik. Wanneer ek druk kom daar donker
    geel, groen en bloederige afskeiding uit. Hierdie keer is dit so erg
    dat my hele blad en rib gedeelte seer en pynlik is. Soms voel ek my
    borste kan maar afgesit word so erg ontwrig dit my lewe.
    Die dokter se dis iets wat ek sal moet mee saamleef. Is daar nie
    iemand wat my kan raad gee nie.

    ReplyDelete
  21. Ek borsvoed vanaf my seuntjie se geboorte, hy is huidiglik 5 maande oud, maar is nou genoodsaak om hom van die bors af te haal. Ek moet vir `n hele week weg van die huis af gaan met `n kursus in Pretoria. Gee raad asb ek wil hom nie graag nou speen nie.

    ReplyDelete
  22. Anonymous12/4/10 11:42

    Ek is 26 en het 2 kinders my laaste 1 het ek geborsvoed tot op 2jr.Hy is nou 3 jr. Nou is die probleem ek het vreeslike borte seer en op staduims voel dit op ek nog melk produseer maar daar is niks melk nie. Kan iemand my raad gee. ek is positief ek is nie swanger nie.

    ReplyDelete
  23. Anonymous8/6/10 14:50

    Hey ek nodig help is baie bekommerd eks 21 jaar oud ek was 2weke siek naarheid koors en seer borste ek begin dink eks swanger wel isi so ni want menustriasie het begin maar borste bly seer en my tepels het sulke blasies op en as druk kom wit goed uit ek voel klonte of niks so wat wees ek raad asb dankie annoniem

    ReplyDelete
  24. Anonymous26/1/11 13:03

    Hi!!!!Is 38 en wil probeer om swanger te raak!!!!My estrogeenvlak is laag, sal dit n rol speel dat ek nie kan swanger word nie? My maandstonde is 10 dae laat en my nippels by borste jeuk met tye of gevoelig. Wat kan die oorsaak wees?????
    Tot later!!!!!!!!!!Ek gebruik geen medikasie vir hormone nie en is ook nie op die pil nie. Wat is gevolge van lae estrogeen??Kan dit kanker veroorsaak????

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous9/7/12 11:27

      Hi eks 16jaar oud ek het 5maande laas my maan stonde gekry...ek kry ewig die pyne op my blaas en moet ewig toiler toe hartloop wanneer ek toilet toe gaan is die nood nie eers so groot nie...as ek baie koud kry pyn my nipples baie en ek het gister ontdek dat my nipples rondom swart raak al twee kante wat kan dit veroorsaak?

      Delete
    2. Daar is temin andrer mans in jou lewe.Jy kan jou self en hulle ook baie beter laat voel.

      Delete
    3. Anonymous9/10/23 21:25

      Goeie naand ek wil net luister my borste is nou vir 3dae gevoelig en vanoggend het by die een bors watertjies uit gekom wat kan dit wees ?

      Delete
    4. Ek neem aan jy is nie swanger nie. Op sigself is die afskeiding nie 'n probleem nie, MAAR dit kan 'n aanduiding wees van 'n onderliggende probleem. Gaan spreek asseblief 'n dokter.

      Delete
  25. Anonymous8/2/11 10:52

    Is jy nie dalk reeds swanger nie?

    Estrogeen is belangrik tydens swangerskap. Jou vlakke kan dalk toeneem indien jy swanger raak, maar dit is belangrik om dit na te gaan tydens die swangerskap weens die rol daarvan in die ontwikkeling van die fetus.

    Die langtermyn effek van lae estrogeenvlakke is nog nie 100% duidelik nie.

    ReplyDelete
  26. Madeleine Breedt8/2/11 12:52

    My kind is nou drie jaar oud. Sy eet vaste kosse maar kan nie sonder haar bottel klaarkom nie. Ek gooi Oros vir haar in die bottel. Sy weier om die bottel te los. Watter ouderdom is die regte ouderdom vir 'n klein kind om die bottel te los?

    ReplyDelete
  27. Anonymous8/2/11 12:52

    Staak onmiddelik die gebruik van Oros in baba se bottel. Die preseveermiddels kan jou kind oor die langtermyn skade berokken.

    ReplyDelete
  28. Elrie Viljoen8/2/11 12:53

    Help asb, my seuntjie word volgende maand al 3 jaar en ek kry hom glad nie van die bors af nie. Dit was wonderlik om hom te voed en die band is sterk tussen ons maar ek het nou genoeg gehad. Het jy raad asb?

    ReplyDelete
  29. Anonymous8/2/11 12:53

    Mense dink dit is snaaks dat 'n kind ouer as twee nog geborsvoed word, maar die wêreldgemiddeld is vier jaar. Dit kan wel moeilik raak vir ouer en kind na twee jaar.
    Vir 'n ouer kind gaan dit eerder oor vertroosting as voeding. Hy voel lekker veilig by ma. Vra vir hom of julle nie net kan sit en mekaar 'n lekker lang drukkie gee nie eerder as om hom te borsvoed. Laat ook toe dat pa vir hom 'n bottel of iets te eet aanbied, dan voel hy nie dat daai band met jou gebreek word nie. Die mees algemene manier is om die tydsduur van die borsvoeding stelselmatig in te kort - onthou net die alternatiewe voeding en die drukkies.

    ReplyDelete
  30. Hi,

    Ek het n vel uitslag wat voor kom op my borste en net my borste. Dis baie rooi en jeuk verskriklik, ek krap dit tot die bloed loop wat maak dat dit gevoelig, opgeswel en seer is. Ek het nou al n ligte kortisoon salf gebruik wat baie goed help maar dan raak my vel "gewoond" aan die salf en dan help dit nie meer nie. Niks wat ek nou aan smeer of drink "alergex" werk nie. 1. Wat is dit? 2. Hoekom kry ek dit? 3. Wat veroorsaak dit? 4. Hoe behandel ek dit? Ek het al gedink dis die tiepe onderklere wat ek dra, wat ek al verander het maar dit is nog steed 'n probleem. HELP ASB!

    ReplyDelete
  31. Anonymous23/2/11 10:59

    So 'n uitslag op jou borste kan verskeie oorsake hê. Wanneer dit langer as 'n week aanhou moet jy die dokter gaan spreek.

    Intussen kan jy 'n warm bad neem en 'n warm waslap op die area hou vir 'n tydjie. Kyk ook na die parfuum en seep wat jy gebruik. En moenie krap nie!

    ReplyDelete
  32. Anonymous1/7/11 16:26

    Ek is nou 25jr oud en my seuntjie is nou 'n 1jr en 2mnde. Ek wil graag op 27jr probeer vir my 2de een wat ek op 28jr wil he.Die ding is na my seuntjie se geboorte laas jaar het ek dadelik op die inspuiting gegaan. Kan iemand my dalk net se hoelank vat die inspuiting om uit te werk en hoelank voor die tyd moet ek die inspuiting los as ek wil swanger wees op 27jr?

    ReplyDelete
  33. Anonymous4/7/11 10:57

    Dit hang af van die soort inspuiting, maar gewoonlik werk dit uit na omtrent 3 maande. Dit kan egter tot 18 maande neem om swanger te raak.

    ReplyDelete
  34. Goeie dag, wil net graag weet, wanneer dit warm word lyk dit of ek ‘n soort vlek of rooi swam onder my borste kry wat redelik pynlik is. Dit gaan stukkend en lyk dan soos ‘n plek wat vervel. Ek gooi maar babapoeier op en sit tissues in om brand te verminder, maar help nie baie nie. Ek lig my bra straps tot hoog sodat ek keer dat bors vel aan my rub vel onder raak. Ek het dit ook al voorheen gehad en dan gaan dit weg nadat ek ook bogenoemde gedoen het. Dit is net baie ongemaklik en nogal seer, is daar iets wat ek kan gebruik om aan te smeer.
    Dankie.

    ReplyDelete
  35. Anonymous27/9/11 11:00

    Hester,
    Dit kom algemeen voor en kan verskeie oorsake he: alergiee, swamme, bakterie, sweet of ander velprobleme. Ek sou voorstel jy probeer eerste enige room wat swamme teenwerk. Sorg dat jy die area onder jou borste altyd so droog as moontlik hou. Indien dit nie 'n swam is nie stel ek voor jy probeer 'n room vir psoriase. Voorspoed.

    ReplyDelete
  36. Anonymous5/1/12 12:52

    Ek wil net graag iets hoor. My seuntjie is in mei 2010 gebore en ek't dadelik 4dae na sy geboorte op die 3maande inspuiting gegaan. Ek wil net weet,is/kan dit moontlik wees om nogsteeds swanger te raak op die 3maande inspuiting? Die rede hoekom ek vra is, my vriendinnetjie was weer op die 2maande inspuiting en sy het swanger geraak. My bekommernis is net my seuntjie is nog klein en wil ek eers wag tot hy so 3jr is voor ek besluit vir 'n volgende een. Enige raad/verduideliking sal waardeer word.

    ReplyDelete
  37. Anonymous23/7/12 11:36

    Hi daar, ASB KAN IEMAND HELP
    ek soek asb dringend raad.

    Ek word oor presies 2maande 30. Ek is nou vir 7 van die inspuiting af en is terug op die pil, maar my borste is nou al vir +- 2weke redelik seer, nie sensetief nie maar seer. En dan wil ek ook weet, waneer 'n man aan sy vrou se borste vat (in die opsig van intiem verkeer) word haar tepels gewoonlik hard, ek verstaan nie maar myne word hard vir so paar sekondes en dan is dit weg, en ek weet dat dit my man verstreur (al se hy dit nie)

    ReplyDelete
  38. Eks n 27 jaarige ma van 2 seuns. Na die geboorte van my kinders het die kliere onder my linker arm holte vreeslik geswel. Die dokters het my verseker die swelsel sal so wees want ek borsvoed. En sal wel reg kom. Dis nou 5 jaar later en dis nog steeds geswel as ek my arm optel sien jy die klier staan somer so uit, dit het my nie gepla nie tot onlangs, ek kry nou sulke steek pyne onder my arm en langs my linker bors. Die pyn is nie konstand nie maar kry die pyne nou elke dag. Dis ook gevoelig as ek onder my arm afdroog. Wat kan dit wees ek is baie bekommerd.

    ReplyDelete
  39. Anonymous3/10/12 16:19

    Hi

    Ek wil graag net weet hoe lank vat dit vir die PIL om uit jou sisteem te werk? Ek is tans nou al 3maande van die pil af. En ek is nou al so 10 dae laat met my siklus. Enige raad ? Of iets wa voor ek moet uit kyk?

    ReplyDelete
  40. Help asb! My borste (al2) is vreeslik seer!! Maar net as ek aan dit vat of perongeluk stamp! Dis veral by die tepel se area wat dit seer is! Dis ook baie gevoelig! Wat kan dit wees??

    ReplyDelete
  41. My seun 22 het ñ klont in sy linker bors.
    Wat kan ek gebruik ,gee raad asb!

    ReplyDelete
  42. Anonymous7/12/12 13:14

    Hello Daar!
    Ek soek raat, het vandag 'n knoppie in my 4 maande oue kleindogter se regter borsie gevoel wat kan dit wees?

    ReplyDelete
    Replies
    1. n mango vlieg steek kan ook so n knoppie veroorsaak want hy groei word groter en kan baie seer raak.Laat die dokter kyk.

      Delete
  43. Goeie dag,

    Ek het in 2011 'n historektomie gehad agv kanker op my baarmoeder. Nou die wete dat jy kanker gehad het bly maar altyd in mens se agter kop en laat mens party maal oor reageer.
    Ek het 'n knop in my regter bors, nie groot nie, seker soos 'n ertjie.
    My huis dokter het 'n sonar gedoen maar is onseker en nou moet ek gaan vir 'n mammogram.
    Ek dink, hoekom ek vra, is om my self sielkundig voor te berei!
    Wat is die kans dat die knop kwaadardig kan wees???

    Ek weet almal sê altyd, kanker kom terug op een of ander manier.

    Bekommerd

    Groete

    ReplyDelete
  44. Anonymous7/4/13 22:21

    soek dringend raad het historektomie gehad vyftien jaar terug sukkel met seer borste sooibrand baie erg bitte tong smaak en tel gewig op Help asb was al twee keer by dokter medikasie gebruik baie duur en het nog steeds probleem

    ReplyDelete
  45. Anonymous9/9/13 20:30

    Ek het nippels wat ongelooflik juk en seer is my een nippel is al 17j wat hy ni uit kom en as ek hom uit vorseer om skoon te maak is hy seer en ht sulke rooi knoppies op en ht effense afskeiding wat soos suur melk ruik Danki Annelene

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous10/9/13 08:42

      Die probleem met tepels wat jeuk is dat dit 'n simptoom van verskeie dinge kan wees. In jou geval klink dit soos 'n vorm van ekseem, maar ek sou 'n dokter gaan sien, net om seker te maak.

      Delete
  46. Anonymous3/2/15 20:27

    Hi ek is bekomerd oor my borste hulle word warem en die nippel bloedrooi eb soms jik dit enige raad asb

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous15/4/15 15:59

      Gebeur dit net onder sekere omstandighede of as jy sekere klere dra?

      Delete
  47. Anonymous30/7/15 05:00

    My regter bors se tepel begin partykeer vreeslik jeeuk nie gereeld nie. Die tepel is nie gekleur nie ook nie geswel nie maar jeeuk dan vir 'n hele ruk vreeslik. Wat is die oorsaak en is 71 jaar oud.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Die probleem met tepels wat jeuk is dat dit 'n simptoom van verskeie dinge kan wees. Gaan spreek asseblief 'n dokter.

      Delete
  48. Anonymous12/8/15 16:12

    My tepels lyk amper asof dit vervel ... hoekom gebeur dit ?

    ReplyDelete
  49. Anonymous13/8/15 03:01

    Hey my tepels lyk amper asof dit vervel , hoekom gebeur dit ?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dit kan ekseem wees. Vra by die apteek vir 'n room hiervoor.

      Delete
  50. Hi ek is nou 30 jaar oud. Ons sukkel om swanger te raak. Was by dokters gewees. Was op progestoroon room vir om en by 7 maande. Het n operasie in maart gehad. Waar hulle n bloedcist verwyder het en n gewas. Ek het nog al 2 my eierstokke. Dis nou om en by n maand wat ek verskriklik warm kry in die nag en dis nou 5 dae wat my borste seer en gevoelig en geswel is. Ek is nie op die pil of spyt nie. My maandstonde was nie soos dit gewoonlik is nie. En dit was net 4 dae waar dit gewoonlik 6 dae is. Wat kan die oorsaak wees?

    ReplyDelete
  51. Hi ek is 24 jarige dame ek het 27 Aug 2015 op die inspuiting gegaan (3maande) maar sedert dat ek op die inspuiting is kry ek steeds my maandstonde, en ook nordette op die bloeding te stop. Ek kry verskriklik rugpyne in my lae rug moet ook kort kort toilet toe dan is die behoefte nie eens groot nie. Ek ervaar naarheid kan nie in die aand my kos afkry nie maar soggens is ek verskriklik honger sodra ek gerook dit dan raak ek naar. My borste maak my mal dit voel of my tepels rek en dit jeuk ook rondom en dit irriteer my ek soek raad asb!!. Ek het n vaste kerel en 'n goeie werk ma ek is verskriklik baie bang vir swanger wees.

    ReplyDelete
  52. More . Ek is 'n 60 jarige vrou. So 3 dae terug het ek wakker geword met my regte bors wat verskriklik pyn , veral om die nipple. Ek voel daar is knoppe. Ek weet nie of my kleinkind dalk in sy slap vir my met sy arm gekap het nie . Wat kan dit wees. Is dit nodig om dr toe te gaan , of kan ek 'n paar dae wag en sien wat gebeur ?

    ReplyDelete
  53. my ma is 65 jaar oud en da loop nou bloed uit ha tepels.. wat kan dit wees???

    ReplyDelete
  54. my ma is 65 jaar oud en da loop nou bloed uit ha tepels.. wat kan dit wees???

    ReplyDelete
  55. Hi ek is 26 jaar oud en my regter bors is bietjie seer en geswel maar is nie rooi nie en dis so n brand pyn gevoel ek voel net my melk kliere en niks klonte nie

    ReplyDelete
  56. Sukkel al 21 jaar met groen /swart afskeidings in borste beide moet ekke bekommerd wees

    ReplyDelete