Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



21.2.23

Oogprobleme - waterig, uitpeul, donker kringe, rooi, geswolle, allergie, hepatitis, galblaaskwale, galstene, bloeddruk, diabetes, versiendheid, bysiendheid ens.

Oogprobleme kom dikwels voor as gevolg van ´n probleem elders in die liggaam.

Waterige oë is ´n simptoom van verkoue, uitpeuloë mag dui op skildklierprobleme en donker kringe of rooi, geswolle en/of waterige oë is dikwels die gevolg van allergieë. Die vergeling van die oë kan dui op hepatitis, galblaaskwale of galstene, terwyl periodiese dowwe visie op hoë bloeddruk of diabetes kan dui.

Algemene oogprobleme sluit in sigprobleme soos versiendheid en bysiendheid, oogstremming, katarakte, bindvliesontsteking, gloukoom wat uiteindelik tot blindheid kan lei, en karkatjies.

Lê agteroor met oë toe en plaas ´n koue kompres oor oë. Fokus gereeld op voorwerpe op verskillende afstande.

Enige rooiheid, dowwe visie of ander oogprobleme vereis dringend mediese aandag.

Boereraat:

Boraks (boorpoeier / boorsuurpoeier) as oogspoelmiddel. Voor jy boraks as oogspoelmiddel gebruik moet jy die volgende in ag neem:
- Jy kan dit nie gebruik indien daar ’n besering in of om die oog is nie.
- Moenie gebruik vir ’n ooginfeksie voor jy met jou dokter gepraat het nie.
- Jy moet seker wees jy is nie allergies vir boraks nie.
- Indien jy erge newe-effekte ervaar moet jy dadelik mediese hulp kry.

♦♦♦

Was seer oë met suikerwater.

♦♦♦

Gooi ’n knippie koeksoda by koue gekookte water, meng goed en vryf oor jou oë om swelling en jeuk te behandel.

♦♦♦

'n Goeie raad vir wanneer jou oë seer of rooi of geirriteerd is, is om heuning in gelyke dele met warm water te meng. Laat dit afkoel en was dan die oë daarin was of om direk in die oë te sit.

♦♦♦

Om donker kringe om jou oë te laat verdwyn sny ´n rou vy in twee en plaas ´n deel op elke oog.

♦♦♦

Plaas koue teesakkies op jou oë indien dit geswel is of indien jy donker kringe om jou oë het.

♦♦♦

Wortels, spinasie, broccoli, papaja, mango, perskes en appelkose is goeie bronne van Vitamin A - Beta carotene. Dit is goed vir normale groei, goeie sig(oë), gesonde vel en sterk tande.

♦♦♦

Sny dik snye uit die punt van ´n komkommer en plaas dit op jou moeë oë.

♦♦♦

As ´n oog uit die kop spring, was die oog mooi met lou water. Druk die oog dan versigtig weer terug en sit koue kompresse op.

♦♦♦

Lê met jou kop agteroor en plaas komkommerskyfies op jou oë. Lê en ontspan vir ten minste 15 minute.

♦♦♦

Volg dieselfde metode as bo, maar gebruik twee nat teesakkies.

♦♦♦

Eet minder sout. Dit kan by sommige individue bydra tot opgeswelde oë

♦♦♦

Sit ´n ekstra kussing onder jou kop om van daai poffertjies ontslae te raak.

♦♦♦

Om van daai opgeswelde oë in die oggend ontslae te raak moet jy die aartappels nader trek. Verkoel ´n aartappel in die yskas. Sny twee skywe af, sproei jou oë met water, lê plat en plaas die skywe op jou ooglede. Lê so vir 10 minute en vee dan jou oë af met ´n koue lappie. Komkommers kan ook gebruik word, maar sonder die water.

♦♦♦

Neem 2 eetlepels rou gerasperde aartappel en plaas op geswolle oë vir 15 minute

♦♦♦

Mense met bruin oë se kanse is 80% meer as die van ander om katerakte te kry. Sorg dat jy 'n sonbril dra en eet kosse soos spinasie, soetrissies en tamaties.

31 comments :

  1. Anonymous14/4/09 12:27

    Ek het baie erger donkerkringe en daar is nog nie enige van hierdie genoemde goed wat vir my gehelp het nie. IS daar ooit iets, want ek lyk of ek deel is van die Adams Family

    ReplyDelete
  2. Anonymous13/7/09 11:21

    onderste ooglid wat spring, weerskante vir sekondes.nodig raad.dankie

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous1/12/22 01:37

      Vitamine B12 tekort

      Delete

    2. wat kan ek vir my ma gee haar oog is rooi binne in en jeuk sy se dit voel of iets agter die oogappel is die ooglid is ook op geswel en draai water

      Delete
    3. Anonymous2/1/23 09:12

      Dit klink beslis soos 'n ooginfeksie. Die probleem is dit kan een van verskeie tipes infeksies wees, sommige het ook meer as een oorsaak, bv, viraal of bakteriaal. Ongelukkig sal die beste raad wees om 'n mediese diagnose te kry.

      Delete
  3. Anonymous11/8/11 10:12

    Goeie dag
    Ek wil graag meer uitvind oor vergrote pupille. Wat veroorsaak dit en waste gevaar hou dit in? Baie dankie.

    ReplyDelete
  4. Anonymous11/8/11 10:40

    Die vergrootte pupille kan wees as gevolg van medikasie wat jy neem, vergiftiging kan dit veroorsaak en sekere neurologiese probleme kan dit veroorsaak. Indien dit al lank so is en jy nie medikasie gebruik nie moet jy so gou as moontlik 'n dokter gaan spreek.

    ReplyDelete
  5. Goeie dag, Ek wil graag weet. Wat kan ek doen rondom oë wat al 'n geringe tyd van 'n paar dae kort - kort brand en in my regter oog voel dit of daar iets onder ooglid is wat krapperigheid voel en die linkerkant van my regteroog is rooi. Asb. Help

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous22/2/12 10:40

      Daar is verskeie tipes oplossings beskikbaar by jou apteek waarmee jy jou oog kan uitspoel, MAAR, indien dit iets van buite is wat dit veroorsaak moet jy dalk mediese behandeling kry. Veiligste is om by 'n dokter uit te kom.

      Delete
  6. Anonymous22/9/12 12:07

    Ek wil graag meer uitvind oor ooginfeksie en weet of daar enige raad daarvoor is. My ma moet ingaan vir `n operasie, maar word elke keer weggewys omdat die infeksie eers moet opklaar. Dringende hul of raad sal wardeur word. Dankie

    ReplyDelete
  7. Anonymous6/12/13 10:31

    My seun en n skoolmaatjie het onlags gespeel,hy het hom per ongeluk in die oog gesteek.Die oog het n blou kol gekry en is daarna rooi.Na omtrent twee maande het n aartjie in die oog gebars,nou is die oog tranerig.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous6/12/13 12:17

      Dit klink of die oog herstel, maar indien die aartjie nie binne twee weke herstel nie, moet hy by die dokter kom. Indien daar binnekort weer 'n aartjie bars moet hy ook mediese aandag kry.

      Delete
  8. Ek het een oggend opgestaan en alles was donker voor my. Was by die doktor en hy het my meegedeel dat sig in die een oog uiters swak is. Ek kan egter met die ander sien maar slegs vir minder as tien meter. Watter raad kan ek gebruik om my sig te verbeter. Regtig raad-op

    ReplyDelete
    Replies
    1. Was jy al by 'n spesialis? Dit is miskien die beste volgende stap.

      Delete
  9. Goeie more

    Ek het een oog wat goeters voor my kyker rondbeweeg en het dan ligte kopsere
    Party keer is dit weg maar ander kere erg en erg hunderlik
    Dan is my nek ook seer en my ore voel ook stekerig
    Is dit sinus of ek het n maand gelede n harde hou op my ander oog gekry en daar het soms donker bloed uitgekom vir meer as 3 weke lank van die hou
    Dis nou n week wat ek my neus kan blaas sonder bloed
    Dit voel ook as ek eet dan raak dit baie beter en inni oggende en aande dan is ek reg

    Sal graag wil weet of daar vir my raad is asb

    ReplyDelete
  10. Goeie more

    Ek het een oog wat goeters voor my kyker rondbeweeg en het dan ligte kopsere
    Party keer is dit weg maar ander kere erg en erg hunderlik
    Dan is my nek ook seer en my ore voel ook stekerig
    Is dit sinus of ek het n maand gelede n harde hou op my ander oog gekry en daar het soms donker bloed uitgekom vir meer as 3 weke lank van die hou
    Dis nou n week wat ek my neus kan blaas sonder bloed
    Dit voel ook as ek eet dan raak dit baie beter en inni oggende en aande dan is ek reg

    Sal graag wil weet of daar vir my raad is asb

    ReplyDelete
  11. Anonymous28/8/17 10:18

    Help asseblief. My regter oog traan aanhoudend. Die water loop ssos 'n kraan uit. Al seer af te vee. Ek gebruik al meer as 40 jaar kontaklense. Dit het nou eers begin. Baie dankie TTTTTVVVVV

    ReplyDelete
  12. Wat kan ek gebruik vir oe wat tranerig is en aanhoudend jeuk agv di hooikoors.het so paar jaar terug koorsblare op my oog gehad.en my visie was vaal.help asb

    ReplyDelete
    Replies
    1. Allergex of AP loratadine

      Delete
  13. Hi. My regter oog is rooi. Voel daars beslis iets onder boonste ooglid. Bemoelik my visie en is irriterend. Heip asb.

    ReplyDelete
  14. Hi. My regter oog is rooi. Voel daars beslis iets onder boonste ooglid. Bemoelik my visie en is irriterend. Heip asb.

    ReplyDelete
  15. My linkeroog traan met tye erg lyk of ek huil veral as ek in PE se wind moet loop. Oog ook dan erg rooi. Het wel so drie jaar gelede 'n velkanker laat uitsny onder binneste hoek by neus kan dit dalk oorsaak wees.

    ReplyDelete
  16. Ek wil net hoor hoeveel suiker gebruik mens in hoeveel water om jou oe te was. Ook die koeksoda asb. Ek sukkel deesdae baie met krapperige en branderige en jeukerige oe. En dan voel dit of daar iets in die ooghoeke kom sit. Dit raak so erg dat ek naderhand glad nie my oe kan gebruik nie. Ek kan nie by n apteek uitkom ni

    ReplyDelete
  17. my linkeroog bly traan. Verskeie voorgeskrewe oogdruppels gebruik. Help nie. Raad asb

    ReplyDelete
  18. Hi ek dink ekt n ooginfeksie ds jikkerig brand seer en krapperig maar ekt ook sinus

    ReplyDelete
  19. Gif van n boom in oog gekry. Oog pyn baie. Oog druppels in gegooi maar man will mal word van pyn. Wat kan ong not behalwe oog druppel gebruik

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous20/4/22 11:58

      Dit is potensieel ernstig. Hierdie persoon moet mediese behandeling kry.

      Delete
    2. Ekt ook n problem met my oe en ht kringe om my oe en veral in di Somer traan my oe Baie erg kani eers sien ni Dan mut ek gan le in n donker kamer Dan begin Di kop ook SAAM mense dis Baie erg

      Delete
    3. Hi tranerige oog,
      Jy kan antihistamiene gebruik. Dir is redelik bekostigbaar. As jy dit wel gebruik en dis nie meer effektief nie, kan jy dit net vir ’n apteker sê en hulle behoort vir jou ’n alternatief voor te stel.

      Delete
  20. Anonymous13/2/23 19:37

    Hi.ekt beroerte gehad n jaar terug
    Was al by n spesialist .wat kan ek gebruik vir waterige ooglid? Asb eks al raadop
    gebruik vir

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous15/2/23 10:19

      Dit kan verskeie oorsake hê, insluitend allergieë, infeksies of 'n onderliggende mediese toestand. Hier is 'n paar algemene voorstelle wat kan help om dit te verlig:

      Wend 'n warm kompres aan: 'n Warm, klam lap wat vir 'n paar minute oor jou oë geplaas word, kan help om dit te verlig deur jou traankanale oop te maak.

      Vermy allergene: As dit deur allergieë veroorsaak word, vermy blootstelling aan allergene soos stuifmeel, stof of troeteldiere Maak gereeld jou huis skoon om die hoeveelheid allergene teenwoordig te verminder.

      Gebruik oogdruppels: Oor-die-toonbank oogdruppels kan help om simptome te verlig. Soek druppels wat ontwerp is om allergieë of droogheid te verlig.

      Beoefen goeie ooghigiëne: Om jou hande gereeld te was en nie aan jou oë te raak nie, kan help om infeksies te voorkom wat dit kan veroorsaak.

      Soek mediese advies: As dit aanhoudend is of gepaard gaan met ander simptome, is dit belangrik om 'n dokter te sien om enige onderliggende toestande uit te skakel wat behandeling mag vereis.

      Delete