Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



25.4.19

Slaaploosheid

Jou gemoedstoestand bepaal in 'n groot mate jou slaappatroon. Enige emosionele krisis, soos verhoudingsprobleme of siekte, kan 'n negatiewe invloed op jou slaappatroon hê.

Gaan spreek asseblief eerste jou dokter om seker te maak dat daar nie 'n mediese verklaring vir jou slaaploosheid is nie.

Boereraat:

Drink een koppie warm melk gemeng met een eetlepel heuning net voor jy gaan slaap.

♦♦♦

Derek Botha: 'n Uitstekende raat vir meeste slapeloosheidsgevalle: drink 1 tot 8 x 600 mg kapsules l-ornithine aminosuur poeier net voor jy in die bed klim. Dit gee sommer baie energie die volgende dag ook. Dis nie gewoontevormend nie, so jy kan dit daagliks gebruik.

(foto Naraosga)


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

16 comments :

  1. Anonymous4/2/09 07:50

    Ek slaap baie lig, en party keer sukkel ek om aan die slaap te raak. Dit
    vat ure voordat ek aan die slaap kan raak, en party keer as ek vinnig aan
    die slaap raak, sal ek byvoorbeeld wakker skrik, 2 - 3 uur voordat ek moet
    opstaan, en dan kan ek net nie weer aan die slaap raak nie.

    Dan snork my man ook, en as ek sukkel om te slaap, help die snorkery nie
    baie nie. Party maal pla dit my nie, maar as ek so lig slaap, raak dit 'n
    probleem.

    ReplyDelete
  2. Anonymous4/2/09 07:50

    Slaaploosheid is meer as gereeld 'n simptoom van 'n ander probleem. Eerstens moet jy seker maak daar is nie onderliggende probleme wat jou slaapversteuring veroorsaak nie en jy moet daaraan aandag gee. Probleme soos stres en werk is algemene oorsake van slaapversteurings. Hoor by jou huisdokter van ontspanningstegnieke om jou te kalmeer voor slapenstyd. Maak ook seker jou omgewing is geskik vir 'n goeie nagrus. Stilte en 'n donker vertrek is die beste. Vermy kafeïen voor slaaptyd, 'n warm melkdrankie is meer geskik.

    ReplyDelete
  3. Anonymous16/4/09 21:10

    Ek is n' eerstejaarstudent en sukkel vir die afgelope week om aan die slaap te raak.as ek bed toe gaan is ek baie moeg ek sukkel dus om aan die slaap te raak en as ek aan die slaap raak word ek kort-kort wakker.Ek doen geen oefeninge voor ek bed toe gaan nie en drink ook dus niks nie!Wat kan ek doen.Dit gebeur so eenkeer in 2maande vir +/- 5dae.

    ReplyDelete
  4. Anonymous24/4/09 09:49

    Ek is 'n 17-jarige meisie en sukkel met slaaploosheid. Ek raak gewoontlik rondom 3uur, 4uur in die oggend aan die slaap en dan kan ek nie in die oggende opstaan nie. Dit affekteer my konsentrasie en lewenslus deur die dag en veral in skool. Ek het redelik baie probleme in my gesien. (Ek is in die koshuis) Ek voel nie ek kan met my ma oor hierdie probleem praat nie, oor sy heel moontlik net gaan dink ek soek aandag. Is daar enige iets wat ek kan doen wat my vinniger aan die slaap sal maak?

    ReplyDelete
  5. My naam is Ilze, ek het n dogtertjie van 13 maande, sy slaap baie sleg. Ek het haar geborsvoed tot en met 9 maande, haar toe af gehaal, want het gedink my melk is te vlou. Ek het haar op rooibos tee en beesmelk, dis al wat sy wil in neem. Sy eet ook baie sleg, so 5 happies van wat ons eet en dan het sy ook nog nie tande nie. Sy is al vanaf geboorte elke 2 ure wakker maak nie saak wat nie. Sy gaan slaap 8 uur in die aand, elke 2 ure wakker en dan tussen half 6 en 6 uur wakker in die oggend. HELP ASB!

    ReplyDelete
  6. Anonymous29/3/10 10:50

    ek sukkel al vir die afgelope 8jaar met slaaploosheid.Ek drink glad nie koffie nie.so dit kan nie die kaffein wees wat my wakker hou nie.Ek is tans besig om te skei en woon al vir 11maande saam met my seuns.Ek wil nie graag slaap pille drink nie.Die dokter het al voorheen vir my meds voorgeskryf vir depressie,maar dit maak my deurmekaar en ek kan nie werk met die medikasie nie.Is daar enige natuurlike meds wat ek verkieslik kan drink om my te help slaap? Soms slaap ek 2 tot 3 ure per nag,ander tye slaap ek glad nie,dan kan ek weer 'n paar nagte gaan dat ek vroeg kan gan slaap en die volgende oggend nog nie uiterus is nie. Ek is raadop. Help ASB!

    ReplyDelete
  7. Anonymous29/3/10 12:14

    Anoniem,
    Jy moet die oorsake probeer behandel, dan behoort die slaap makliker te kom.
    Soek na oefeninge wat jou kan kalmeer of selfs natuurlike middels wat jou sal kalm maak. Om jouself uit te sit los nie die probleme op nie.

    ReplyDelete
  8. Anonymous13/4/10 09:35

    Anoniem
    Ek was n jaar op slaappille en nou probeer ek dit los maar kan nou nie slaap nie en ek wil nie meer slaappille drink nie. Het iemand vir my raad.

    ReplyDelete
  9. Marlene Fourie18/10/10 10:06

    My baba dogtertjie is tans 12 mde oud en alhoewel sy n pragtige, springlewendige, baie gelukkige, gesonde kind is, het sy probleme om te slaap die laaste tyd in die nag. Sy sal rondrol en nooit haar le kry nie. Sy sal dan op my bors, dan op haar pa se bors, dan tussen ons, dan op haar eie bed, wat langs ons bed staan le, gaan le, maar raak byna glad nie vas aan die slaap nie. Sy het so 2 weke terug kroep gehad en haar bors is nogsteeds nie heeltemal reg nie. In die nag sal dit partykeer gebeur dat sy weer sukkel om asem te haal en mens kan hoor die slympies pla n bietjie in die neus en keel. Sy is klaar met haar antibiotika ens en ek gee tans vir haar n bietjie Mucuspect en Rinex vir die loop neusie en hoesie. Ek weet nie of dit miskien die medisyne is wat haar wakker hou nie, maar sy het nog nie een nag goed geslaap die laaste 2 weke nie. Ander aande makeer sy niks, maar nogsteed lyk dit al asof haar brein nie afskakel nie. Sy is rondrollerig ensv. EK het raad nodig. Ek weet nie wat die probleem is nie en weet nie wat ek kan doen om haar en myself te help met die slapeloosheid nie.

    ReplyDelete
  10. Dit is baie erg vir 'n ouer om te hoor hoe baba sukkel om te slaap. Soms is baba gewoon net baie aktief en dit is nie snaaks vir sulke kleintjies om rond te rol nie. Probeer haar roetine voor slaaptyd aanpas om seker te maak sy is reeds rustig wanneer sy bed toe gaan. Sy moet ook nie te laat gaan slaap nie.

    ReplyDelete
  11. Liezl Keyser18/10/10 10:07

    My baba (15 maande seuntjie) raak redelik vinnig aan die slaap, maar slaap baie onrustig en is baie deur die nag wakker. Hy eet baie goed, tel goed gewig op ens. Hy het vreeslik skeidingsags, maar verder is hy normaal. Ek gee partymaal resque pilletjies, maar laat hom nie beter slaap nie.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Check vir Geopathic stress. The silent killer. Babas baie sensitief daarvoor.

      Delete
  12. Stadig met die pilletjies! Bietjie ekstra vertroosting voor slaaptyd kan dalk help en baba rustiger maak. Maak ook seker dat sy slaapomgewing stil en rustig is en dat hy nie te warm of te koud kry nie.

    ReplyDelete
  13. Anonymous11/1/11 06:45

    Soek n boereraat vir osteoartritus in heup.het elke dag pyn in heup,rug en voete. Soek raad en dalk ook raad vir smeermiddel as julle kan help.
    HI MY SUSTER HET N PYNLIKE VOORAM WAT SWEL EN DIS BAIE SEER. ENIGE RAAD ASB.

    ReplyDelete
  14. Anonymous19/1/11 10:41

    Anonymous,

    Dalk kan jy die boereraat by http://www.boererate.com/2009/08/artritis-rumatoiede-artritis.html probeer vir jou osteoartritus.

    Jou suster moet eers uitving hoekom haar arm swel voor iemand kan voorstel wat sy daarvoor moet gebruik. Laat sy 'n dokter gaan spreek.

    ReplyDelete
  15. Anonymous8/5/11 16:47

    Hi
    Ek is 7 weke swanger 1)Ek slaap nie,ek is doodmoeg ek raak eers 4 uur in die oggend aan die slaap kan ek nie wakker word om te gaan werk nie 2)ek het rustelose bene wat ek niks voor kan gebruik nie . enige hulp of raad asb
    erika.kortgat@gmail.com

    ReplyDelete