Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



27.2.09

Osteoporose

Die term beteken bros bene. Dit is ´n siekte wat veroorsaak dat die bene in die liggaam verswak, wat tot gevolg het dat verandering in postuur voorkom en die lyer is geweldig blootgestel aan beenbreuke. Vroue word hoofsaaklik aangetas weens hormoonwisselinge en verlaagde estrogeenvlakke. Osteoporose word nie alleenlik deur kalsiumtekorte veroorsaak soos algemeen aanvaar word nie. Vitamien C, D en K asook proteïene speel ´n groot rol in die voorkoming van osteoporose. Osteoporose kan vererger word deur ´n ontoereikende dieet en te min oefening.

Daar is geen spesifieke simptome voor die siekte reeds in ´n gevorderde stadium is nie. Daar is egter waarskuwings soos ´n geleidelike verlies aan lengte, ´n krom houding en skouers, en algemene pyne en kwale of rugpyn. Dit kan ook aanleiding gee tot tandverlies.

Gereelde oefening en kalsiumaanvullings word aanbeveel. Minerale soos koper speel ook ´n rol in die vorming van gesonde beenweefsel. Sonskyn is ´n natuurlike bron van vitamien D, en lewertraanolie verskaf vitamien A en D.

Mediese kundigheid is nodig om osteoporose te diagnoseer.

8 comments :

  1. Adele van Quickelberge29/6/10 08:35

    Ek was onlangs by 'n ortopeet vir my kniee. Pyn wanneer ek stremming op kniee plaas(oor hele knie.) Doen fietsry en aerobics. Hy sê daar wrywing agter knieskywe en niks wat ons kan doen nie. Slegs pille drink vir lang termyn. Het geen x-strale geneem nie. Is dit osteoporose?

    ReplyDelete
  2. Anonymous7/10/10 12:25

    Ek twyfel sterk . Ek is nie 'n dokter nie maar ly aan osteoporose. Laat jou beendigtheid toets want die eerste wat gebeur is 'n verlies van beendigtheid. Daar is deesdae ook medikasie wat jy by jou dokter kan kry om te gebruik om osteoporose te probeer keer .ek het alreeds gevorderde osteoporose en het die afgelope jaar omtrent 10 cm korter geword. Ek het ook kifose[boggelrug] wat 'n drukfraktuur genoem word. 'n Mens se hele postuur verander
    en die toraks kan met tye baie pynlik word. 'n Mens kry ook spierspasmas en fisioterapie help baie. Dit kom in my familie voor. Van my niggies asook my ma het almal osteoporose. My ma is alreeds oorlede maar was 'n jaar bedlêend a.g.v. 'n gebreekte heup . Haar hart was te swak om 'n operasie te deurstaan.

    Ek wil net mense vra om die siekte met groot erns te bejeën en so gou as moontlik voorkomingsmaatreëls te tref in samewerking met jou huisdokter.Daar kan heelwat gedoen word as dit nie te vêr gevorder het nie.

    Sterkte!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Wat gebruik jy om die pyn te beheer asb. Ek is 63 en dis vreeslik seer veral die rug

      Delete
  3. Louise Hibbert21/2/11 10:35

    Hi

    Ek het so paar weke terug uitgevind dat ek is besig om Osteoporose te ontwikkel in my lae rug. Ek was in die hospital vir behandeling maar dit het nie gewerk nie. Ek lewe elke dag met pyn. My linker been het ‘n brandpyn vanaf die boud, bobeen(agter) tot by my haak (dit voel soos ‘n spier wat vasgeknyp word). As ek n vinnige beweging doen met my nek wil ek skree van pyn. Ek kan nie lag, nies of hoes nie dan kry ek die steekpyn deur my been. Ek loop ongemaklik en kan nie sit in die kar nie. Ek weet nie meer wat om te doen om die pyn te verlig nie en pyn pille help nie meer nie. Ek is tans op ‘n hoe proteine dieet en ek weet die rook help nie veel nie.

    My lente is 1.72 en weeg nou 89.9kg (af vanaf 97kg)

    My raad wat ek vra is wat kan ek doen om van die pyn ontslae te raak. Oefeninge en dieet gewys.

    My pille wat ek elke dag drink : GND Nutritionals se Cal-Mag en Unique se Omega 3:6:9, dan die pille wat ek by die dr gekry het vir die dieet - Multi vitiamin, Foliensuur en Relislim.


    Dankie

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous26/4/13 12:58

      Ek het ook erge osteoporose wat deur my dr gediagnoseer is. Vitamine en al daai goed help niks daarvoor nie. Laat jou dr 'n beendigtheidstoets doen en spesifieke medikasie (chronies) voorskryf. Ek gebruik PROTOS. Kontak gerus vir Dr Molly van Zyl by ZA Hospitaal in Pta. Sterkte.

      Delete
  4. Anonymous21/2/11 10:46

    Verdere gewigsverlies sal beslis help, maar moet nie nalaat om gesond te eet nie. Oefening soos stap of hardloop help om die beendigtheid te verbeter.

    ReplyDelete
  5. Anonymous15/4/14 18:55

    Ek het osteoporose maar kry net kalsiumpille by d dr wt ek nie kan inneem nie wnt ek bly dt uitbring ek wou net weet is daar nie iets anders wat ek kan gebruik nie want d rugpyne wat ek kry is erg

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous12/5/14 09:01

      Het jy al prober om dit in 'n ander vorm op te neem, soos byvoorbeeld kalsium poeier. Of wat van in 'n kombinasie met ander vitamin / minerale, soos Cal C Mag?

      Delete