Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



19.1.09

Voeding

Die handeling van te voed of om gevoed te word.

7 comments :

  1. Anonymous19/1/09 11:02

    Ek is nou nie ´n mamma nie, maar ek is bekommerd oor iemand anders se dogtertjie. Sy is 3 jaar oud, en weeg net 14kg. Nou ek weet nie wat ´n kind van die ouderdom moet weeg nie. Waaroor ek so bekommerd is, is dat sy soms nie wil eet nie. Sy gebruik enige verskoning net om nie kos in te kry nie. Is dit iets om oor bekommerd te wees of is dit maar net ´n fase waardeur sy gaan?

    ReplyDelete
  2. Anonymous19/1/09 11:02

    Dit hang af van heelwat faktore bv. die bou van die kind en die algemene voorkoms. As sy nie ondervoed lyk nie, is daar geen rede vir kommer nie. Kinders van daardie ouderdom gaan wel deur fases waartydens hulle nie wil eet nie. Dit is nie iets om oor bekommerd te wees nie, net solank sy nog goed drink en nie ontwater nie. Indien sy egter baie gewig verloor, neem haar kliniek toe of na ´n dokter. Tydens hierdie fases is dit ´n goeie idee im vir haar voedsame drinkgoed te gee bv. melk. Sy moet ook haar vitamienes kry. Maak ook seker dat die rede hoekom sy nie wil eet nie, nie is omdat sy lekkers eet voor ete of te veel vloeistof inneem net voor maaltye nie. Probeer ook om vir haar die kossoorte te gee waarvan sy hou en ook vingeretes- kinders op die ouderdom hou daarvan om self te eet. Laat sy deur die dag peusel aan voesame happies bv. weense worsies of kaas. Dit is nie noodsaaklik dat sy formele etes kry nie. Sy sal wel weer op ´n stadium kom wat sy self weer sal begin eet. Sterkte en laat weet hoe dit gaan.

    ReplyDelete
  3. Anonymous19/1/09 11:03

    Ek het ´n seuntjie van 18 maande wat altyd verskriklik goed geëet het - tot onlangs. Hy wil deesdae niks eet nie, behalwe sy pap in die oggend en dan koekies. Aandete, wat groente en vleis is, was altyd heerlik vir hom, maar nou is dit ´n gehardloop en gejaag. Indien jy hom wel vang, en ´n happie inkry, spoeg hy dit net doodeenvoudig uit. Wat ek wil weet is - wanneer begin ek bekommerd raak en toets hy my of kan dit ´n teken van ´n probleem wees? Hy bly by ons bediende deur die dag en sy sê sy sukkel nie met hom nie, maar ek doen tydens aandete. Hy het ook al 20 tande, so ek dink nie dit is die probleem nie.

    ReplyDelete
  4. Anonymous19/1/09 11:03

    Kinders gaan deur fases waar hulle swak eet. Alles wat hulle voorheen van gehou het, wil hulle nie eet nie. Moenie te bekommerd wees nie, tensy hy baie gewig verloor of siek lyk. Ek stel voor dat jy die koekies uitsny vir nou. Gee ook vir hom vingerkosse wat hy self, sommer so in die hardloop, kan eet bv. worsies, ´n broodjie, stukkie kaas, ens. Sorg dat hy ´n goeie vitamienaanvulling kry, wat ook sy eetlus sal aanwakker. Maak ook seker dat hy nie reg voor etes te veel vloeistof drink nie bv. vrugtesap sal hom versadig laat voel. Ten minste eet hy sy pap en middagete, so ek sou nie te veel bekommerd wees nie. Hy sal wel weer begin eet. Sterkte.

    ReplyDelete
  5. Anonymous19/1/09 11:04

    Ek probeer sover moontlik my dieet te volg. Geen stysels en suiker. Ek het tans 'n probleem. Ek het 'n groot "craving" vir stysels soos rys, aartapels & mieliepap en dan sodra ek dit geëet het dan klim my suiker die hoogte in. Wat is die rede vir hierdie "cravings" wat ek kry.

    ReplyDelete
  6. Anonymous19/1/09 11:04

    Hierdie hunkering na stysel is moontlik jou liggaam wat vir jou sê jy kry nie stysel nie. Gesonde eetgewoontes en oefening is die beste raad vir gewigsverlies. Vergeet van die dieet.

    ReplyDelete
  7. mense se kinders wat rond hardloop tydens ete het geen dissipliene nie my kinders was ook daardie ouderdom en 'n bietjie hard praat verig wondere en doen jouself die guns as jy werk gaan sit jou kind eerder in die kleuterskool,weet jy regtig wat jou bediende jou kind voer op die dag of as dit nie kan bekostig nie berei sy kos voor vir die volgende dag.Dan sal jy dalk n verbetering sien,en vat alle rooi lekkergoed en kos koeldrankwat gas in het weg.alles wat rooi in het dit het nogal 'n effek

    ReplyDelete