Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



18.3.21

Vel


Die buitenste, natuurlike bedekking van ’n mens word die vel genoem. Dit is die mens se grootste orgaan. Dit is waterdig, bakteriebestand en herstel vanself.

Die vel bevat senuselle wat druk, temperatuur en pyn waarneem. Dit bevat die pigment melanien wat die kleur verleen en ons teen sonstrale beskerm. Op die meeste plekke is die vel ongeveer 2 mm dik.

Die vel het twee lae: die buitenste epidermis en die binneste dermis. Die epidermis verweer en word aanhoudend deur vervang deur velselle uit die dermis. Die dermis bevat die senuweeselle, kliere, hare en bloedvate.

Boereraat:

’n Gesigsmasker vir ’n olierige vel (nie vir diegene met aknee): Druk ’n ryp tamatie plat en stukkend. Wend aan en los vir 15 minute. Spoel af met warm water (nie vuurwarm!).

♦♦♦

Gebruik 5 mℓ melk soggens en saans in plaas van gesigsroom.

♦♦♦

Maak vir jou 'n gesigmasker met 1 geklopte eiergeel en 1 eetlepel asyn. Smeer aan die gesig en los aan vir so 10 minute. Spoel dan met louwarm water af. Gebruik die masker 1 maal per week om plooie weg te hou en die vel mooi glad te maak.

♦♦♦

Vir ´n olierige vel (nie vir diegene met aknee): Druk ´n ryp tamatie plat en stukkend. Wend aan en los vir 15 minute. Spoel af met warm water (nie vuurwarm!).

♦♦♦

Vir ´n droë vel (nie vir diegene met aknee): Smeer mayonaisse aan jou gesig en los vir 20 minute. Spoel af met koue water.

♦♦♦

Vir ´n blink vel (nie vir diegene met aknee): Smeer heuning aan jou gesig en nek. Los op tot dit droog is. Spoel af met baie warm water.

♦♦♦

Vir olierige vel: Meng 10 druppels suurleoensap met een eierwit. Meng dit goed en wend aan (very die oogareas). Los op vir 20 inute en spoel af met lou water.

♦♦♦

Vir olierige vel: As jy nodig het om daai gesig vir ´n dag te laat styftrek en die porieë laat kleiner lyk, neem eierwit en plaas dit op jou gesig. Hou dit op tot die wit droog geword het.

♦♦♦

Vir jou gesig: vat gewone mieliemeel, gooi dit in die palm van jou hand en maak 'n pasta met water. Vryf jou hele gesig en nek daarmee. Spoel af en sien die verskil. (Nicoleen Richards)

♦♦♦

Elzabe Marais: Gooi bietjie badolie in die palm van jou hand en dan 'n bietjie suiker. Meng tussen hand palms en vryf oor jou hele lyf.  Dit haal al die dooie vellle en laat jou behoorlik gloei.  Boonop is jou vel klaar geolie en streelsag.

♦♦♦

Om daai rekmerke weg te dokter kan jy gereeld ´n bietjie Vitamien E olie aansmeer.

♦♦♦

Gooi ´n koppie melk saam met jou badolie in. Dit help jou liggaam om die voordele van die olie ten volle te benut.

♦♦♦

Wat is lekkerder as om in ´n heerlike skuimbad te lê na ´n lang dag. Meeste produkte op die mark is egter nie geskik vir ´n sensitiewe vel nie. Hierdie badskuim laat jou nie net ontspan nie, maar voed ook jou vel:

Bestanddele:
1 koppie olyfolie (of sesame)
´n halwe koppie heuning
´n halwe koppie vloeibare seep
1 eetlepel vanilla-ekstrak (of laventel)
Meng al die bestanddele goed saam en gooi in ´n skoon bottel wat goed seel. Skud die mengsel goed voor gebruik.

♦♦♦

Skurwe elmboë kan in 'n halwe suurlemoen met 1 teelepel suiker daarin gevryf word.

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

20 comments :

  1. Anonymous20/1/09 14:57

    Gee jou liggaam kans om te ontspan. Gooi ´n pakkie jellie in jou badwater en week daarin vir 15 minute.

    ReplyDelete
  2. Anonymous20/1/09 14:58

    My dogtertjie van 9 het ´n uitslag wat lyk soos vratjies op haar bo-bene. Dit lyk wel na ´n velvirus wat die ander beentjie (waar dit teen mekaar skuur) aansteek. Sy kry ook nou van die 'vratjies' op haar rug en maag. Wat kan ek aansmeer? Sodra sy krap, lyk dit soos ´n ryp puisie.. Dit jik ook baie deesdae. Dankie

    ReplyDelete
  3. Anonymous20/1/09 14:59

    Dit is baie moeilik om ´n diagnose t.o.v. ´n veluitslag te maak as mens dit nie self kan sien nie. Ek kan vir jou allerhande rate gee, maar die beste sal wees om haar na ´n dokter of velspesialis(dermatoloog) te neem sodat sy die regte behandeling kan kry.

    ReplyDelete
  4. Anonymous20/1/09 15:01

    Gooi 1 eetlepel suurlemoensap en ´n halwe koppie babaolie in jou badwater vir ´n sagte vel. Vryf liggies oor jou lyf met ´n waslap om van die ou vel ontslae te raak.

    ReplyDelete
  5. Anonymous20/1/09 15:03

    Gooi een koppie Epsom sout en 3 druppels laventelolie in jou badwater. Die sout help jou ontspan , terwyl die olie jou vaak maak.

    ReplyDelete
  6. Anonymous20/1/09 15:03

    Sit 1/2 koppie geblikte kokosneutmelk in die mikrogolf vir 30 sekondes. Roer 2 lepels heuning by en smeer oor jou lyf. Spoel af in lou-warm water.

    ReplyDelete
  7. Ek het n baie droe gedeelte rondom my neus en mond, ek gebruik die duurste gesig rome (clinique), die probleem het ek al vandat ek baie jonk is, ek is nou 44 jaar oud.
    As ek stress is dit nog erger, dan lyk ek of ek besig is om te vervel. Wat kan dit wees, en hoe kan ek dit behandel

    ReplyDelete
  8. Chrismare du Plessis20/7/09 20:28

    Wil graag weet my man het wit kolle op sy hande, voete wat al grotet word.

    Glo pigmente wat dood gaan. Wat word dit genoem en is daar enige behandeling

    ReplyDelete
  9. EK word nou 25jaar oud die jaar. Ek wil weet wat ek kan doen met my voorkop, die gleufies by my neus om en my ken wat olierig isg..As ek in die aande gaan bad het of gaan stort het dan was ek my gesig goed met 'n nat lappie, dan is die dele droog, en wanneer ek weer 'n bietjie room aan my gesig smeer dan is dit die volgende oggend weer olierig. Veral op my ken as dit so is, dan kom daar die heeltyd puisies uit en dit pla my baie..

    ReplyDelete
  10. Anonymous25/2/10 13:47

    hi my man het n vreeslike droe vel en ons het al alles probeer het iemand dalk raad??? JC

    ReplyDelete
  11. Bekommerde mama25/10/10 09:24

    Hi

    Wonder julle kan help. My seuntjie is nou 8 maande oud. Sy velletjies op sy tone, vingers en gewrigte het begin afdop. Eers was ek bang dit is Skarlakenkoors, maar hy is nie koorsig of huilerig of so iets nie, net sy neusie loop en hy hoes nou en dan.
    Wat kan dit wees, en het julle enige raat.

    Groete

    ReplyDelete
  12. Stefanie Storbeck9/2/11 10:44

    Goeie dag

    Ek is dringend opsoek na raad oor gordelroos,
    My man het dit ‘n maand terug gehad en nou het ek dit gekry

    Is dit aansteeklik of nie, ons kry verskillende antwoorde van mense

    Wat kan ek doen vir die pyn en brand, ek was ‘n week op die medisyne en ek kan nie sê dat daar ‘n verbetering is nie

    Kan u my help asb

    ReplyDelete
  13. Anonymous9/2/11 10:46

    Die toestand is nie aansteeklik nie, maar die virus, wat stil was tot nou, het julle as kinders deur waterpokkies opgedoen.
    Die teenvirusmiddel akiklovir kan die pyn en die aanval verlig. Kalamynsalf kan help vir die gejeuk.

    ReplyDelete
  14. Anonymous3/8/11 10:57

    Goeie Dag

    Ek het 'n vragie. My kleinkind is nou 2 maande en 1 week. Nou die middag toe kom
    ons iets agter onder sy armpie, daar is 'n knoppie onder sy arm ek skat so groot soos
    'n 10 c stuk en is hard. Maar hy is onder die vel amper naby die armput. Dis nie gevoelig
    nie en hy is ook nie siek of koorsig nie. Wat kan dit wees? ek worrie nou. Is dit dalk
    'n vetkliertjie en as dit is kan dit skadelik wees.
    Want my dogter het so knop aan die bokant van haar ao amper op haar gewrig. Hy is ook
    hard soos amper 'n klip maar hy het ook onder haar vel begin maar het groter geword 5 jaar terug het ek hom
    laat uitsny maar hy het weer gegroei. Kan dit dalk wees dat haar seuntjie dit ook ge-erf het
    en sal dit skadelik raak, Baie dankie

    ReplyDelete
  15. Anonymous3/8/11 10:59

    Dit sal wys wees om hom na 'n dokter te neem, net om seker te maak dit is nie ernstig nie.

    ReplyDelete
  16. Anonymous3/11/11 20:45

    Help x maar in my vroee 20s n my lyf lyk soos i padkaart van di rekmerke..tissue oil help ni en ekt al verkeie produkte beproef...enige raad is welkom

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous22/2/12 10:18

      Jy kan dit probeer wegsteek met 'n selftanning produk, dit is die goedkoop oplossing. Rekmerke gaan nie sommer weg sonder die hulp van 'n dermatoloog of 'n plastiese chirurg nie.

      Delete
  17. Anonymous30/7/12 19:26

    goeie naand ek het net n vraagie my broer se baba is nou 4 maande oud hy het n rooi uitslag op sy hele lyfie van seker so 2 weke na geboorte ons was al by n vel specialis en n darmatoloog maar niks wat hulle vir ons gee werk nie het julle dalk raad hulle se dit is n vell ekseem wat my broer se baba het

    ReplyDelete
  18. Hi daar ,my vel bly so n brand gevoel op hom kry n ek is nie n diabeet n

    ReplyDelete
    Replies
    1. Behandeling sal afhang van die oorsaak. Intussen kan jy 'n antiinflammatoriese behandeling probeer. Gebruik borrie by jou dieet of drink sommer daagliks 'n bietjie gemeng met iets wat dit laat beter smaak.

      Delete