Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



27.9.23

Tiener swangerskappe

Elke jaar is daar duisende tieners wat swanger raak. Heelwat van hierdie kinders se toekomsdrome word oornag verpletter.

Ouers moet op die volgende let:

Weet jy wat jou kind na skool doen en waar hy of sy is?

Kinders raak seksueel aktief op 'n vroeë ouderdom.

Weet jy watter druk op jou kind geplaas word deur die groep waarin hy/sy haar bevind?

Die druk van maats se kant af is een van die grootste faktore wat 'n bydrae het tot tiener swangerskappe. Kinders is van nature nuuskierig en meisies sal seks hê net om te voel hoe dit is, maar heelwat meisies gee in onder die druk wat hul maats op hul plaas om seks te hê. Hulle is ook onkundig oor seks omdat hul ouers nie maklik met hulle praat hieroor nie. Verder veroorsaak drank en dwelmmiddels dat kinders heelwat makliker betrokke raak by seksuele speletjies.

In Suid-Afrika se arm gemeenskappe raak tieners soms met opset swanger sodat hulle die paar rand per maand kindertoelaag kan kry.

Praat met jou kinders oor seks. Stres die belangrikheid van kondome in seksuele verhoudings. Moet nie verwag dat die skool dit vir jou gaan doen nie.

Tieners of ouers wat meer hulp soek kan die volgende organisasies kontak:
Childline 116
Lifeline 021 461 1113
HIV/AIDS Helpdesk 0800 012 322
Crime Stop 0860 010 111
Suicide Helpline 0800 567 567

4 comments :

  1. Wat is die invloed van tienerswangerskappe op die gemeenskap?

    ReplyDelete
  2. Anonymous9/5/10 14:18

    tonne babas en lae ekonomie!!!!

    ReplyDelete
  3. Goeie vraag bianca, wens iemand kon dit volledig beantwoord... dit sou my LO taak vir my klaar gemaak het, lol!

    ReplyDelete
  4. Anonymous11/8/13 15:03

    My LO taak ook ! Hahaha*

    ReplyDelete