Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



2.11.23

Swaminfeksie

Swaminfeksies word veroorsaak deur mikroskopiese klein swamme.

Volg 'n gesonde dieet om alle hardnekkige swaminfeksies blywend te genees. Neem multivitamien- en mineraalaanvullings om jou weerstand op te bou.

Soek mediese hulp indien die infeksie aanhou ondanks behandeling of terugkom.

9 comments :

  1. Anonymous7/9/10 13:39

    Ek het gewonder, as jy en jou kêrel oorgaan tot volle aksie, maar ek het nogsteeds al my klere aan, of ek nog steeds kan swanger raak? Ek het daarna wel gemenstrueer maar ek het nou so snaakse afskeiding (´n karamelerige kleur) en ek weet nie wat aangaan nie. Ek is op die pil (mercilon). Is daar enige rede om bekommerd te wees. Ek het nog nooit saam met iemand geslaap nie en is ook nie beplan om dit te doen nie, maar ek het net gewonder.

    ReplyDelete
  2. Dit hang natuurlik af hoe deurdringbaar jou klere wel is. Met onderklere is die moontlikheid daar dat van die semen wel hulle pad gevind het.
    Die afskeiding kan ´n vaginale infeksie wees. As dit jeukerig is, en onaangenaam ruik, gaan dadelik na jou apteek en kry medikasie vir ´n swaminfeksie. Dit kan die oorsaak wees van hormonale veranderinge bv. swangerskap, menopouse, die neem van die pil, die neem van antibiotika wat die normale flora van die vagina verander en ook (ek sê nie dis die oorsaak by jou nie!) swak higiëne.
    Voorkoming:
    Neem baie vloeistowwe, dra katoen onderklere, vermy sterk gegeurde seep en badolies en selfs gekleurde toiletpapier! Eet jogurt waneer jy antibiotika neem.

    ReplyDelete
  3. Ek het n rooi uitslag op my vagina net aan die een kant onder en 'n klein bietjie in die waai van my been. Dit jeuk baie en partykeer krap ek my stukkend veral in warm water ek het al 'n antibiotiese salf en 'n jeuksalf gebruik maar niks help nie. Ek het geen omgang gehad vir die laaste jaar nie so ek weet nie wat dit kan wees nie, dit word nie meer nie maar gaan ook nie weg nie. Ek wil nie dr toe gaan nie want dit is n bietjie ongemaklik want wat se 'n mens vir hom Ek is 42 jaar oud.

    ReplyDelete
  4. Anonymous7/9/10 13:41

    Dit sal die beste wees om die dokter te vra. Dit klink soos 'n swaminfeksie, maar ek kan nie met sekerheid sê nie. Sproei floreer in klam gedeeltes so maak seker jy bly so droog as moontlik. Dra ook katoen- pleks van nylononderklere en dra los klere. Dit is niks om oor skaam te wees nie. Meeste van ons dra die swamgis wat deur goeie bakterieë in bedwang gehou word. Stres, medikasie, siekte, badolies, parfuum of hormoonveranderinge kan hulle laat opvlam.

    ReplyDelete
  5. Annamarie van Deventer7/9/10 13:41

    Daar is navorsing gedoen by Tygerberg oor die gebruik van knoffel vir swaminfeksies (candida) .
    http://www.scienceinafrica.co.za/3garlic.htm

    ReplyDelete
  6. Anonymous17/1/11 10:34

    Ek het 'n ligte kolle op my rug, was by die dokter gewees. Sy het vir my antibiotika gegee en goed wat ek op my rug moet smeer. Sy het gese dit sal weggaan, maar dit raak nou erger. Dis lig van kleur, dit jeuk geensins, dit verspry net baie vinnig. Is daar enige iets wat ek dalk kan gebruik op opsmeer wat dit sal kan wegvat, ek is nou jonk en volgende jaar trou ek, sal graag dit wil weg he vir my troudag.

    ReplyDelete
  7. Anonymous19/1/11 10:24

    Hi, tinea versicolor is die ligte kolle wat op my rug is. My verloofde het die navorsing gaan doen en op dit afgekom, jy kry medikasie daarvoor. Daar baie dinge wat dit kan veroorsaak, maar mens moet altyd 'n tweede opinie kry! As my dokter vir die regte probleem behandel het was my probleem dalk lankal weg. Ek is net bly dit is geensins aansteeklik nie.

    ReplyDelete
  8. Ek was by verskye dokters eers was dit n ekseem toe word dit n swam en nou is dit n 2degraadse swam dit is op my testiekels op my dick op my voor kop en tussen my boude dit juk dit brand en as ek krap dan is dit net bloed raad op gaan nou na n leizer terapie doen hoop dit werk

    ReplyDelete
  9. Jeuk somtyds tussen lueste, probeer goed droog maak maar somtyds is dit bietjie Brande rig sonder Dat ek gekrap het. Sit gewoontlik mecurachrome aan. Dit help en poeier as ek klaar ge shower het. Wat is fout. Help

    ReplyDelete