Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Slukdermspasma. Show all posts
Showing posts with label Slukdermspasma. Show all posts

30.7.12

Slukdermspasma


Magdaleen skryf: "Ek wil graag 'n vraag aan u vra wat my gesondheid betref. Ek sukkel seker al 'n maand met 'n spastiese slukderm wat veroorsaak dat winde vassit en my baie ongemaklik laat voel. Ek drink medikasie vir die spastiese kolon, die sooibrand is baie minder maar die winde is nogal erg en soms voel dit of my hart vreeslik wil klop en ek's bang vir 'n hartaanval. Wat kan ek gebruik om die slukderm te laat ontspan sodat die winde vrylik kan uitkom, ek is tans op 'n diet om alle kosse wat gasse te veroorsaak uit te skakel. Soms is die winde erg en benoudheid dat ek bang voel en die stres by die werk help nie regtig vir my kwaal nie. Is daar enige voorstelle wat u vir my kan gee wat ek kan doen of gebruik vir die spastiese slukderm."



Antwoord: Verder voorstelle vir persone wat sukkel met slukdermprobleme is:
  • Moet nie klere en gordels dra wat te styf sit nie.
  • Moet nie lê of te veel buk na ete nie.
  • Moet nie rook nie.
  • Vermy sjokolade, kafeïen, vet en te veel alkohol.
  • Verloor gewig indien jy oorgewig is.
  • Lig die koppenent van jou bed met 20cm.
  • Eet saans 'n klein maaltyd.


Liesl Pretorius skryf:
"Wat is dit presies as jou slukderm 'n spasma kry. Ek kry partykeer 'n gevoel - op my bors - wat voel of dit spring/klop. Die eerste keer het ek amper gedink dit kan my hart wees, maar ek het toe hospitaal toe gegaan en hulle het gese dit is my slukderm wat 'n spasma kry. Ek kry dit nou weer, maar ek is altyd bang dat dit my hart kan wees. Is daar iets wat ek kan gebruik vir dit? Hoop u kan my help"

Antwoord:
Spasma van die slukderm (esofagus) is raar. Pasiënte ervaar pyn in die bors as gevolg van die sametrekking van 'n gedeelte van die slukderm. Dit word soms verwar met 'n hartaanval en dit kom so min as een keer per maand voor.
Stres is een van die oorsake van so 'n spasma. Gee aandag aan jou stresvlakke. Praat met jou dokter oor medikasie. Julle sal moontlik verskeie medikasie probeer voor julle enige resultate sien. Die belangrikste is die aanleer van ontspanningstegnieke.