Hierdie is die eerste inskrywing in ons databasis vir ‘n plant wat spesifiek gonorree behandel. Dit is gebasseer op navorsing oor die tradisionele gebruik daarvan. Dit help ook vir sifilis
Gonorree is die besmetlike ontsteking van die slymvlies van die geslagsorgane. Dit word versprei deur middel van seksuele kontak met 'n besmette persoon.
Jy plaas 2 teelepels gedroogde, fyngemaakte of gerasperde wortel van die platdoring (Arctopus echinatus) saam met 500 ml water in ‘n kastrol. Bring die water tot kookpunt oor medium-hoë hitte. Bedek die pot met 'n deksel en stel die hitte op laag en laat dit saggies prut vir 20 minute.
Verwyder die kastrol van die hitte en laat dit vir nog 10 minute staan.
Gooi dan die vloeistof deur 'n fyn sif of kaasdoek.
Drink daagliks ‘n bietjie.
Ander name vir die platdoring is die pokkiesdoring of sieketroos.
♦♦♦
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
Mediese inligting en boererate in Afrikaans - Ons bly op hoogte van die jongste navorsing oor 150 plante in wetenskaplike joernale ter ondersteuning van primêre gesondheidsorg.
Showing posts with label Gonorree. Show all posts

2.9.26
14.9.20
Gonorree
Gonorree word versprei deur middel van seksuele kontak met 'n besmette persoon. Dit sluit orale, anale en vaginale seks in. Dit kan ook oorgedra word van ’n ma na ’n kind tydens geboorte. Diagnose word gemaak deur die toets van urien, die uretra in mans en die serviks in vroue.
Gonorree kan voorkom word met die gebruik van kondome. Behandeling vind gewoonlik plaas met ceftriaxone deur inspuiting en azithromycin wat mondeliks geneem word. Weerstand het ontwikkel teen voorheen gebruikte antibiotika en hoër dosisse van ceftriaxone is soms nodig. Hertoetsing word aanbeveel drie maande na afloop van die behandeling.
Gonorree affekteer ongeveer 0.8% van vroue en 0.6% van mans. Die helfte van vroue wat met gonorree besmet is, toon nie simptome nie, terwyl ander vaginale afskeiding het, lae abdominale pyn of pyn tydens seksuele omgang ervaar wat verband hou met inflammasie van die uteriene serviks. Meeste besmette mans met simptome van inflammasie van die penis uretra wat gepaard gaan met ’n brandende sensasie tydens urinering en afskeiding uit die penis. In die mans is hierdie afskeiding, met of sonder die branderigheid, in die helfte van alle gevalle die mees algemene simptoom van die infeksie. Mans en vroue kan gonorree van die keel opdoen deur die beoefening van orale seks op 'n besmette maat; gewoonlik ’n manlike maat. Hierdie tipe infeksie veroorsaak in 90% van die gevalle nie simptome nie, en veroorsaak ’n seer keel in die oorblywende 10%. In gevorderde gevalle veroorsaak gonorree ’n algemene gevoel van moegheid - soortgelyk aan ander infeksies.
Onbehandelde gonorree kan soms versprei om die gewrigte of hartkleppe te affekteer.

Subscribe to:
Posts
(
Atom
)