Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Crohn-siekte. Show all posts
Showing posts with label Crohn-siekte. Show all posts

16.7.18

Bakterieë in melk en beesvleis verbind met rumatoïede artritis

Bakterieë wat voorkom in melk en beesvleis mag dalk veroorsaak dat jy rumatoïede artritis ontwikkel.

Navorsers aan die Universiteit van Sentraal-Florida het ’n verband ontdek tussen die bakterie Mycobacterium avium sub. Paratuberculosis en rumatoïede artritis. Die bakterie word gereeld in beeste gevind en versprei na die mens deur melk, beesvleis of deur groente wat bemes is deur koeimis.

Dieselfde navorsingspan het vantevore ’n verband gevind tussen hierdie selfde bakterie en Crohn se siekte. Crohn se siekte en rumatoïede artritis deel dieselfde genetiese predisposisie en dieselfde medikasie word soms in die behandeling van beide gebruik.

Hulle het bevind dat as mense met ’n sekere genetiese mutasie blootgestel word aan hierdie bakterie, hulle ’n baie beter kans het om rumatoïede artritis te ontwikkel. Die span se navorsing duur voort.

Die bevindings van die navorsing is gepubliseer in die joernaal Frontiers in Cellular and Infection Microbiology.

23.7.12

Crohn-siekte / Ulseratiewe kolitis

Crohn-siekte (Ulseratiewe kolitis) is die ontsteking van die spysverteringsisteem. Dit kan enige deel van die ingewande aantas en inflammasie, ulserasies en diep letsels veroorsaak. Dit oorsake is nie heeltemal bekend nie.

Die simptome sluit in maagpyn, diaree (soms met bloed), winderigheid, naarheid, koors en moegheid.

Siekte, medikasie, sekere kossoorte en stres kan die simptome laat opvlam.

Dit is nie op die oomblik geneesbaar nie. Steroïede en asatioprien word gebruik vir die inflammasie. 'n Vloeibare dieet word aanbeveel wanneer simptome baie erg is. Rook is buite die kwessie.

Aangetaste ingewande (Crohn-siekte)

(foto Netha Hussain)